0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Kringloop (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Kringloop (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Reine Duvenage, ’n tweedejaar kunsstudent en finalis in die universiteit se debutantekompetisie, trek die aandag van ’n sluipjagter wat jong vrouens teiken. Sy oorleef ’n wreedaardige aanranding, maar hou emosionele en fisieke letsels oor. Pieter Taljaard, die speurder wat die saak moet oplos, se ondersoek lei hom na verskeie mans met wie sy in kontak was.

Gedurende haar herstelproses kwalifiseer Reine deur afstandonderrig as onderwyser. Sy aanvaar as Renette Mouton ʼn pos by ’n plattelandse hoërskool in die laeveld omdat die jagter steeds bedrywig is ná twee jaar.

Haar poging om anoniem te bly en nie weer ’n slagoffer te word nie, word bemoeilik toe mans uit haar verlede onverwags in die dorp opdaag en die sluipjagter haar opnuut begin treiter. Onseker oor die identiteit van die sluipjagter wantrou sy almal, ook Charl de Jongh, die finale jaar kliniese assistent wat haar behandel het, Jacques Ritsen, die verteenwoordiger van Frey Skoonheidshuis wat haar geborg het, Francois Booyens en Carlo von Brandis van Erasmus Foto-ateljee wat haar foto’s geneem het, en die ontwerper, Giorgio van Jolie Mam’selle Boetiek wat haar rok ontwerp het vir die debutantebal. Selfs Stefan Treurnicht, die blinde klavierstemmer lyk vir haar verdag.

Ondanks die teenwoordigheid van haar troue waghond beland sy weer in die sluipjagter se strik. Kan Pieter Taljaard die leidrade betyds ontrafel om ’n moord te voorkom?

Rooigety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Rooigety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Hoe ver sal jy gaan om jou kind te beskerm?

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografieskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën.

Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?

Rooigety is die opvolg van Dooiegety (2019).

Dooiegety (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Dooiegety (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Geliefde inwoner van ʼn kusdorpie sterf in verdagte omstandighede. Haar vriendin Daleen soek na antwoorde maar ontdek net meer raaisels. Kriptiese waarskuwings en haar dogter se verdwyning suggereer ’n verband tussen die moord en vroeëre tienerverdwynings.

Onwaarskynlike Cupido (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Onwaarskynlike Cupido (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Toe haar oorheersende aanstaande Renske se onderwysloopbaan ruïneer, bied haar peetma seer flating ’n nuwe begin. Saam met die huis op Soutbosb aai erf Renske vir Tippie, die opt elhond, en die buurman, Rocco du Randt.

Weens haar vorige ondervinding verwar Renske Rocco se sorgsaamheid aanvanklik met voorskriftelikheid. Maar die troeteldiere dwing hulle toenemend in mekaar se geselskap sodat ’n gemaklike vriendskap tog ontwikkel.

Sal hulle betyds besef die lewe is te kosbaar om op misv erstande te vermors?

Droomwewer (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Droomwewer (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n vernederende insident by die werk, verwag Mariechen Jonker onmiddellike ontslag. ’n Werksaanbod naby Kaapsehoop bied ’n welkome uitkoms, veral omdat sy by haar geliefde tante kan gaan bly.

Die restourasieprojek op Kaapsehoop is ’n lekker uitdaging. Maar dan begin sy vreemde drome droom waarin ’n karakter uit die dorp se delwersgeskiedenis sterk figureer – ’n man wat nes haar werkgewer, Heinrich Retief, lyk.

Op ’n spooktoer tydens die Wildeperdefees, ontdek Mariechen dat drome en werklikheid kan oorvleuel, en dat ware liefde kosbaarder is as goud.

Ballerina En Die Lummel 3 In 1: Bets Smith Ballerina En Die Lummel 3 In 1
Bets Smith
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R181 Discovery Miles 1 810 Ships in 5 - 7 working days

BALLERINA EN DIE LUMMEL:
Ballet is alles in Karmi Schoeman se lewe. Plek vir mans is daar nie, veral nie getroude mans met dwalende oë nie. Dat die lummel van ʼn Jaco Liebenberg haar interesseer, krap net haar planne deurmekaar.

