0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Lien se Lankstaanskoene (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt 1
R260 R232 Discovery Miles 2 320 Save R28 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Lien is die oudste kind in ’n disfunksionele huishouding, waar die status van die gesin van welgesteld tot armblankes verander het weens die misbruik van trustfondse deur haar prokureurspa, nou ’n gevangene, en haar ma weens haar onvermoë om die situasie te verwerk, ’n alkoholis word. Al wat oorbly van die glans van ’n vroeë lewe is ’n woordlose video met grepe uit gelukkige tye saam. Die besorgheid van ’n buurtannie help in die donkerste ure van die gesin, terwyl dit nodig word vir Lien om uit te spring om brood op die tafel te sit.

Vir haar en haar jonger broer, Braam, oor wie sy besorg is, is daar aanpassingsprobleme by die nuwe skool, maar deur veral twee vriende, Wouter en Mimi, elk met hulle eie verwondheid, herwin Lien vir haar ’n eie plek. Sy doen naskool loswerkies vir ’n inkomste, veral om die aand kos op die tafel te kry en te spaar vir wanneer sy eendag oorsee kan gaan. Die behoeftes van die gesin kan egter nie alleen deur die wisselvallige inkomste aangespreek word nie.

Terwyl haar ma se alkoholisme tot tragiese dieptes verval, begin sy in ’n vermomming op ’n straathoek bedel, waar sy randkarakters soos Roos en Tibbey leer ken en sy geleidelik hulle vertroue en vriendskap wen. Ondanks uitdagende omstandighede slaag sy daarin om ’n verantwoordelikheidsin te kweek wat hulle posisie as gesin ook geleidelik positief beinvloed. Die wyse waarop sy op haar gesins- en persoonlike uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede te maak met haar verlede.

Vanaf die aangrypende openingstoneel word die aandag geboei met stilistiese vernuf, oortuigende karakterisering en geloofwaardige ruimte-beelding. Die skrywer het ’n oorspronklike aanslag wat gereflekteer word in die oorspronklike taalgebruik en skerp, vermaaklike dialoog. Respek vir die woord staan sentraal in hierdie manuskrip.

Die gang van gebeure word so gestruktureer dat die leser meegevoer word en dit moeilik vind om die manuskrip neer te sit. Die narratief word effektief afgewissel met beskrywings van klanklose ou video-grepe. ’n Uitgebreide verwysingsraamwerk van musiek en ander motiewe word deurgaans gehandhaaf en uitgebou – so word die verhaal effektief gelaai met sekondêre betekenislae.

Hierdie verhaal spreek ook van ’n maatskaplike gewete wat dit vierkantig plaas binne die konteks van ons sosio-politieke landskap. Dit is ’n verhaal wat die leser subtiel uitdaag om verantwoordelikheid te neem vir sy eie geluk en om die goeie in mense en situasies raak te sien, wat werklik ’n vars briesie is.

Willem Poprok: Gr 8 (Afrikaans, Paperback, School ed): Derick van der Walt Willem Poprok: Gr 8 (Afrikaans, Paperback, School ed)
Derick van der Walt
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Partymaal draai die lewe anders uit as wat jy dit in jou wildste drome voorgestel het. Vir Willem van Vuuren is die skool eerder 'n nagmerrie as die avontuur waarop hy gehoop het. Want almal eis hulle pond vleis van hom: Daar is die vreemde karakters in die kunsklas waarin hy per ongeluk beland, die rugbyspan waarin hy ter wille van sy pa se Twickenham-knie moet vasbyt, en die simpel kompetisie waarvoor sy broers hul pa wil inskryf. Dalk is juffrou Blom reg: Partymaal moet jy jou eie kop volg. En sy behoort te weet, want sy kan 'n rugbybal skop dat dit klein word. Willem Poprok is bekroon met 'n Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur (2009), die M.E.R.-Prys vir Jeugliteratuur (2011) en die Scheepersprys vir Jeugliteratuur (2013). Hierdie skooluitgawe van Willem Poprok is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van 'n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.

