0
Your cart

Your cart is empty

Books > Fiction > Genre fiction > Romance

Buy Now

In Die Skadu Van Paarlberg - (Omnibus) (Paperback) Price: R397
Discovery Miles 3 970

In Die Skadu Van Paarlberg - (Omnibus) (Paperback)

Elsa Winckler

 (sign in to rate)
Price R397
Sold by
Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
Discovery Miles 3 970

Bookmark and Share

Expected to ship within 2 - 4 working days

Om Amelie se tafel
Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy't 'n bietjie bagasie - en wie het nogal nie? Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie 'n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld omgekeer. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk. Wanneer sy Chris leer ken en besef hy't 'n groot, luide familie - presies die soort wat sy so graag om 'n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou wil sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood - is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy's net té veel moeite?

Liefde in laslap
Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is 'n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in 'n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

Liefde deur 'n lens
Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto's gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel - en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar?

General

Imprint: Protea Boekhuis
Authors: Elsa Winckler
Dimensions: 213 x 135 x 38mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 500
ISBN-13: 978-1-4853-1154-6
Categories: Books > Fiction > Genre fiction > Romance > General
Promotions
Books > Local Author Showcase > Fiction - adults > Romance
LSN: 1-4853-1154-3
Barcode: 9781485311546

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

You might also like..

Bad Luck Penny
Amy Heydenrych Paperback  (1)
R365 Discovery Miles 3 650
Impossible
Sarah Lotz Paperback R328 Discovery Miles 3 280
Great Big Beautiful Life
Emily Henry Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
The Recovery Agent
Janet Evanovich Paperback R365 Discovery Miles 3 650
A Distant Shore
Karen Kingsbury Hardcover R632 Discovery Miles 6 320
Book Lovers
Emily Henry Paperback  (4)
R275 R254 Discovery Miles 2 540
Icebreaker
Hannah Grace Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
Marriage For One
Ella Maise Paperback R277 Discovery Miles 2 770
The Hardest Fall
Ella Maise Paperback R311 R284 Discovery Miles 2 840
Nova - Renegades: Book 2
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Rebel - Renegades: Book 3
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720
Wilder - Renegades: Book 1
Rebecca Yarros Paperback R305 R272 Discovery Miles 2 720

See more

Partners