Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 14 of 14 matches in All Departments
Die pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gebeur as mens te veel wortels eet! En jy gaan op die grond rondol as jou maats moet verduidelik waarom hulle kies om ’n mak krokodil se tande te borsel óf eerder in ’n swembad vol spoeg sal swem!.
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in Laerskool Katedraal wat van Katalonië af kom. Maar skielik dink almal Leo was die dief! Hoe gaan hy sy onskuld bewys en vir Spiertier uitvang? En wie gaan die talentkompetisie wen?
Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
Jason wil graag eendag 'n fyngebaksjef word. Hy en sy twee beste maats, Tando en Claudia, neem saam bakklasse en besluit om in te skryf vir Bohaai! 'n bakkompetisie wat op TV uitgesaai word. Maar gaan Minette, Jason se grootste kompetisie, ook deelneem? Wie moet hy kies om in sy span te wees? Hoe gaan hy keer dat Minette wen? Veral as hy met goed soos deegmonsters, stink koekies en resepte in vreemde tale te doen kry?
WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets
asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van
Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek
en besluit op Die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in 'n vreemde
oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom,
loop dinge lelik skeef. Nou is hulle Die Drie Muskiete! En hulle moet
'n węreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind
huis toe.
Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt
intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is
onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die
spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige
huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak
voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te
keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie,
Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.
Vir sy 10de verjaardag wens Jaco net vir een ding: 'n hond! En hy wil 'n hondepartytjie hę, met hondekolwyntjies. Maar gaan sy ouers vir hom die geskenk van sy drome gee? Sal sy gunsteling-sanggroep, Wagter en die waghonde, by sy partytjie kan wees? En wie moet hy nooi: net sy maats wat van honde hou of almal in sy klas? En wat moet hy doen as sy partytjie skielik heeltemal skeef loop, of as die hond wat hy kry in iets eienaardigs verander? 'n Storie propvol kinkels en keuses!
Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwęreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen? 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaardige Wayne ontmoet, vind sy boonop uit dat die skrootwerf meer as een spokerige geheim wegsteek . . .
Die tingerige Wian is baie opgewonde wanneer hy uiteindelik in pleegsorg geplaas word en van die weeshuis kan ontsnap. Net jammer dat die oorgewig boelie, Pierre, saam met hom by dieselfde gesin gaan woon. Maar Wian se nuwe ouers is glad nie gaaf en ordentlik soos hy hom voorgestel het nie. Inteendeel, hulle maak hom doodbenoud. Veral toe hulle hom voorstel aan sy nuwe "suster", Cornelia - 'n massiewe, mak krokodil wat in die agterplaas woon.
A catastrophe has hit Catfield! The money Lady Elmaine Koontz sponsored as prize for the talent contest has been stolen from Headmistress Cataclysm's desk. Leo is sure it was that bully, Clawd. Of course tigers are always looking for trouble! Or maybe it has something to do with the strange new pupil in Cathedral Primary, Gato, who came all the way from Catalonia. But suddenly everybody starts to suspect Leo. How will he prove his innocence and reveal the truth about Clawd?
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die geskiedkundige begraafplaas op die bult en die legende van die meisie in die maanlig. Wie is die vrou in die swart lykswa wat Babette agtervolg? En waarom sien haar nuwe vriendin, Avani, ook die aaklige toneel wat een middag haar kamer afspeel? Babette moet veg vir haar lewe wanneer sy haar vasloop in 'n horde grillige zombies. Maar sal sy haar grootste vrese kan oorkom?
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn . . .
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is die kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ook 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?
|
You may like...
|