Kinders kan nou die pret van somme en syfers kombineer met bekende
stories uit die Bybel. Daar is soveel interessante getalle wat kinders
in die Bybel kan ontdek: God het die węreld in 6 dae gemaak. Daar is 2
van elke soort dier in die ark in. Jesus het op die 3de dag uit die
dood opgestaan.
Leer uit die Bybel – Kom speel met syfers (Boek 1) nooi 5- tot
8-jariges om 6 gewilde Bybelstories te ontdek terwyl hulle speel-speel
hulle syfervaardighede verbeter. Die 20 ouderdomsgebaseerde aktiwiteite
sluit speletjies in soos sudoku, telspeletjies en raaisels. Kinders sal
ure lank besig bly terwyl hulle die Bybel leer ken en ook pret met
syfers het.
• Ideaal vir 5- tot 8-jarige kinders
• Bevat 6 bekende Bybelverhale
• Meer as 20 ouderdomsgebaseerde aktiwiteite, soos sudoku en
telspeletjies
• Teksverwysings by elke Bybelstorie vir verdere nalees
• Help kinders om hulle syfervaardighede te verbeter terwyl hulle ook
meer van die Bybel leer
• Kweek ’n nuuskierigheid en gewilligheid vir leer by jong kinders
• Ideaal vir Sondagskool, die klaskamer of lees by die huis
• 32 volkleur-bladsye
• Sagteband
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Learning with the
Bible—Let’s Play with Numbers (Book 1)
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!