Books > Health, Home & Family > Handicrafts
|
Buy Now
Doen mosaiek - Ontwerp, tegnieke & projekte (Paperback)
Loot Price: R88
Discovery Miles 880
You Save: R7
(7%)
|
|
Doen mosaiek - Ontwerp, tegnieke & projekte (Paperback)
(sign in to rate)
List price R95
Loot Price R88
Discovery Miles 880
You Save R7 (7%)
Expected to ship within 5 - 10 working days
|
Speel jy al 'n ruk lank met mosaiekwerk, maar voel jy moet dit nou
op 'n hoer vlak beoefen? Of is jy 'n beginner wat soek na 'n
uitdaging? Dan is hierdie boek net wat jy nodig het. Dit bied
mosaiekwerk aan as 'n kunsvorm waar lyn, kleur en tekstuur almal
saamwerk om pragtige resultate te lewer. Die treffende foto's op
elke bladsy is inspirerend en leersaam. Die skrywer, wat
oorspronklik 'n tekstiel ontwerper was, besef hoe belangrik die
keuse van 'n ontwerp is wanneer jy 'n mosaiekprojek wil onderneem.
Hierdie boek sal jou leer hoe om die regte ontwerp te kies en dit
as 'n ontwerptekening weer te gee. Die tegniese inligting wat
verskaf word, sal jou lei deur die proses om 'n ontwerp te kies,
jou leer van die verskillende teels wat beskikbaar is, oppervlakke
waarop jy kan werk en watter vir bepaalde toestande gebruik moet
word, die materiaal en gereedskap wat nodig is, sowel as die
verskillende mosaiektegnieke wat vir die voltooiing van jou projek
gebruik kan word. Daar is selfs voorstelle vir alternatiewe as
benodigdhede in jou omgewing moeilik bekombaar is. Die
stap-vir-stap-projekte is pragtig en kan presies gevolg word, maar
die skrywer moedig mosaiekwerkers aan om die projekte hul eie te
maak deur met kleur en tekstuur te speel. Die projekte sluit groot
en klein items in wat jy in jou huis of as geskenke kan gebruik, en
gee alternatiewe voorstelle en idees ingeval jy 'n ander voorkoms
of gevoel sou verkies. Mosaiekkuns behels soveel meer as die blote
plasing van teels langs mekaar, en met Doen Mosaiek in die hand sal
jy ontdek hoe geweldig bevredigend hierdie handwerkvorm kan wees.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
You might also like..
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.