In hierdie titel gee die skrywer sy mening oor die ekologiese
krisis en beveel aan dat ons ons hele wereldbeskouing verander, nie
net ons tegnologie nie. Dit beteken ons ou volkie se
pionierstalente kom weer in aanvraag. Hy glo ook parasiete is van
groot nut vir die mensdom, want dink net hoe hierdie haglik
oorbevolkte planeetjie nou al sou gelyk het sonder malaria! Het u
geweet vegetariers is in werklikheid plantmoordenaars? Hulle is
erger as vleiseters, want hulle pik op die mees weerlose lewende
wesens wat nie eers kan skree of weghol nie. En
diereregte-aktiviste is ongelukkig en onvrolik. Hulle het in der
waarheid net een doel, en dis om ander mense ewe ongelukkig te
maak. En hulle het geld. Soos die ikone van televisie-prediking
weet hulle hoe om hulle bydraes uit naiewe ou tannies se sakke te
rokkel. Wanneer die dood tersprake kom, glo hy ons instinkte lieg
vir ons dat ons liggame onsterflik is. Ons verstand weet ons gaan
sterf, maar ons arme instinktiewe liggame glo dit nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!