![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 22 of 22 matches in All Departments
Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande – Italie, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto (1963), Ole (1965) en Midi (1969). Baie leesbare verhale wat steeds iets weerspieel van daardie “eerste vroee opgetoendheid oor ’n wereld wat nog gele en wag het om in Afrikaans ontdek te word”, soos Brink dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is speels en ook indringend.
As klein kindjie in Bremen het Hanna X al begin droom oor wat anderkant die stilte le, waar die wind vandaan kom en palmbome wuif in die son. Haar kans om te ontvlug uit jare van mishandeling in 'n weeshuis en as diensmeisie, kom wanneer die owerhede in Berlyn in die vroee jare van die 20ste eeu begin om meisies te werf om in Duits Suidwes-Afrika die manlike koloniste se behoefte aan vroue te verlig. As sy dit waag om haar te verset teen die attensies van 'n Duitse offisier op die trein tussen Swakopmund en Windhoek, word sy op onmenslike wyse gestraf en beland sy in die lugubere bouwerk van Frauenstein, diep in die woestyn.
Groot verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak. Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poesie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang en verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid en tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns. Self se Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net een dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poesie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poesie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poesie het vele wonings." Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poesie wat hom nerens in die wereld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau Ingrid Jonker Wilma Stockenstrom Antjie Krog ... naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small Peter Blum Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poesie in 'n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in 'n hoogbloei van poesie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome deel van 'n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.

Dit verg die jong slavin Philida groot moed om by die Slawebeskermer op Stellenbosch 'n klag teen haar baas te gaan le. Cornelis Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans Brink, gehad het. 'n Meesleurende en aangrypend slaweroman deur 'n meesterverteller.
Estienne Barbier, born in the Loire Valley in 1699, is a liar and philanderer who deserts his pregnant wife to stow away. In Africa he sees the sordid dealing beneath the self-righteous pomposity of the Dutch East India Company, and decides to make a stand.
Ruben Olivier se lewe is besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom 'n pakket aangebied om plek te maak vir 'n jong swart opvolger. Een van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Sy hede word deur drie figure oorheers. Daar is sy huishoudster, Magrieta, wat hom nie toelaat om te vergeet van die werklike wereld rondom sy soliede ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, 'n jong slawemeisie wat drie eeue gelede tereggestel is en nou nog in die huis bly spook. En dan is daar Tessa, wat een nag uit die reen opdaag op soek na blyplek en soos 'n donker maan die landskap van sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en die uitdaging van haar troebel seksualiteit.
Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop. Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek. Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.” Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller. ’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.
Afrika se eeue oue magiesheid en hartstog vorm die agtergrond van die intiem verweefde komedie en tragedie in hierdie roman. Dit is gebaseer op die historiese figuur Kupido Kakkerlak (c. 1760 – c. 1825) se lewe. Maar die raaisel van 'n mens se lewe word ten beste met die verbeelding benader. Kupido is nie gebore nie, 'n arend het hom gebring. In daardie tyd het ook 'n bidsprinkaan verskyn - 'n teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde rondgele. Nadat Heitsi-Eibib in die veld aan Kupido verskyn het, raak hy as baasjagter bekend tot ver buite die grense van die boereplaas waar hy grootword. Hy is ook die drinker, leuenaar, minnaar en bakleier van die kontrei. Onder die sendeling dr. Van der Kemp se invloed word hy egter die eerste Khoi wat as sendeling aan die Kaap die Goeie Hoop georden is.
In die middel staan Ben du Toit, "'n doodgewone, onskadelike, onmerkwaardige mens". Maar dan word sy ingebore sin vir regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier en die se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie 'n politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit 'n morele kwessie. Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto, en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde. Wanneer Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente, uitknipsels, verklarings, ens. - inligting wat hy teen die Veiligheidspolisie ingesamel het - aan 'n ou universiteitsvriend, 'n skrywer wat dit alles kan dokumenteer. Sodat niemand hierna ooit durf se: "Ek het nie geweet nie."
|
You may like...
Integrative Strategies for…
Riti Thapar Kapoor, Maulin P. Shah
Paperback
R3,925
Discovery Miles 39 250
The Ultimate Guide To Great Mentorship…
Scott Jeffrey Miller
Paperback
Essential Prosperity - The Fourteen Most…
Napoleon Hill, James Allen, …
Paperback
Principles of Big Graph: In-depth…
Ripon Patgiri, Ganesh Chandra Deka, …
Hardcover
R3,925
Discovery Miles 39 250
|