Kom slaap 'n nag lank in die spookkamer.
Vind uit wat gebeur as jy 'n poets op 'n onnie soos juffrou Grimbeek bak.
Waag dit om 'n paar baie spesiale handskoene aan te trek.
Ontdek die nuwe rugbyheld se grillerige geheim.
Vind uit waarom jou kleinboetie nog elke aand met sy bedlampie aan slaap.
En kom swem in die Middernagmeer … as jy dapper genoeg is.
Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is 'n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, 'n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, 'n baie vreemde onderwyseres - en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil!
Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versameling stories en rympies uit die pen van Jaco Jacobs.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!