|
|
Showing 1 - 23 of
23 matches in All Departments
Groot verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n
nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak.
Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor
en uit die Afrikaanse poesie saamgestel is, gee 'n indruk van die
omvang en verskeidenheid, die rykdom, die energie, die
oorspronklikheid en tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns.
Self se Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en
verklarings, is daar uiteindelik net een dryfkrag agter hierdie
hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie
bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poesie
is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie
poesie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis
of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poesie
het vele wonings." Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is
getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref
word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n
beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poesie wat hom
nerens in die wereld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot
Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau
Ingrid Jonker Wilma Stockenstrom Antjie Krog ... naas van die
grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small Peter Blum
Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom
die nuutste Afrikaanse poesie in 'n verbysterende verskeidenheid
vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in
'n hoogbloei van poesie oor alles van geweld tot deernis, liefde
tot vrees, aarde en drome deel van 'n wonder waarvan die einde nog
lank nie in sig is nie.
Hierdie bundel sluit aan by Brink se 2012 keur uit sy reissketse
uit die sestigerjare, Herinneringe aan Parys, en bevat die beste
stories uit die boeke oor sy reise deur die Mediterreense lande –
Italie, Spanje en die suide van Frankryk: Sempre diritto (1963),
Ole (1965) en Midi (1969). Baie leesbare verhale wat steeds iets
weerspieel van daardie “eerste vroee opgetoendheid oor ’n wereld
wat nog gele en wag het om in Afrikaans ontdek te word”, soos Brink
dit gestel het. Sy vertellinge wissel tussen humor en erns, is
speels en ook indringend.
Dit verg die jong slavin Philida groot moed om by die
Slawebeskermer op Stellenbosch 'n klag teen haar baas te gaan le.
Cornelis Brink, op wie se plaas sy grootgeword het, wil haar
verkoop nadat sy vier kinders by sy seun, Frans Brink, gehad het.
'n Meesleurende en aangrypend slaweroman deur 'n meesterverteller.
As klein kindjie in Bremen het Hanna X al begin droom oor wat
anderkant die stilte le, waar die wind vandaan kom en palmbome wuif
in die son. Haar kans om te ontvlug uit jare van mishandeling in 'n
weeshuis en as diensmeisie, kom wanneer die owerhede in Berlyn in
die vroee jare van die 20ste eeu begin om meisies te werf om in
Duits Suidwes-Afrika die manlike koloniste se behoefte aan vroue te
verlig. As sy dit waag om haar te verset teen die attensies van 'n
Duitse offisier op die trein tussen Swakopmund en Windhoek, word sy
op onmenslike wyse gestraf en beland sy in die lugubere bouwerk van
Frauenstein, diep in die woestyn.
Estienne Barbier, born in the Loire Valley in 1699, is a liar and philanderer who deserts his pregnant wife to stow away.
In Africa he sees the sordid dealing beneath the self-righteous pomposity of the Dutch East India Company, and decides to make a stand.
Philida is gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop.
Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar, Meester de la Bat, ingeboek.
Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.”
Philida is ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller.
’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.
Groot verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n
nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak.
Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor
en uit die Afrikaanse poesie saamgestel is, gee 'n indruk van die
omvang en verskeidenheid, die rykdom, die energie, die
oorspronklikheid en tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns.
Self se Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en
verklarings, is daar uiteindelik net een dryfkrag agter hierdie
hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie
bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poesie
is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie
poesie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis
of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poesie
het vele wonings." Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is
getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref
word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n
beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poesie wat hom
nerens in die wereld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot
Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau
Ingrid Jonker Wilma Stockenstrom Antjie Krog ... naas van die
grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small Peter Blum
Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom
die nuutste Afrikaanse poesie in 'n verbysterende verskeidenheid
vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in
'n hoogbloei van poesie oor alles van geweld tot deernis, liefde
tot vrees, aarde en drome deel van 'n wonder waarvan die einde nog
lank nie in sig is nie.
