Hierdie roman het as verteller 'n eenkantvrou en oujongnooi wat (op
'n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu)
terugkyk op haar lewe – as 'n versorgster in gegoede witmense se
huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes.
Sy vertel van die insig in die dood wat sy so by die baie
sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik
sterwensbegeleidster vir Abjater, 'n man wie se goue lag sy in haar
jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos 'n "uitverkorene"
gelyk het. So peins die verteller aan die einde van 'n lewe waarin
sy, soos sy elders se, "by die dood ingeboek" was: "Miskien het ek
met die dood getrou, kom dit by my op ... maar nou raak ek sat vir
hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid."
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!