0
Your cart

Your cart is empty

Books > Health, Home & Family > Family & health > Advice on parenting > Pregnancy, birth & baby care

Buy Now

Borsvoed jou baba - Maak dit vir jou en jou baba maklik (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R86
Discovery Miles 860
You Save: R24 (22%)

Borsvoed jou baba - Maak dit vir jou en jou baba maklik (Afrikaans, Paperback)

Marie-Louise Steyn

 (sign in to rate)
List price R110 Loot Price R86 Discovery Miles 860 You Save R24 (22%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 5 - 10 working days

Borsvoeding is ongetwyfeld die natuurlikste en gesonde manier om jou baba te voed, maar dis nie noodwendig altyd instinktief of maklik nie. Ma’s het dikwels nie die nodige kennis en ondersteuning om kommerloos te borsvoed nie en daarvoor is hierdie boek die antwoord. Dit is ʼn volledige, maar kompakte praktiese gids vir ma’s wat borsvoed. Die jongste navorsing op dié gebied word in die inhoud weerspieël, en omdat die boek op ʼn sterk feitebasis berus, sal dit ook van ontskatbare waarde wees vir dokters, verpleegpersoneel, voorgeboortlike begeleiers en doulas – enigiemand wat vroue voor, tydens en na die geboorte bystaan.

Die inligting is gesaghebbend en bondig genoeg aangebied dat die boek voor Baba se geboorte in een of twee sessies deurgelees kan word, maar met genoeg detail om gedurende die borsvoedproses Ma se borsvoedbybel te wees. Elke hoofstuk skop af met 10 top-wenke oor die tema, en die inhoud word deurgaans aangevul met praktiese wenke en voorstelle. Uittreksels uit gevallestudies word deurgaans gebruik, en hou die trant prakties terwyl dit ma’s ook gerusstel sat hulle nie alleen is as hulle sukkel nie.

Die onderskeie hoofstukke dek die volgende:

  • Hoekom borsvoed?
  • Voorbereiding vir borsvoeding
  • Hoe borsvoeding werk
  • Die beste begin (suiggreep en genoeg melk)
  • Voorkoming en hantering van probleme
  • ʼn Baba in die huis
  • Terug werk toe (borsvoed wanneer jy nie daar is nie: pompe en ander helpmiddels)
  • Die ouer baba
  • Wanneer om te speen
  • Borsvoeding in spesiale omstandighede

Daar is ook ʼn lys name en kontakbesonderhede van laktasiekonsultante regdeur die land sodat ma’s wat borsvoed sal weet waar om hulp te soek as hulle sukkel.

General

Imprint: Metz Press
Country of origin: South Africa
Release date: 2013
Authors: Marie-Louise Steyn
Dimensions: 245 x 171 x 13mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 176
ISBN-13: 978-1-920479-71-8
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Health, Home & Family > Family & health > Advice on parenting > Pregnancy, birth & baby care
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
Books > Local Author Showcase > Lifestyle
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Lifestyle
LSN: 1-920479-71-6
Barcode: 9781920479718

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners