|
Showing 1 - 25 of
55 matches in All Departments
Hoe oud is die aarde? Waar kom die son vandaan? As jy graag
wetenskaplike antwoorde wil he op vrae soos die, hoef jy nie verder
as hierdie boek te soek nie. Op ’n gemaklike verteltrant en met
hope foto’s en illustrasies neem Die storie van Planeet Aarde die
leser op reis deur die geskiedenis: vandat ons blou planeet maar
net ’n stoffie was, tot by die komplekse, steeds veranderende
planeet wat dit vandag is.
Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend –
letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit
moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars
groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van
’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir
haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so
amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar
toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen
nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se
lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?
Lillie besluit om weer ’n keer haar draakvriendjie, Hektor, te
besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie
groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item
te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen
probleem nie: so klein soos hy is, het hy die aptyt van ’n beer.
Maar die lekkerbekkigheid het nadele! Met sy ronde boepens sukkel
sy klein vlerkies om hom in die lug te hou – en die belangrikste
toets is natuurlik wie die hoogste en vinnigste kan vlieg. Hekse
word nie toegelaat by die eksamen nie, maar onse Lillie is nie
sommer enige heksie nie en sy laat nooit haar vriende in die steek
nie.
Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te
neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met
behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy
oral verwoesting. Hy sien motors vir drake aan en storm met sy
“strydros” ('n fiets wat hy roesinante noem) op hulle af.
Advertensieborde val hy met sy lans aan. En by die kermis wil hy
opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die
begin...Maar die soort petalje is mos Lillie se kos.
Annie M.G. Schmidt se verhaaltjies oor Jip en Janneke het
oorspronklik in die 1950’s in die Nederlandse koerant Het Parool
verskyn, in kombinasie met Fiep Westendorp se ikoniese swart en wit
illustrasies. Met verloop van tyd het die twee karaktertjies se
avonture sinoniem geword met die Nederlandse lewenswyse en word Jip
en Janneke vandag as een van Nederland se mees geliefde
uitvoerprodukte beskou. Jip en Janneke is beste maats. Hulle woon
langs mekaar en speel elke dag van vroeg tot laat. Saam-saam het
Jip en Janneke die wonderlikste avonture. Hulle speel skool-skool,
verken die solder, spring in reenplasse en hou 'n kompetisie om te
sien wie die meeste pannekoeke kan eet. Hulle word selfs die
eienaars van die oulikste brakkie met die naam Takkie! Partykeer is
hulle lekker stout – soos wanneer hulle prentjies uit Pappa se
boeke knip – en partykeer kan hulle lekker baklei. Maar oor een
ding stem hulle saam: Met 'n maatjie aan die ander kant van die
heining kan die lewe nooit vervelig wees nie!
Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom,
besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy
ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof,
het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het
aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan
oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en
vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal
is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog
raak lewensgevaarlik...
Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie
dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks
bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde
skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke,
sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in
Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan
help? En self uit Dracula se kloue kan bly?
Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare
terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! –
kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie
wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets
vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe
nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se
kloue kan bevry?
Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag hardop uit haar
towerboek. Asof sy teen die tyd nie van beter weet nie! Heeltemal
onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud.
Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die
indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore
skat te gaan soek. Met net 'n raaisel as roetebeskrywing, gaan
Lillie op die soektog na die goue grot. Sal Lillie dit vind, en hoe
sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is
Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?
In hierdie unieke boek bring die baasverteller Henri van Daele 'n
besondere versameling sprokies bymekaar. Die sprokies kom uit die
verskillende lande waaruit die ses koninginne van Belgie afkomstig
was of is. Sowel bekende as minder bekende verhale en legendes word
hier oorvertel. Henri van Daele het dit geskryf vir prinses
Elisabeth van Belgie wat in 2001 gebore is. Maar dit is ook vir
alle kinders wat daarvan hou om na sprokies te luister of om dit
self te lees. Met ’n voorwoord deur Haar Koninklike Hoogheid
Prinses Mathilde van Belgie. Agterin die boek is daar afbeeldings
van die ses Belgiese koninginne sedert 1832.
Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste – plek van
stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Lillie en haar Colt die
inwoners van Bourbontown kan help om drie geslepe rampokkers ore
aan te sit?
Wanneer ’n mens na die naghemel opkyk, sien jy nie net sterre nie.
Die swart leegte van die ruimte is deurspek met voorwerpe van elke
denkbare vorm en grootte – van enorme brandende sterre tot
piepklein stofvlekkies. Hierdie boek verken die geheimenisse van
sterre en planete en ontsluit die raaisels van astronomie: die
wetenskap van die buitenste ruimte.
Vandat sy 'n geheime towerboek onder haar bed ontdek het, is niks
vir Lillie lekkerder as om heksespronge na interessante plekke te
doen nie. Maar soms word haar towery ’n bangmaakspulletjie –
byvoorbeeld toe sy haar skielik in ’n Egiptiese farao se grafkelder
bevind. Meteens is haar flits se batterye pap, en verloor sy boonop
nog die muisteddie waarmee sy haar na die werklikheid moet
terugtoor. Deksels! En het sy nie juis voetstappe agter haar gehoor
nie?
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie
oor kinderboekrakke dwarsoor die wereld. Met totale wereldwye
verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale
is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse
harte gaan verower nie! Die selfleesboekies is gemik om agtjariges
en ouer. Lillie is uit haar vel uit van blydskap toe sy ’n
mikroskoop vir haar verjaarsdag kry. Sy wil dit al so lank he!
Wanneer sy ’n sneeuvlokkie onder die lens plaas, is sy stomgeslaan
oor die prag en wil noodgedwonge ’n land van sneeu en ys besoek.
Met die heksesprong beland sy in Wonderland. Maar iets is daar nie
pluis nie. Die koning het vermis geraak en Somer- en Lenteland word
stadig maar seker al hoe kouer. Winter neem oor. En gerugte van ’n
wrede vors doen die rondte. Lillie en Hektor, haar draakvriendjie,
gaan ondersoek instel.
Ontsteltenis in Bourbontown: as die Drie Tornado's agter slot en
grendel is, kan dit tog net die Rooihuide wees wat die dorpenaars
so rot en kaal steel? Sal Lillie en Milla Tortilla agter die kap
van die byl kom – of self hul kopvelle verloor?
Elke nag wanneer die raadhuishorlosie van Uilenburg twaalfuur
slaan, word die klein spokie wakker. Hy speel en baljaar al om die
kasteel en vergaap hom aan die stad in die silwer maanskyn. Een
middernag uiter hy sy wens aan sy vriend Oehoe-Sjoehoe dat hy tog
so graag die stad in die daglig sou wou sien en, ondanks sy vriend
se waarskuwings, probeer hy sy droom bewaarheid. Wanneer sy droom
onverwags waar word een dag, is dit nie soos hy dit gewens het nie
en allerhande snaakse dinge speel hul af in die stad Uilenburg! Te
danke aan die sukses van hierdie verhaal, het die Duitse media in
2013 'n rolprent daarvan vervaardig wat in 2013 verskyn het as Das
kleiner Gespenst.
Lillie is al vir ’n geruime tyd ’n geheime heksie, maar niks kan
haar voorberei op haar verrassende nuwe status nie: geheime
ekspert-heksie! Skielik het sy toegang tot die wonderbaarlike
Orfeustrap, waarmee sy na plekke kan reis wat sy gedink het net in
fantasiee bestaan – soos die geheime stad Atlantis.
"Kom-kom-kom!" miaau 'n eenoog-afbeenkat. " Ek is die berrroemde
Kolonel Klou, hoogleraarrr-professorrr-grootkokkedoorrr van die
Landelike Universiteit vir indrukwekkende spogkatte! Op die
prrrogram vir die week: Maandag, waagmoed en aptyt! Dinsdag,
higiene en vryheid...” Kolonel Klou is op sy stukke. Een of ander
tyd breek die dag aan waarop alle klein katjies in die wereld hulle
ouerhuise moet verlaat om die kuns van katwees te gaan leer. Dis
die lot wat klein Hansie Slim een Sondagmiddag in Desember te beurt
val. 'n Skreeusnaakse prenteboek oor al die stoute goed wat klein
katjies by L.U.I.S. (Landelike Universiteit vir Indrukwekkende
Spogkatte) gaan leer voordat hulle in 'n mens se huis kom woon.
Lillie beland in die skatkamer van ’n beleerde kasteel en soos die
noodlot dit wil he, het die inwoners dringend haar hulp nodig. Maar
die magtige Swart Ridder laat hom deur niemand keer nie. Sal Lillie
hom met ’n towerswaard kan oorwin? En wat van die draak wat die
swaard oppas?
Annemarie van Haeringen ontvang in 2000 die Nederlandse Gouden
Penseel-toekenning vir hierdie boek – ’n eer wat haar ook met
Malmok (1999) en Beer is op Vlinder (2005) te beurt geval het.
Ander bekroonde werke van haar is Het begin van de zee en Coco of
het kleine zwarte jurkje, wat onderskeidelik met ’n Zilveren
Griffel en ’n Zilveren Penseel vereer is.
Staan opsy, Sherlock Holmes: Speurder Lillie is in die buurt, met
’n vergrootglas en ’n paar towerkunsies in haar agtersak! Wanneer
haar ma se fiets gesteel word, het Lillie dubbele werk om te doen:
om die verlore fiets op te spoor, en om die booswig vas te trek.
Gelukkig beteken twee keer soveel speurwerk ook twee keer soveel
pret ... en ’n getoor van die eerste water!
Die klein heksie wil bitter graag deelneem aan die jaarlikse
Heksenag en soos die ander groot hekse met haar besem op Bloksberg
dans. Daar is net een probleem: Sy is maar nog net
honderd-sewe-en-twintig jaar oud en dus nog te jonk om deel te
neem. Nou ja toe, as sy dan nou nie oud genoeg is nie, wil sy ten
minste goed genoeg wees! Die hoofheks bied aan dat as sy binne die
volgende jaar s'n goeie heks is, sy aan die volgende fees kan
deelneem. Maar het sy dalk die instruksie verkeerd verstaan?
|
You may like...
Wonka
Timothee Chalamet
Blu-ray disc
R250
Discovery Miles 2 500
|