0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments

Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback): Annie Klopper Die Tragiese Saak Van Pamina Vermaak (Afrikaans, Paperback)
Annie Klopper
R325 R279 Discovery Miles 2 790 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie.

Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in Ant Leentjie se gastehuis.

Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lê daar net nog meer komplikasies voor?

Hoe Om Jou Draak Te Tem (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Cressida Cowell; Translated by Annie Klopper
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Hik die Horribale Hamerkop die Derde is 'n fantastiese swaardvegter, 'n draaktemmer en die beste Wikingheld wat al ooit gelewe het. Kan Hik met 'n haasbekdraak die draak-inisiasieprogram slaag en boonop die Seedrakonius Kolossalikus Maksimus verslaan voordat die wreedaardige gedierte elke Wiking op die eiland Berk vermorsel? Dis tyd dat Hik leer hoe om 'n held te wees.

Biografie Van 'n Bende - Die Storie Van Fokofpolisiekar (Afrikaans, Paperback): Annie Klopper Biografie Van 'n Bende - Die Storie Van Fokofpolisiekar (Afrikaans, Paperback)
Annie Klopper
R473 Discovery Miles 4 730 Ships in 4 - 8 working days

Die band Fokofpolisiekar en die woord "kontroversie" gaan hand aan hand. Sedert hul eerste optrede in 2003 het hulle aanhangers gegroei – en hul teenstanders ook. Een ding is seker: Hierdie band kan nie geignoreer word nie. Annie Klopper, 'n deurwinterde musiekjoernalis, is bekend daarvoor dat sy die groep se doen en late oor die jare fyn dopgehou het en hulle selfs die onderwerp van haar meestersgraad in Afrikaans gemaak het. Biografie van 'n bende het hieruit gespruit. In die biografie maak die leser kennis met Francois, Hunter, Wynand, Jaco en Johnny – die vyf lede agter Fokofpolisiekar. Die boek onthul fassinerende inligting wat tot nog toe nie gepubliseer is nie, soos dat die lede grotendeels hul vriendskappe met mekaar in 'n charismatiese kerk gesmee het. Die leser kry insae in hoe hul persoonlike ervarings neerslag gevind het in hul lirieke. Die staaltjies van die vyf vriende wat saam die Suid-Afrikaanse musiekbedryf op sy kop gekeer het, sorg vir baie ligte oomblikke en groot vermaak. Die meeste van die foto's in die boek is tot op datum nog ongepubliseer en vorm saam met die noukeurige navorsing van Klopper ’n moetlees-boek vir elke Fokofpolisiekar-aanhanger, belangstellende of nuuskierige!

Hoe Ek Dit Onthou (Afrikaans, Paperback): Francois Van Coke, Annie Klopper Hoe Ek Dit Onthou (Afrikaans, Paperback)
Francois Van Coke, Annie Klopper
R300 R219 Discovery Miles 2 190 Save R81 (27%) Pre-order

Francois van Coke, die voorsanger van die omstrede rockgroep Fokofpolisiekar, vertel in sy eie stem aan Annie Klopper die gebeure wat hom as mens en musikant gevorm het. Sy perspektief word gebied op mylpale soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, sy sololoopbaan en die sukses van “Toe vind ek jou”. Minder bekende en onbekende verhale word ook vertel oor wilde partytjies, vuisgevegte, dwelms, nagte in ’n tronkselle, liefde, soberheid en pa-wees. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Professor Dumbledore Wizard Wand - In…
 (7)
R839 Discovery Miles 8 390
Hart Easy Pour Kettle (2.5L)
 (2)
R199 R179 Discovery Miles 1 790
Home Classix Placemats - Blooming…
R59 R51 Discovery Miles 510
Butterfly A4 160gsm Board Pad…
R57 Discovery Miles 570
Bostik Glu Dots - Extra Strength (64…
R55 Discovery Miles 550
Dunlop Pro High Altitude Squash Ball…
R180 R155 Discovery Miles 1 550
Garmin HRM-Dual Heart Rate Monitor…
R1,499 R1,259 Discovery Miles 12 590
Mexico In Mzansi
Aiden Pienaar Paperback R360 R281 Discovery Miles 2 810
Snappy Tritan Bottle (1.5L)(Coral)
R229 R180 Discovery Miles 1 800
ShooAway Fly Repellent Fan (Black)
 (6)
R299 R259 Discovery Miles 2 590

 

Partners