Joost van der Westhuizen, bes moontlik die beste skrumskakel wat
unie-rugby al ooit opgelewer het, het sowel op die veld as daarvan
af vir eweveel opwinding in die media gesorg. Waaroor dit ook al
gegaan het, van sy onverskrokkenheid op die rugbyveld tot sy
huwelik met die glansryke Amor Vittone en selfs die onlangse
aantygings teen hom in die seksvideo-skandaal, Joost het tot nog
voortdurend in die nuus gebly. Hierdie titel volg die verloop van
sy rugbyloopbaan, maar gee ook die spieel 'n spreekbeurt en kyk na
Joost as man. Dit is 'n fassinerende verhaal van 'n rugby-wonder en
kontroversiele glanspersoonlikheid. Dit bring die waarheid agter
die aantygings en teenaantygings wat Joost tans omring, aan die
lig.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!