Op 'n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier
jongmense gevind. Onder die wat antwoorde soek, is die
amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman,
nou direkteur van 'n obskure intelligensieafdeling bemoeid met die
identifikasie van die oorskot van die wat verdwyn het tydens die
geweldadige doodsnikke van apartheid en die opsporing van hul
moordenaars. 'n Naam in 'n sprokiesboek lei hul na Luca Thom,
marinebioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom en die
oudaktrise Carlita Rosati, en na die jaar waarin Luca sy pa verloor
het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!