0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Spel (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Spel (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R225 R194 Discovery Miles 1 940 Save R31 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die sewentienjarige Lukas is een van ’n handjievol oorblywende mense ná die aarde deur kuborge, transterrane en robotte oorgeneem is. Hy en sy beste vriend Dimpho en Dimpho se ouers boer op Lukas-hulle se plaas in die Bloemfontein-omgewing.

Wanneer hongersnood die voortbestaan van die superwesens bedreig, stel die wrede heerser Dakian ’n bose plan in werking om Lukas te vang en toegang tot sy oorlewingstrategieë te verkry. Hy lei Lukas suksesvol om die bos en Lukas en ’n paar nuwe vriende vertrek in sy pa se ou Datsun om sy jonger broer, wat voor sy ouers se dood veiligheidshalwe na familie gestuur is, te gaan haal.

Een van hulle reismaats is egter ’n informant...

Sindikaat (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Sindikaat (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Sindikaat is ’n avontuurverhaal waarin drie vriende se lewens omvergegooi word wanneer die hoofkarakter, Paul, per ongeluk op onwettige smokkelgoed afkom. Hulle paaie kruis met die van die Chinese mafia. Die verhaal begin in Bloemfontein, waarvandaan Paul en sy vriende saam met sy lyfwag, Bossie, deur drie Afrikalande reis om van die moorddadige Chinese bende te vlug. Tydens hul reis deur Zimbabwe, Zambië en Namibië word hul lewe gereeld bedreig. Spannende aksietonele laat die adrenalien behoorlik pomp. Tussendeur al die aksie moet Paul, Karlien en Adriaan die uitdagings en probleme waarmee tieners daagliks worstel, oorkom. Seksualiteit, liefde, vriendskap en lojaliteit word op die manier by die aksie betrek in hierdie verhaal waarin die goeie die bose oorwin en geregtigheid seëvier.

Sweepslag (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Sweepslag (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Paul en Alicia was op die verkeerde plek op die verkeerde tyd - Paul het 'n moord aanskou en Alicia het vir die eerste keer in haar lewe skool ge- bunk omdat sy ontsteld was oor iets wat gebeur het. Die twee hoërskoolleerders van Bloemfontein word saam met ander jongmense gevange gehou in 'n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hulle hul lewens gaan waag om weg te kom. 'n Spanningsvolle verhaal met temas mensehandel, dwelmhandel en moord.

Gif (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard, Franco v. Heyn Gif (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard, Franco v. Heyn
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Joe Schutte en sy pelle, Nathe en Thabo, lewe vir rugby. Alles anders in Joe lewe is so vars soos verlede jaar se brood.

Maar skielik verander iets in die rugbyspan. Dit voel asof hulle spanmaats oornag groter, sterker, beter is. Joe en Thabo verloor hulle plekke in die span terwyl Nathe onseker is oor sy plek. Die drie beraam ’n plan, maar dis onwettig en die risiko is groot. Joe wíl nie, maar besef dat hy nie anders kan as om te help nie. Asof die drek in sy lewe nie genoeg is nie, moet hy hom bekommer oor Sticks en Nina, sy ouer suster, ook.

Dan is daar Joanne. As Joe en Joanne se sterre mekaar gevind het, waarom kan sy ma haar nie verdra nie?

Donkerster (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Donkerster (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R185 Discovery Miles 1 850 Save R55 (23%) Pre-order

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie.

Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante ouer buurseun; en Xander, ’n hardwerkende dromer en doring in haar vlees.

Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie, Julian, besluit om ’n paar aande te help waghou sonder dat hulle ouers weet. Toe dinge skeefloop is almal in gevaar, en dis Carli se skuld. Is daar vir hulle uitkoms?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Hebrides (Islands On the Edge)
Donald Shaw CD R385 Discovery Miles 3 850
Billy Elliot: The Musical - Original…
Martin Koch, Nick Gilpin, … CD  (1)
R58 Discovery Miles 580
Memphis: A New Musical - Original…
Various CD R159 R146 Discovery Miles 1 460
Resistance Radio (The Man in the High…
Various Artists CD R58 Discovery Miles 580
Dark Prophecy (A Level 26 Thriller)
Bill Brown, Various Artists CD R48 Discovery Miles 480
Modern Boy
Original Soundtrack CD R610 Discovery Miles 6 100
Barbie: The Album
Various Artists CD R284 R98 Discovery Miles 980
Fernando Velázquez: Sexykiller (Original…
Fernando Velázquez CD R54 Discovery Miles 540
Hot Mikado (ORIGINAL CAST RECORDING)
David Hunt, Phil Mulford, … CD R41 Discovery Miles 410
Five Guys Named Moe (Original London…
Chris Dean, Colin Graham, … CD R39 Discovery Miles 390

 

Partners