0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (44)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 56 matches in All Departments

Die prinses met die lang hare (Afrikaans, Hardcover): Annemarie van Haeringen Die prinses met die lang hare (Afrikaans, Hardcover)
Annemarie van Haeringen; Illustrated by Annemarie van Haeringen; Translated by Amelia de Vaal
R59 Discovery Miles 590 Ships in 6 - 10 working days

Annemarie van Haeringen ontvang in 2000 die Nederlandse Gouden Penseel-toekenning vir hierdie boek – ’n eer wat haar ook met Malmok (1999) en Beer is op Vlinder (2005) te beurt geval het. Ander bekroonde werke van haar is Het begin van de zee en Coco of het kleine zwarte jurkje, wat onderskeidelik met ’n Zilveren Griffel en ’n Zilveren Penseel vereer is.

Mimus (Afrikaans, Paperback): Lilli Thal Mimus (Afrikaans, Paperback)
Lilli Thal; Translated by Amelia de Vaal
R103 Discovery Miles 1 030 View more sellers In Stock

Vir langer as wat kroonprins Florin oud is, is die twee koninkryke Monfiel en Vinland in ’n wrede oorlog verwikkel. Tot daar op ’n dag ’n bode die goeie tyding bring dat die twee konings vrede gesluit het. Florin word na die vredesfees in Vinland genooi, maar daar aangekom, wag die grootste skok op die jong prins: Die sogenaamde vredesverdrag was ’n lokval. Sy pa, koning Philip, en sy gevolg is gevange geneem en Florin verloor in ’n oogwink alles wat hy het: sy pa, sy titel, sy koninkryk en sy eer. Koning Theodo laat hom leef, maar verdoem hom om opgelei te word as hofnar deur Mimus – Theodo se onvoorspelbare, enigmatiese en met tye gemene hofnar. Saam met Mimus moet Florin dag na dag leer hoe om die laagste skepsel aan die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag. Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, ’n narmasker en lawwe toertjies, wat Florin laat wonder of Mimus dalk sy vertroueling en vriend kan wees … of ’n pop wat slegs na Theodo se pype dans? Mimus is ’n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, en in die middel ’n enkele hofnar wat terselfdertyd lig en donker verteenwoordig. Dit is ’n intrige wat oud en jonk sal meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy sal boei.

Die Beroemde Vyf - Vyf Vat Saam Die Pad (Afrikaans, Paperback): Enid Blyton Die Beroemde Vyf - Vyf Vat Saam Die Pad (Afrikaans, Paperback)
Enid Blyton; Translated by Amelia de Vaal
R219 Discovery Miles 2 190 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?

Pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.

Vyf En 'n Tweede Avontuur (Afrikaans, Paperback): Enid Blyton Vyf En 'n Tweede Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Enid Blyton; Translated by Amelia de Vaal
R219 Discovery Miles 2 190 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Toe die vyf vriende ’n antieke kaart ontdek wat hulle na ’n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in ’n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die raaisel op te los?

Die Storie Van Planeet Aarde (Afrikaans, Paperback): Abigail Wheatley Die Storie Van Planeet Aarde (Afrikaans, Paperback)
Abigail Wheatley; Translated by Amelia de Vaal
R198 Discovery Miles 1 980 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Hoe oud is die aarde? Waar kom die son vandaan? As jy graag wetenskaplike antwoorde wil he op vrae soos die, hoef jy nie verder as hierdie boek te soek nie. Op ’n gemaklike verteltrant en met hope foto’s en illustrasies neem Die storie van Planeet Aarde die leser op reis deur die geskiedenis: vandat ons blou planeet maar net ’n stoffie was, tot by die komplekse, steeds veranderende planeet wat dit vandag is.

Wiplala (Afrikaans, Hardcover): Annie M. G Schmidt Wiplala (Afrikaans, Hardcover)
Annie M. G Schmidt; Illustrated by Philip Hopman; Translated by Amelia de Vaal
R229 Discovery Miles 2 290 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”. “Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”. “Maar jy moet kyk, Pappa,” se Nella Della. Sy hou haar hand ’n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie. Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so ’n kleinigheid pla. “Is dit ’n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.” ’n Kabouter is dit nie, maar ’n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem ‘tinkel’. Die enigste probleem is dat Wiplala dit soms regkry om te tinkel en soms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van ’n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!. Wiplala verskyn oorspronklik in 1957 in Nederlands. Dit is uit die pen van die bekende Nederlandse kinderboekskrywer Annie M.G. Schmidt. Die boek word in verskeie tale vertaal (onder meer Duits, Fins, Engels en selfs Japannees). In 2014 verskyn daar ook ’n film wat gebaseer is op die boek.

Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in Lilliput: Boek 16 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend – letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van ’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?

Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback): Anna Claybourne Die Storie Van Ontdekkingsreise (Afrikaans, Paperback)
Anna Claybourne; Translated by Amelia de Vaal
R240 Discovery Miles 2 400 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Vanaf die vroegste tye verken mense al die aardbol op soek na nuwe plekke om te bewoon, verleidelike skatte, asemrowende vergesigte of die roemryke voorreg om die eerste mens op ’n hoe bergpiek te wees. Hierdie boek vertel die verhale van onverskrokke ontdekkingsreisigers wat dit tot by die ysige pole gewaag het, bloedig warm woestyne oorgesteek het, riviere vol krokodille trotseer of vir die eerste keer reg rondom die aarde geseil het.

Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover): Andreas Schmachtl Tillie Appelpit - Die onverwagse gas (Afrikaans, Hardcover)
Andreas Schmachtl; Illustrated by Andreas Schmachtl; Translated by Amelia de Vaal
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar huisie tussen die heuwels altyd heerlik na vars gebak. Eendag ontdek sy ’n onverwagse gas voor haar deur: ’n Eier! Tillie neem daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ’n eier moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nie weet nie, is dat daar ’n groot verrassing in die eier wag. Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!

Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback): Lilli Thal Joran Noordewind (Afrikaans, Paperback)
Lilli Thal; Translated by Amelia de Vaal
R92 Discovery Miles 920 View more sellers Ships in 6 - 10 working days
Tillie Appelpit - Die lappieskombers (Afrikaans, Hardcover): Andreas Schmachtl Tillie Appelpit - Die lappieskombers (Afrikaans, Hardcover)
Andreas Schmachtl; Illustrated by Andreas Schmachtl; Translated by Amelia de Vaal
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, hou van kuier met haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar vriendin opwindende nuus ... daar is ’n groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier vriende druk besig met naaldwerk, en niemand word genooi vir tee nie. Die nuuskierigheid raak vir Tillie net te veel!! Wat maak hulle almal? En hoekom is almal so vreeslik geheimsinnig? Welkom by die wonderlike wereld van Tillie Appelpit!

Lillie die heksie en die bangbroek Wiking : Boek 12 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die bangbroek Wiking : Boek 12 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom, besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof, het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog raak lewensgevaarlik...

Lillie die heksie by Dracula se kasteel: Boek 13 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie by Dracula se kasteel: Boek 13 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke, sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan help? En self uit Dracula se kloue kan bly?

Lillie die heksie in die land van die dinosourusse: Boek 15 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in die land van die dinosourusse: Boek 15 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! – kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se kloue kan bevry?

Die Avonture Van Iwan (Afrikaans, Paperback): Otfried Preussler Die Avonture Van Iwan (Afrikaans, Paperback)
Otfried Preussler; Translated by Amelia de Vaal
R261 Discovery Miles 2 610 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë. Dié man sê vir hom dat hy eendag die tsaar van Rusland sal word. Al wat hy moet doen, is om op die bakoond in die huis te lê, net sonneblompitte te eet, en met niemand te praat nie … vir sewe jaar lank!

Die jare gaan verby en uiteindelik begin sy groot reis na die Witteberge, ’n reis vol avontuur en gevare. Hy kom teen die bose Og te staan, kruis paaie met die rower Batur en reken met ’n heks af. So trek hy deur seisoene en landskappe, en telkens moet hy ’n nuwe struikelblok op pad oorkom.

Maar Wanja glo vas in die voorspelling van die blinde man en hou voet by stuk. Sou die ou man die waarheid gepraat het?

Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat: Boek 11 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die soektog na die verlore skat: Boek 11 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag hardop uit haar towerboek. Asof sy teen die tyd nie van beter weet nie! Heeltemal onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud. Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore skat te gaan soek. Met net 'n raaisel as roetebeskrywing, gaan Lillie op die soektog na die goue grot. Sal Lillie dit vind, en hoe sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?

Rooi: Waarom boelies nie snaaks is nie (Afrikaans, Hardcover): Jan De Kinder Rooi: Waarom boelies nie snaaks is nie (Afrikaans, Hardcover)
Jan De Kinder; Illustrated by Jan De Kinder; Translated by Amelia de Vaal
R167 Discovery Miles 1 670 View more sellers Ships in 6 - 10 working days
Lillie die heksie in die Wilde Weste (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie in die Wilde Weste (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste – plek van stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Lillie en haar Colt die inwoners van Bourbontown kan help om drie geslepe rampokkers ore aan te sit?

Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover): Mandy Stanley Hanli die hasie 2 - Die vlieende hase; Die ysprinses; Die Kersfeeswens (Afrikaans, Hardcover)
Mandy Stanley; Illustrated by Mandy Stanley; Translated by Amelia de Vaal
R209 Discovery Miles 2 090 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieende hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens). Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al oor ’n miljoen boeke verkoop is. Hanli is ’n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ’n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde, behalwe wanneer sy verras word! Op ’n dag sien Hanli ’n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal ’n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?. ’n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel … Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op ’n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink die dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans – heeltemal op haar eie. Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!.