Afrika se eeue oue magiesheid en hartstog vorm die agtergrond van
die intiem verweefde komedie en tragedie in hierdie roman. Dit is
gebaseer op die historiese figuur Kupido Kakkerlak (c. 1760 – c.
1825) se lewe. Maar die raaisel van 'n mens se lewe word ten beste
met die verbeelding benader. Kupido is nie gebore nie, 'n arend het
hom gebring. In daardie tyd het ook 'n bidsprinkaan verskyn - 'n
teken van die gode. Wonderwerke het soos optelgoed op die aarde
rondgele. Nadat Heitsi-Eibib in die veld aan Kupido verskyn het,
raak hy as baasjagter bekend tot ver buite die grense van die
boereplaas waar hy grootword. Hy is ook die drinker, leuenaar,
minnaar en bakleier van die kontrei. Onder die sendeling dr. Van
der Kemp se invloed word hy egter die eerste Khoi wat as sendeling
aan die Kaap die Goeie Hoop georden is.
In die middel staan Ben du Toit, "'n doodgewone, onskadelike,
onmerkwaardige mens". Maar dan word sy ingebore sin vir
regverdigheid geskok deur die gewettigde moord op sy swart tuinier
en die se seun tydens die 1976 Soweto-betogings en oproer. Ben se
pogings om agter die waarheid te kom, bring hom in opstand teen die
hele geskiedenis en stelsel wat hom gevorm het. Hy is nie 'n
politieke kruisvaarder nie, hy wil slegs agter die waarheid kom. Sy
familie dink hy is dwaas, maar vir hom is dit 'n morele kwessie.
Danksy die vriendskap van Stanley, die taxibestuurder uit Soweto,
en die liefde van die joernalis Melanie, voer hy sy bitter stryd
teen apartheid tot by die onvermydelike en skokkende einde. Wanneer
Ben vermoed sy lewe is op die spel, besorg hy al die dokumente,
uitknipsels, verklarings, ens. - inligting wat hy teen die
Veiligheidspolisie ingesamel het - aan 'n ou universiteitsvriend,
'n skrywer wat dit alles kan dokumenteer. Sodat niemand hierna ooit
durf se: "Ek het nie geweet nie."
In 1825 vind die enigste slaweopstand in die ou Kaapse geskiedenis
plaas, die sg Bokkeveldse Opstand, ontketen deur An droom van
vryheid wat nie bewaarheid word nie. As kinders het Nicolaas en
Galant saam gespeel; nou is hulle baas en slaaf. Tussen hulle staan
die vurige, wederstrewige Hester. Die roman is An koor van stemme,
maar die hooffiguur is die slaaf Galant wat die menigte stemme
bind. Ma-Roos se: So praat ons, so praat ons, An ry stemme in An
ketting, almal saam en almal apart, almal anders en almal
dieselfde, en die skakels mag lieg maar die ketting is waar. En die
naam van die ketting is Houd-den-Bek. In die stemme van die dertig
verskillende vertellers, deur vier dele, waarin die elemente van
aarde, wind, water en vuur opgeroep word, groei An persoonlike
opstand uit tot An universeel menslike stryd teen onreg - op so An
aangrypende wyse dat Artur Lundkvist van die Sweedse Akademie dit
by die boek se verskyning bestempel het as miskien die grootste
voorstelling van slawerny wat ooit geskryf is.
Ruben Olivier se lewe is besig om uitmekaar te val. Sy vrou is
dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom 'n
pakket aangebied om plek te maak vir 'n jong swart opvolger. Een
van sy seuns het klaar die land verlaat en die tweede staan op
vertrek. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Sy hede word deur
drie figure oorheers. Daar is sy huishoudster, Magrieta, wat hom
nie toelaat om te vergeet van die werklike wereld rondom sy soliede
ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, 'n jong
slawemeisie wat drie eeue gelede tereggestel is en nou nog in die
huis bly spook. En dan is daar Tessa, wat een nag uit die reen
opdaag op soek na blyplek en soos 'n donker maan die landskap van
sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en
die uitdaging van haar troebel seksualiteit.
|
|