Lord Kitchener se Anglo-Boereoorlog het Andries Fourie se lewe
verbrysel: Hy was tien toe hy moes toekyk hoe die Kakies sy pa se
pastorie afbrand en sy kleinboet om die lewe bring. Hierna het die
konsentrasiekampe by Standerton en op Ceylon die lot van sy sussie
en sy ouers bepaal. Jare na die Boereoorlog en aan die vooraand van
die Eerste Wereldoorlog het Andries vir Kitchener in sy visier.
Andries is nou 'n jong regsgeleerde in Londen. In 'n wereld van
spioene en verskuilde agendas ontvou sy wraakplan wat hy geheim hou
vir Jenny, die jong Skotse vrou op wie hy in Londen verlief raak.
Van die verbrande aarde by Bethal en Irene, tot in Duitsland, die
sensorkantore in Whitehall en Windermere ontknoop 'n verhaal
gebaseer op ware gebeure wat die geskiedenis onherroeplik kon
verander het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!