DIE DIVA EN DIE DOKTER:
Van opera weet oor-, neus- en keelspesialis Justin Fincham bloedweinig, maar hy ken 'n mooi vrou wanneer hy een sien. En wanneer sy vra dat hy haar bystaan om van 'n lastige man ontslae te raak, kan hy niks anders as instem nie.

DIE KEER EN VIR ALTYD:
As tiener het Isabeau slegs oë vir die buurseun Wouter gehad. Maar skielik is die ouer en wyser vriend van haar sus, Neil, weer op die dorp en sy kan net lag oor haar tienerverliefdeid van destyds. Dit wat sy vir Neil voel, is meer as net kalwerliefde.

Goue Dagbreek (Afrikaans, Paperback, 2nd Uitgawe): Bets Smith Goue Dagbreek (Afrikaans, Paperback, 2nd Uitgawe)
Bets Smith
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 4 - 6 working days

Die oorlog en Gordon Fraser veroorsaak ’n oënskynlik onoorbrugbare kloof tussen Catriona en Rudolf Dreyer.

Waar daar kort gelede nog liefde was, lees Catriona haat, afkeer en veragting in sy oë. Hy glo sy was vir sy twee broers se teregstelling verantwoordelik en sy kan hom nie bereik om hom van die teendeel te oortuig nie.

Hierdie is die tweede boek in ’n tweeluik na Onder 'n Sterrehemel.

Onder 'n Sterrehemel (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Bets Smith Onder 'n Sterrehemel (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Bets Smith
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 4 - 6 working days

Het sy maar die geheim geken van die nag toe Rudolf Dreyer by haar in die grot gebly het. Hy sestien en sy net agt.

Maar almal swyg daaroor. Haar pa stuur haar weg kosskool toe. En Rudolf vertrek Engeland toe.

En nou, met ’n oorlog op hande, loop Catriona hom weer raak, steeds die man wat haar hart in sy hand hou.

Maar hy vermy haar. Van liefde tussen hulle kan daar nie sprake wees nie, glo hy. Hoe kan dit? Hy betaal nou nog die prys vir jare gelede. En hoe kan sy weet wat sy daardie nag verkeerd gedoen het?

Bloedspoor (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Bloedspoor (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R283 Discovery Miles 2 830 Ships in 4 - 6 working days

Damestudente loop nie meer ná skemer alleen op die kampus sedert ’n reeksmoordenaar vaardig begin raak het nie. Llyn is waaksaam, maar is sy waaksaam genoeg sedert die geheimsinnige man in die biblioteek haar pad gekruis het?

Skrikkelmaan (Afrikaans, Paperback): Bets Smith Skrikkelmaan (Afrikaans, Paperback)
Bets Smith
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R204 Discovery Miles 2 040 Ships in 4 - 6 working days

Beate is die alleenerfgenaam van 'n sakeryk na haar pa se noodlottige motorongeluk. Maar sy kan nie toegee aan die liefde wat soos volmaan op haar lewenshorison kom hang nie - sy gaan nie lank genoeg lewe nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Recovery of Mission
Vinoth Ramachandra Paperback R565 Discovery Miles 5 650
The First Signs of Insanity - Their…
Bernard 1864-1934 Hollander Hardcover R920 Discovery Miles 9 200
Brian Honyouti - Hopi Carver
Zena Pearlstone Paperback R814 R718 Discovery Miles 7 180
Introduction to Quantitative Methods in…
B Kolluri Hardcover R3,551 Discovery Miles 35 510
A Guide to Christ - Or, the Way of…
Solomon Stoddard Paperback R420 Discovery Miles 4 200
Anthony Whishaw - Works on Paper
Richard Davey Paperback R1,282 Discovery Miles 12 820
English Hearts and English Hands - Or…
Catherine Marsh Paperback R571 Discovery Miles 5 710
Canary In A Coal Mine
Farhad Ahrarnia Hardcover R589 R532 Discovery Miles 5 320
Definitions of Some Mathematical Terms…
Brainard M. B. E. Braimah Hardcover R589 R487 Discovery Miles 4 870
The Three Conversions of the Christian…
Kevin E Martin, Robert Michael Lewis Hardcover R587 R531 Discovery Miles 5 310

 

Partners