Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy
het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die
Kalahari in gestuur. Die dood van 'n San-leier en klagtes van
polisiegeweld word sy missie. Op die rand van die
Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die
Kalahari-San in 'n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop
hy hom in 'n bynes vas. Die brutale aanval op 'n Duitse toeris
ontketen 'n rits gebeure wat 'n multimiljoenrandse projek vir die
San kan verongeluk. En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry 'n
nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, 'n hardekwas rissiepit wat
saam met hom deur 'n doolhof van politiek, mites en moord moet
stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by 'n luukse
gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met 'n vreemde
straatkindjie aan die hand. Met die romans Plaasmoord en Onse
vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se
gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar
karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!