Dit is die hemelgod, Xamab, se voorvinger wat vir ons wys om om te
draai. ”Miskien moes Johan en Bulman na Kalimbo se profetiese
woorde geluister het voordat hulle Kowares saam met hul Amerikaanse
vriende aangedurf het. Vandat Jack, ’n fotograaf, en sy geselskap
op Kowares aankom, tref die een ongeluk na die ander die groep.
Gelukkig is Johan en Bulman ervare jagters en natuurkenners en kan
hulle op die spoorsnyer, Kalimbo, se fyn gehoor en kennis van die
veld en diere staatmaak. Maar is dit genoeg om hulle teen die
ongenaakbare Afrika te beskerm? Boonop is die pragtige Penny, Jack
se dogter, in ’n baie moeilike situasie. Want hoe verduidelik sy
aan Bulman dat haar hart aan Johan behoort? En sal Johan ooit sy
swerwershart ten volle vir haar oopmaak? Waar ver winde waai vertel
die verhaal van ’n klein groepie mense wat deur hul ontmoeting met
mekaar vir ’n kort rukkie van die groot eensaamheid kan ontsnap,
maar uiteindelik leer dat Afrika altyd die laaste se het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!