Hierdie N.P. van Wyk Louw-gedenklesings wat oor byna 'n kwarteeu
aan die Universiteit van Johannesburg (die voormalige Randse
Afrikaanse Universiteit) gelewer is, vorm 'n aanvulling tot
Oopgelate kring – die eerste tien Louw-gedenklesings wat in 1982
verskyn het – en is 'n belangrike naslaanbron oor Louw se werk. Die
titel is ook 'n historiese dokument, 'n dokumentering van Louw se
invloed oor die afgelope kwarteeu. Met Die oop gesprek word hulde
gebring aan N.P. van Wyk Louw by die herdenking van sy 100ste
geboortejaar. N.P. van Wyk Louw troon bo sy tydgenote en
nakomelinge uit as digter van wereldformaat, maar ook as
intellektueel, iemand wat die spannings en verwikkelings van sy tyd
beliggaam en daaraan rigting probeer gee het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!