In die begin het die Skepper die hemel en die aarde geskape, en toe
Hy by die Klein-Karoo kom, se Hy: "Laat daar bruin, harde grond,
vaal bossies en klippers wees." Toe maak Hy 'n bietjie te veel
daarvan en dit strek vir tweehonderd myl lank en eenhonderd myl
breed. Ewentwel. Op die vyfde dag het Hy die diere geskep, en vir
afleiding en aardigheid maak Hy sommer die koddige volstruis. Die
sesde dag maak hy die mense, en toe hy die Khoi en die San in die
Karoo neersit, wil hulle hulle doodlag vir die Groot Volstruis met
sy lang nek en sy eierlyf. Net daar vererg die Groot Volstruis hom
en sweer wraak teen die nasate van die mens, tot in die verste
geslag. Die wraak tref Hendrik van der Westhuizen, uithaler jong
boer van die Oudtshoorn-distrik, op die vooraand van sy troue met
die hovaardige Isabella Fourie, toe hy halsoorkop verlief raak op
die pragtige bediendemeisie Eva Damon. Maar die instink van sorg,
grond en erf loop te sterk in Hendrik, en hy word verskeur tussen
plig en liefde. Toe die volstruisveerbedryf later, nadat dit hoog
opgelig het, hard laat val, kry die Groot Volstruis sy finale hou
in. Eers met Hendrik en Eva se nageslag, toe Danie van der
Westhuizen, argeoloog, en Tessa van der Westhuizen, verloopte
kunstenaar, by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn
ontmoet, word al die ou spoke opgejaag.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!