Hoopvol (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Hoopvol (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt
R263 R235 Discovery Miles 2 350 Save R28 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Hoopvol is die verhaal van 'n 16-jarige jong man, Ben de Koker, wat 'n soektog onderneem na sy pa, wat hy nooit ontmoet het nie, nadat sy ma en suster omkom in 'n brand in Mayfair, Johannesburg. Parallel aan die narratief ontvou die verhaal van die 18-jarige Natalie, 'n weeskind wat op die Karoo-dorpie Hoopvol woon by die plaaslike pastoor en sy vrou.

Willem Poprok (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Willem Poprok (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R254 Discovery Miles 2 540 Ships in 4 - 6 working days

Die Van Vuurens van Pretoria besit die Blou Bul Slaghuis in die Mall. Daar is drie seuns en 'n laatlam-sussie. Die hoofkarakter is die jongste seun, Willem, wat 'n besondere band met sy jonger sussie het. Ondanks druk van sy pa om as rugbyspeler uit te blink, wil hy eerder kunsklasse loop. Hy is ook verlief op Oom Ravi, sy pa se vennoot, se dogter Alesea.

Bambaduze (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Bambaduze (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 6 working days

Na sy broer se dood en sy ma wat hulle verlaat het om in Engeland die trauma van haar kind se dood te probeer ontvlug, lei Jurie en sy pa 'n afgesonderde lewe in Pretoria. Maar Jurie, 'n gemiddelde Gr 11 seun, lei 'n dubbele lewe. Hy steel karre, maar ook nie werklik steel nie: hy gaan ry 'n paar draaie en parkeer dan die motor iewers. Dit is sy manier van ontvlugting van die trauma van sy broer se dood en die verbrokkelde verhouding met sy pa. Wanneer hy die eerstejaarstudent Nandi Ngobeni ontmoet, kan hy vir die eerste keer praat oor wat hom so diep ontstel, maar Nandi het ook haar eie probleme. Hierdie boek verwoord 'n seun se uiting van verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring, en is uiteindelik 'n wonderlik inspirerende storie van die heelwordproses na trauma.

Toring Van Jasmyn (Afrikaans, Paperback): Derick van der Walt Toring Van Jasmyn (Afrikaans, Paperback)
Derick van der Walt
R255 R228 Discovery Miles 2 280 Save R27 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toring van Jasmyn speel in die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en "nuwe boetie'' Neil (hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk, verken die tieners die pragtige besienswaardighede en raak bevriend met twee plaaslike tieners, Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig om die Combrinks se vakansie in ’n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se onlangse egskeiding en moet Neil die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard in ’n avontuur wat die Combrinks nie sommer sal vergeet nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Aksie-Bybel - Helde En Skurke
Paperback R229 R211 Discovery Miles 2 110
Preaching the Story That Shapes Us
Dan Boone Paperback R473 R446 Discovery Miles 4 460
Lamenting Racism Participant Journal - A…
Rob Muthiah Paperback R250 R228 Discovery Miles 2 280
Spanish with a Mission - For Ministry…
Mirna Deborah Balyeat Paperback R590 R423 Discovery Miles 4 230
Tongues of Fire - 40 Devotional Insights…
Peter deHaan Hardcover R626 Discovery Miles 6 260
The Good Work Begun - Spiritual Counsel…
Thomas Vincent Paperback R144 Discovery Miles 1 440
The Improvement of the Mind - the Second…
Isaac Watts Paperback R536 Discovery Miles 5 360
Serving the Church, Reaching the World…
Richard Cunningham Paperback R313 Discovery Miles 3 130
77 Ways Your Family Can Make a…
Penny A Zeller Paperback R347 R326 Discovery Miles 3 260
A Curious Student's Guide to the Book of…
Reuven Travis Hardcover R823 R712 Discovery Miles 7 120

 

Partners