0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (6)
  • R250 - R500 (5)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 13 of 13 matches in All Departments

Decima (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Decima (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
R330 R274 Discovery Miles 2 740 Save R56 (17%) Ships in 5 - 10 working days

In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het.

Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink.

Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.

Ek Stamel Ek Sterwe (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Ek Stamel Ek Sterwe (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land uit: Australië toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op sy bene begin uitslaan en hy begin siek word.

Brouhaha (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Brouhaha (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R210 R109 Discovery Miles 1 090 Save R101 (48%) Ships in 5 - 7 working days

Eben Venter se Brouhaha-rubriek is by verre die gewildste in die Saterdag-BY. Sms'se van lesers stroom weekliks in: 'Ek hou so baie van Eben Venter se Stoney-stories. Hy doen meer om begrip en selfs bewondering van die gehate Oz by ons rotsvaste ek- sal-nooit-emigreer-Suid-Afrikaners te vestig as enigiets of iemand anders.' Ook: 'Eben Venter se woordkuns is soos 'n oase in die BY-woestyn.' Geniet die keur uit sy allerbeste Stoney-stories, 'n handvol onverbeterlike resepte met sy verstommende Brouhaha-vertellings as bonus. Brouhaha is nou in boekvorm beskikbaar op aandrang van die leserspubliek.

Wolf, Wolf (Paperback): Eben Venter Wolf, Wolf (Paperback)
Eben Venter; Translated by Michiel Heyns
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R93 Discovery Miles 930 Ships in 4 - 6 working days

He presses the button to activate the screen of the CCTV system: two sharply pointed dog's ears. A wolfhound; except that a wolfhound can’t reach that high. He keeps the button pressed in and peers at the blue-grey night scene of the pavement and the section of the road covered by the cameras at the gate. The dog’s head, abnormally large, stares back at him. There’s something about the hairiness of the dog hairs and the oddly impassive gaze of the dark pin-hole eyes that doesn’t seem quite right. And where’s the rest of the dog-creature’s body? He knows who it is even before the deliberately-gruffened voice comes over the intercom. ‘Matt,’ says the dog-muzzle, ‘it’s me. Please open up.’ Mattheus Duiker, the only son of Benjamin Duiker, the former owner of Duiker’s Motors, opens the gate of their Cape Town mansion to his lover, Jack. Disguised as a wolf, Jack invades the intimate darkness in which Matt is waiting for his father to die and for his own life to take off. Shiny-eyed at the prospect, the two young men sneak past the study where the old blind man, dwelling on melancholy attachments and sombre suspicions, sits listening for the footfall of death. Eben Venter’s novel is an unsparing investigation into the relation between a father and his son, into the disenfranchisement of a man who can glean scant wisdom from the past to equip him for life in a rapidly changing dispensation. Passionate. Disturbing. A masterly unravelling of the fragile thread of feeling – Eben Venter at the top of his game.

Foxtrot Van Die Vleiseters (Afrikaans, Paperback, Reissue): Eben Venter Foxtrot Van Die Vleiseters (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Eben Venter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R215 Discovery Miles 2 150 Ships in 4 - 6 working days
Groen Soos die Hemel Daarbo (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Groen Soos die Hemel Daarbo (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 5 - 7 working days

Simon is ’n wereldreisiger, vertroud met die reels van vryheid en ongebonde plesier. Van Bali tot Melbourne, van Tokio tot Kaapstad, soek hy ontmoetings en ervarings op. Deurentyd keer herinneringe terug: kleintyd in die Oos-Kaap, sy pa, die plaas en voorligting aan die hand van ’n beesboerdery. In sy sielkundige se spreekkamer bind Simon die grepe van oomblikke en ervarings saam, met dr. Spiteri se insigte. ’n Vreeslose verkenning van moderne seksualiteit, intimiteit, en identiteit.