Sprokies Vir 'n Prinsessie (Afrikaans, Hardcover): Henri van Daele Sprokies Vir 'n Prinsessie (Afrikaans, Hardcover)
Henri van Daele; Illustrated by Dominique Mertens; Translated by Amelia de Vaal
R105 Discovery Miles 1 050 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

In hierdie unieke boek bring die baasverteller Henri van Daele 'n besondere versameling sprokies bymekaar. Die sprokies kom uit die verskillende lande waaruit die ses koninginne van Belgie afkomstig was of is. Sowel bekende as minder bekende verhale en legendes word hier oorvertel. Henri van Daele het dit geskryf vir prinses Elisabeth van Belgie wat in 2001 gebore is. Maar dit is ook vir alle kinders wat daarvan hou om na sprokies te luister of om dit self te lees. Met ’n voorwoord deur Haar Koninklike Hoogheid Prinses Mathilde van Belgie. Agterin die boek is daar afbeeldings van die ses Belgiese koninginne sedert 1832.

Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Dalby, Laura Howell Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Dalby, Laura Howell; Translated by Amelia de Vaal
R287 Discovery Miles 2 870 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra “hoekom?” is hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons woon – van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land – en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets om te leer ken en te ontdek! Internetskakels maak boonop van die teks 'n volledig interaktiewe leerervaring.

Lillie die heksie en die ridder Don Quijote: Boek 14 (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die ridder Don Quijote: Boek 14 (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy oral verwoesting. Hy sien motors vir drake aan en storm met sy “strydros” ('n fiets wat hy roesinante noem) op hulle af. Advertensieborde val hy met sy lans aan. En by die kermis wil hy opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die begin...Maar die soort petalje is mos Lillie se kos.

Lillie die heksie en die raaisel van die mummie (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die raaisel van die mummie (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Vandat sy 'n geheime towerboek onder haar bed ontdek het, is niks vir Lillie lekkerder as om heksespronge na interessante plekke te doen nie. Maar soms word haar towery ’n bangmaakspulletjie – byvoorbeeld toe sy haar skielik in ’n Egiptiese farao se grafkelder bevind. Meteens is haar flits se batterye pap, en verloor sy boonop nog die muisteddie waarmee sy haar na die werklikheid moet terugtoor. Deksels! En het sy nie juis voetstappe agter haar gehoor nie?

Lillie die heksie in Wonderland: Boek 18 (Afrikaans, Hardcover): Amelia de Vaal Lillie die heksie in Wonderland: Boek 18 (Afrikaans, Hardcover)
Amelia de Vaal; Knister
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wereld. Met totale wereldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Die selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer. Lillie is uit haar vel uit van blydskap toe sy ’n mikroskoop vir haar verjaarsdag kry. Sy wil dit al so lank he! Wanneer sy ’n sneeuvlokkie onder die lens plaas, is sy stomgeslaan oor die prag en wil noodgedwonge ’n land van sneeu en ys besoek. Met die heksesprong beland sy in Wonderland. Maar iets is daar nie pluis nie. Die koning het vermis geraak en Somer- en Lenteland word stadig maar seker al hoe kouer. Winter neem oor. En gerugte van ’n wrede vors doen die rondte. Lillie en Hektor, haar draakvriendjie, gaan ondersoek instel.

Lillie die heksie en die wilde Indiaan-avontuur (Afrikaans, Hardcover): Knister Lillie die heksie en die wilde Indiaan-avontuur (Afrikaans, Hardcover)
Knister; Illustrated by Birgit Rieger; Translated by Amelia de Vaal
R193 Discovery Miles 1 930 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Ontsteltenis in Bourbontown: as die Drie Tornado's agter slot en grendel is, kan dit tog net die Rooihuide wees wat die dorpenaars so rot en kaal steel? Sal Lillie en Milla Tortilla agter die kap van die byl kom – of self hul kopvelle verloor?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Jews of Islam
Bernard Lewis Paperback R1,501 Discovery Miles 15 010
In Search of Alberto Guerrero
John Beckwith Paperback R908 Discovery Miles 9 080
A Quiet Man
Tom Wood Paperback R418 R384 Discovery Miles 3 840
Vuurvoel
Elmarie Viljoen-Massyn Paperback R335 R299 Discovery Miles 2 990
Australian Yorkshire Terrier Tricks…
Training Central Paperback R478 Discovery Miles 4 780
The Homemade God
Rachel Joyce Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
Walsh Equiconvergence of Complex…
Amnon Jakimovski, Ambikeshwar Sharma, … Hardcover R1,572 Discovery Miles 15 720
Presentations with PowerPoint - Learning…
Moira Stephen Hardcover R4,064 Discovery Miles 40 640
Legal Research - Purpose, Planning and…
Francois Venter Paperback R408 Discovery Miles 4 080
Odoo 12 Development Essentials…
Daniel Reis Paperback R1,202 Discovery Miles 12 020

 

Partners