![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Skipper Mias Mulder keer uit Walvisbaai terug na Ei-Land aan die Weskus toe hy hoor dat ’n ander man by sy verloofde kuier. Hy leen ’n motorfiets en pak die lang rit na sy tuisdorp toe aan. Op pad kom hy ’n vrou, Carminda, teë wat gestrand is en ’n geleentheid soek. Sy ry agterop die motorfiets saam en klou styf aan hom vas. Eers geleidelik word haar hartseer herkoms bekend. Hulle noem haar Carminda is ’n verhaal van liefde wat byna alles bedek, hoewel spoke uit die verlede bly pla.
Diepsee is ’n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het. Die uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: “Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgele word.” Daar is verlate soutpanne waar mense na jare se saamwoon mekaar eindelik leer ken; wraaksugtige vuurgeeste wat besweer moet word en huwelikspaaie vol duwweltjies om te bewandel; ’n jong man wat vreemde draaie op land en see loop om die Nagmaalvieringe te kan bekostig. Die swaar lot van vroue en kinders in die onherbergsame wereld, in ’n tyd toe die beskawing nog ver kon voel, word subtiel en treffend geteken. So ook die swaarkry van ’n vissermanslewe, maar altyd met die oog ook op die mooie, die humoristiese. Die unieke landskap is aan die verteller en mensekenner so intiem bekend dat die leser moeiteloos saamreis daarheen.
Die vroee 20ste eeu. Klein Kattie, met Kat op die skoot, hoor die familiestories: als oor hoe die voormense beroof is - en Pa wat slaap in die buitekamer! As kinderoppasser by vername mense leer sy later 'n fyner lewe ken, maar toe sy 'n onbesonne huwelik aangaan, draai Kattie se pad af. In Soetloop keer Kotze terug na haar geliefde Weskus-milieu. Nes in Hoogty is hier meelewende insig in ’n brak lewenspad - maar tog met sy varswater-soetlope.
Toring le langs die Weskus, 'n afgelee gehuggie waar 'n hand vol bewoners sukkel-sukkel 'n bestaan probeer maak. Dis midde-in die Tweede Wereldoorlog en tye is swaar. 'n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word. Min weet die drie steunpilare op die dorp, Smittie Steyn, Kerneels Koch en Ockert Blankenberg, dat die storm 'n nuwe era op Toring ingelei het, dat hul Toring nooit meer sal wees soos dit was nie. 'n Roman - die eerste ooit - deur die befaamde kortverhaalskrywer E. Kotze.
|
You may like...
Confessing History - Explorations in…
John Fea, Jay Green, …
Hardcover
R3,323
Discovery Miles 33 230
|