0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (3)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments

Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.

Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ’n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ’n soeke na ’n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ’n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed): Dolf van Niekerk Skrik Kom Huis Toe (Afrikaans, Paperback, 3rd ed)
Dolf van Niekerk
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

'n Jeugverhaal wat ook geskik is vir volwassenes. Met Dolf van Niekerk se intieme kennis van die kind, skryf hy vanuit 'n kind se oogpunt oor “die buitestaander/outcast”. Verskeie kwessies wat 'n kind na aan die hart le word aangeraak, soos: gebroke families, tekort aan aandag en liefde, drome en standvastigheid. Albert is eensaam. Hy kom uit 'n gebroke huis waar daar baie gehuil en min gelag word. Hy ken nie sy stiefma nie en dis asof sy pa net 'n kuiergas in die huis is. 'n Posduif bring nuwe hoop en opwinding in sy lewe. Die tuin word sy veilige hawe – die plek waar hy net homself kan wees en vrylik mag liefhe. 'n Jeugboek wat meer as net 'n ontspanningsboek is. As jou kind hierdie eers gelees het, sal sy vir die res van haar lewe opkyk as sy die geruis van duifvlerke hoor. Sy sal deernis he met haar maats wat uit gebroke huise kom, want sy sal besef dat hulle dit nie maklik in die lewe het nie. Sy sal nooit net niks kan voel as sy 'n dooie posduif in die pad sien le nie. As sy dikbek of sleg voel, sal sy uitwyk na die stilte van die tuin. En as iemand haar drome bedreig, sal sy hulle op 'n afstand by die diere stilletjies sit en vloek. – Keina Swart

Die Son Struikel (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Die Son Struikel (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R172 Discovery Miles 1 720 Ships in 4 - 8 working days

Met hierdie verhaal fokus Dolf van Niekerk weer eens op “die buitestander/outcast”. Die buitestander se groot verlange is om nie 'n buitestander te wees nie, maar deur omstandighede is hy gewerp in 'n situasie van eensaamheid waaruit hy nie kan ontsnap nie. Die grootste behoefte van die buitestander/uithuisige figuur is om “tuis” te kom. Die jong rebel, Diederik Versveld, is 'n buitestander – alleenmens, enkeling, vreemdeling op aarde. Hy is opsoek na lig – hoop, uitkoms, rede. Na sy broer se wrede dood gedurende die 1914-rebellie, begin hy by die goudmyne werk waar hy onwillig betrek word by die mynstakings. Hy word willoos deur die onstuimigheid van sy tyd rondgeslinger, maar vir hom is daar niks wat 'n standpunt werd is nie – hy is niemand, niks, nerens.

Kroniek van turf (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Kroniek van turf (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R61 Discovery Miles 610 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie novelle sluit aan by twee vorige prosawerke van Dolf van Niekerk, naamlik die jeugverhaal Karel Kousop (1985) en Koms van die hyreen (1994). Kroniek van turf is gedeeltelik ’n prequel vir die vorige twee boeke. Dit vertel die geskiedenis van Gerrit, ’n werknemer van die VOC, wat in die 18de eeu begin boer op ’n leningsplaas in die Roggeland. Omstandighede dwing hom om na die distrik Swellendam te verskuif. Sy twee seuns, Johannes en Daniel, soek albei later ook na ’n veiliger blyplek, aanvanklik in die Kamdebo. Onrus op die Oosgrens laat hulle verder trek; Johannes na wat tans die Vrystaat is en Daniel saam met die Voortrekkers na Natal, waar hy en sy vrou slagoffers van die Bloukransmoorde word. Waar Johannes hom op ’n plaas tussen die Riet- en die Modderrivier vestig, maak hy weer kontak met die Kousop-Boesmans wat hy vroeer naby die Gariep ontmoet het. Tussen Johannes se nageslag en die Boesmans ontwikkel ’n vae, onsekere band wat oor meer as ’n eeu sou strek. Onverwags maak een van Johannes se nasate, Johan, tydens die Bosoorlog kennis met ’n Boesmanspoorsnyer wat ook ’n Kousop-nasaat blyk te wees en wat ’n bepalende rol in ’n grondeis op Johan se plaas tussen die twee riviere sou speel.

Lang Reis Na Ithaka (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Lang Reis Na Ithaka (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days
Bleek Planeet (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Bleek Planeet (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R61 Discovery Miles 610 Ships in 4 - 8 working days

Reeds in die eerste gedig word die leser gekonfronteer met die belangrikste tema van die bundel: "die aarde se beskeie plekkie in die niet". Met die kommer oor die bedreiging van die balans in veral die kwesbare Karoo is Dolf van Niekerk se vyfde digbundel baie tydig.

Portrette in My Gang (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Portrette in My Gang (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R58 Discovery Miles 580 Ships in 4 - 8 working days

In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat 'n betekenisvolle rol in sy lewe gespeel het. Die digbundel word as 't ware 'n klein galery van skilderye wat momente in die skrywer se lewe vasvang. Die openingsgedig “Vergange” bevat 'n sleutel: Die gedigte handel wesenlik oor daardie oomblikke wat huiwer tussen “aankoms en vertrek”, oomblikke waarin die tyd “saamvloei in die nou / se durende verlede.” Daarom dra die beroemdheid of uiterlike belangrikheid van die onderwerp nie gewig nie: Gedigte oor figure soos pous Julius II, Albert Schweitzer en Peter Blum staan naas gedigte oor die skrywer se moeder wat hy vroeg verloor het, oor sy vader, 'n stoere wildeseringboom en 'n gunsteling-posduif. Daar is ook gedigte oor magiese oomblikke, soos 'n besondere orkesuitvoering in Tel Aviv, 'n nag by die see en 'n oesdag in die Overberg wat herinner aan 'n Van Gogh-skildery. Dit is 'n ontroerende bundel waarin die digter nie net sin uit sy eie lewe probeer maak nie, maar ook besin oor beskawing en by monde van Bartolomeus Dias “vermoed: Afrika duld nie vreemde goed”.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Razer Kaira Pro Wireless Gaming…
R3,656 Discovery Miles 36 560
Shield Fresh 24 Gel Air Freshener…
R31 Discovery Miles 310
Puzzle Sets: Sequencing
R59 R56 Discovery Miles 560
Efekto Roundup - Ready-To-Use Weedkiller…
R341 Discovery Miles 3 410
Shield Petrol Injector Cleaner (350ml)
 (2)
R45 Discovery Miles 450
Too Beautiful To Break
Tessa Bailey Paperback R280 R224 Discovery Miles 2 240
Wonder Plant Food Stix - Premium Plant…
R49 R41 Discovery Miles 410
Cable Guys Controller and Smartphone…
R399 R359 Discovery Miles 3 590
Rhodes And His Banker - Empire, Wealth…
Richard Steyn Paperback R330 R220 Discovery Miles 2 200
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300

 

Partners