Vloeibare middelpunt is Martjie Bosman se derde digbundel en volg
op Toevallige tekens (2010) en Landelik (2003), waarvoor sy met die
Ingrid Jonker-prys bekroon is. Susan Smith skryf in haar
keurverslag dat Vloeibare middelpunt handel oor ’n “gevoel van
vervreemding en vreemdelingskap – nie net as reisende buite die
grense van die bekende nie, maar selfs die bekende wat vervreemdend
word.” Soos die bundeltitel voorspel, is daar sprake van ’n
vloeibare in- en uitbeweeg na en van die veilige maar onvaste kern,
en word verskillende bestaansmoontlikhede op verskillende plekke
(hetsy fisiese of kopruimtes) verken. So handel heelparty gedigte
oor woon in ’n stad (soos Pretoria, wat uitgebeeld word in Ryan
Loubser se “Spookhuis in die reen” op die omslag) wat uitdagings
aan die inwoners stel, maar ook ’n gevoel van behoort wek. Soos
vroeer by die gedigreeks “Viervoud” uit Landelik, vind die
Heideggeriaanse konsep van “woon” soos uiteengesit in sy referaat
getiteld “Bauen wohnen denken”, sterk inslag, vandaar dat Bosman
die Holderlin-aanhaling as motto vir die bundel gebruik: “…
dichterisch wohnet der Mensch auf dieser Erde”. Foxtrot van die
vleiseters: Satrae stop die BM’s en MB’s en 4-treks voor die
slaghuis, sein die T-hemde die seisoene: ligblou, gestreep of groen
en goud. Daar binne gesorteer volgens die slagoffers die tjops, die
steaks, die sosaties, die worse – Weens, Russies, Spaans, Duits,
gerook, gekaas, om nie te praat van die boeresoorte nie: gawe,
gemoedelike Grabouw, kameelhout, rooikrans; skaap-, bees-,
hoender-, lewer-, en iewers ten duurste ook “oorspronklik”. Agter
loei die sae, spat die skaafsels, genoeg om vegetariers te laat
verbleek. Maar wat, ons koop ook die bykosse, die braaipap, die
dege uitgerys in hul plastieke, die knoffelbrode en roosterkoeke in
hul foelies, die kase, die botters, die smere, gesofistikeerd met
pesto en soet sondroe tamaties, die wyne, die olywe, die olies en
balsamiese asyne, die skyfies vir vooraf en die terte vir daarna.
Vanaand gaan die brikette brand, die rokies hang, die biere skuim,
die vroue vol belofte lag, die kinders stry en op die sofas slaap.
Vanaand vergeet ons die verlede, die kwellings van die week, die
hoofpyn van die oordaad. Vanaand dans ons die dans van die lewe.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!