0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Donkerster (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Donkerster (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie.

Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante ouer buurseun; en Xander, ’n hardwerkende dromer en doring in haar vlees.

Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie, Julian, besluit om ’n paar aande te help waghou sonder dat hulle ouers weet. Toe dinge skeefloop is almal in gevaar, en dis Carli se skuld. Is daar vir hulle uitkoms?

Spel (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Spel (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R236 Discovery Miles 2 360 Ships in 4 - 6 working days

Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en sy beste vriend Dimpho en Dimpho se ouers boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing.

Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. Hy lei Lukas suksesvol om die bos en Lukas en ’n paar nuwe vriende vertrek in sy pa se ou Datsun om sy jonger broer, wat voor sy ouers se dood veiligheidshalwe na familie gestuur is, te gaan haal.

Een van hulle reismaats is egter ’n informant...

Sweepslag (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Sweepslag (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd - Paul het 'n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool ge- bunk omdat sy ontsteld was oor iets wat gebeur het. Die twee hoërskoolleerders van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in 'n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hulle hul lewens gaan waag om weg te kom. 'n Spanningsvolle verhaal met temas mensehandel, dwelmhandel en moord.

Sindikaat (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Sindikaat (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.

Gif (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard, Franco v. Heyn Gif (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard, Franco v. Heyn
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood.

Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Joe wíl nie, maar besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer suster, ook.

Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

Klaskameraad Studiegids: Donkerster (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Klaskameraad Studiegids: Donkerster (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard; Compiled by Marilee Schoeman
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is ideaal vir klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van die roman vir die onderwyser vergemaklik: literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met
nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, en daar is klasbesprekingspunte.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Synthesizer - A Comprehensive Guide…
Mark Vail Hardcover R3,800 Discovery Miles 38 000
The Principles of English Composition…
David Booth Paperback R569 Discovery Miles 5 690
Rooi Rose blokraaiboek
Rooi Rose Paperback R210 R188 Discovery Miles 1 880
Pharos Tweetalige Skool Woordeboek…
Pharos Pharos Paperback R235 R210 Discovery Miles 2 100
Huisgenoot Groot Blokraaiselboek 14
Yvonne Van Eeden, Marlene Hamman Staple bound R210 R188 Discovery Miles 1 880
Basic Statistics - A Primer for the…
OJ Dunn Hardcover R3,256 Discovery Miles 32 560
Plymouth Brethrenism Unveiled and…
William Reid Paperback R537 Discovery Miles 5 370
Basic mathematics for economics students…
Derek Yu Paperback R420 Discovery Miles 4 200
Merriam-Webster's Spanish-English…
Merriam-Webster Paperback R244 Discovery Miles 2 440
Handbook of Hormones - Comparative…
Hironori Ando, Kazuyoshi Ukena, … Paperback R5,129 Discovery Miles 51 290

 

Partners