’n Heruitgawe met ’n pragtige nuwe omslag. ’n
Middelklas-meubelhandelaar is in sy voorstedelike middelklashuis
met ’n blaasvlam gemartel en toe met ’n M16 doodgeskiet. Een skoot;
agterkant van die kop. Laksmanstyl. Oudpolisieman Zatopek van
Heerden het sewe dae om die moord op te los en ’n testament te
vind. En die moord het boonop al tien maande tevore plaasgevind,
die spore is vaag, die enigste leidraad ’n stukkie papier waarmee
hulle te lank gelede dollars toegedraai het. Miskien baie dollars .
. . En wanneer alles skielik ontvlam, is daar snaakse gediertes wat
uit die vuurlig probeer skarrel: Militere Intelligensie, die CIA,
Moord en Roof, georganiseerde misdaad op die Kaapse Vlakte. Hoe
dieper hy delf, hoe meer lae hy van die ding afkrap, hoe meer smeer
hulle toe.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!