![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments
Hoe onmasker ’n vrou die man wat haar aanrand sonder om die teiken vir
sy wraak te word?
Vywervrou? Nee, ‘n kaivrou. Dis wat sy is.
Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel. Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters – die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste ’n bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes aflê. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy ’n kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand – raaiselagtig genoeg, telkens op ’n betekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar ’n huurpag op ’n gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop – nie soseer met geld nie, maar met ’n veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug ná ’n twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter die huurpag wat haar peetma hou. ’n Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.
Kan sy nog enige sin in die lewe vind as dit voel asof haar slagaar
deurgesny is?
Die mistigheid is klam en koel en dwarrel in vlae teen haar vel. Sy sak weg daarin. Los daarin op. Die mis rol nog digter teen haar aan, begin haar versmoor. Sy asem die digte klamheid hortend in. Nou is dit ook binne-in haar. Sy stoei vir asem ... Die droomwip moes haar drome verklaar, maar sy weet steeds nie wat hulle inhou nie. Die runesteen moet haar beskerm, maar die eerste aand op die plaas in die Maluti's is daar ʼn moord. Die antieke manuskrip kan dalk haar toekoms verseker ... as sy oorleef.
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ʼn ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ʼn winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ʼn vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met ʼn sterwende vrou en ʼn kind wat Lira haat. Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ʼn waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal ʼn man sy taaibosspies deur ʼn vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet. Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.” Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.
Sacrificed is the English translation of Offerlam. The Congo, 1961: A man is murdered in cold blood and his beloved is left for dead. Fifty-three years later, Caz Colijn receives a phone call that tears her out of her reclusive life. In Belgium, where she tries to trace her and her daughter’s family origins, it becomes clear that that country’s colonial past has had as much impact on her life as the apartheid years in South Africa did. The phone call Professor Luc DeReu receives is less traumatic, but he too is ripped out of his familiar orbit when the woman he blames for his father’s premature death re-enters his bland existence. In the meantime, Erevu and his grandson must trace the nkisi taken from them more than five decades ago in order for them to fulfil their holy mission. When the paths of this group of people cross, it leads once again to murder.
|
You may like...
Flexible Bayesian Regression Modelling
Yanan Fan, David Nott, …
Paperback
R2,550
Discovery Miles 25 500
Creativity and Innovation - Cognitive…
Simona Doboli, Jared B. Kenworthy, …
Hardcover
R4,055
Discovery Miles 40 550
Automata, Universality, Computation…
Andrew Adamatzky
Hardcover
High Performance Computing in Science…
Wolfgang E. Nagel, Dietmar H. Kroener, …
Hardcover
R6,047
Discovery Miles 60 470
Econophysics of Agent-Based Models
Frederic Abergel, Hideaki Aoyama, …
Hardcover
|