Elsa Joubert se eerste kortverhaalbundel: indrukke versamel tydens
baie Afrika-reise, wat oor byna 'n dekade heen gebroei het tot
hierdie onthullende en onthutsende weergawes. In die tien verhale,
elkeen onvergeetlik en uniek, word Afrika vir ons soos brood
gebreek. Hier is dit uitgese soos nog selde – die geweld en die
skoonheid van Afrika soos ons hom nouleer ken. Melk is
aktualiteitsprosa van die hoogste rang. Dit dwing elke leser om sy
staanplek en veronderstellings in verband met ons kontinent te
herondersoek, en altyd in die innigste menslike terme. Dit behoort
tot die letterkundige werke van ons tyd waarvan ’n mens met volle
vertroue kan se dat dit ver verby die tyd sal bly leef.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!