Horrelpoot (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Horrelpoot (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R257 Discovery Miles 2 570 Ships in 4 - 6 working days

Horrelpoot is die verhaal van Marlouw en sy lewensveranderende reis. Op ’n reënerige nag in Australië ontvang hy ’n oproep van sy suster met die versoek om haar seun te gaan haal ‘uit daardie donderse land.’

Marlouw het twee gebreke: sy mank voet en sy verstokte gees. Hy glo egter dat dit sy lot is om dié opdrag uit te voer en – op die spore van Marlow in Joseph Conrad se Heart of Darkness – vertrek hy na Afrika. Meer spesifiek, Suid-Afrika: ’n land wat ná ’n ontploffing in puin lê en ineenstort onder die geweld van strydende faksies.

Marlouw se opdrag is om Koert te vind en terug te bring. Daar is gerugte dat Koert op die ou familieplaas woon wat nou deur die vorige arbeiders bestuur word. Dat hy daar ’n magtige ryk opgebou en homself tot Koning van Vleis verklaar het.

Op dié verskrikking van ’n reis kloof Marlouw die hart van vrees oop en keer terug as ’n meer vitale, maar vir ewig bevlekte mens.

Ek stamel ek sterwe (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Ek stamel ek sterwe (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R246 Discovery Miles 2 460 Ships in 4 - 6 working days

Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land uit: Australie toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op sy bene begin uitslaan en hy begin siek word. Die toetse is positief, en hy moet klaarmaak, vrede maak. In 'n beheerste proses van heroise afmetings konfronteer Konstant, en le hy af - elke vriendskap en verwantskap, sy sinnelike liefde vir die lewe, en in 'n geinspireerde deurgang, uiteindelik die lewe self.

12 (Twaalf) (Afrikaans, Paperback): Eben Venter 12 (Twaalf) (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days
Wolf, Wolf (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Wolf, Wolf (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
R540 Discovery Miles 5 400 Ships in 18 - 22 working days

Daar is iets aan die stil blik van die donker oe wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheus wat dit is. "Matt," se die hondebek, "dis ek. Maak oop asseblief."

Mattheus Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker's Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos 'n wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sy lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood.

Eben Venter se roman is 'n diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van 'n man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir 'n lewe in 'n snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. 'n Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel – Venter aan die toppunt van sy vermoens.

Santa Gamka (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Santa Gamka (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 4 - 6 working days

Lucky is 'n rentboy. Die vryhede wat die nuwe demokratiese bestel het, het hy nie benut om geleertheid te bekom nie. Al is hy begaafd. Hy het ook nie die politiek aangegryp nie. Al loop hy oor van charisma. Lucky vier sy vryheid op die direkste moontlike manier, naamlik met die lyf, en aan enigeen wat kan betaal - man, vrou, oud en jonk, boer en burgemeester - bied hy die ekstases van die lyf. En op die Karoodorp Santa Gamka versmelt al die opsigtelike verdeelthede ondergronds tot 'n poel kolkende begeerte. Wit en swart, bodorp en onderdorp, boer en plaaswerker, toeris en dorpenaar, wankel almal heerlik preker saam op die donker ondergrond waar Lucky sake roer.

My beautiful death (Paperback): Eben Venter My beautiful death (Paperback)
Eben Venter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R141 Discovery Miles 1 410 Ships in 4 - 6 working days

Konstant Wasserman rebels against his people, culture and country. In his own words: I'm going to get the hell away from here and make the life I want somewhere else. Thus he migrates to Sydney, Australia where he slips into a new way of life - a vegetarian diet, a crazy hairstyle and an adventure with the sexually ambivalent Jude. With this "dark horse" of his he arrives at places where he'd never wanted to go. In the Wollondilly wilderness west of Sydney he discovers the first symptoms of a terminal disease. Now his real journey starts.

Trencherman (Paperback): Eben Venter Trencherman (Paperback)
Eben Venter
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R190 Discovery Miles 1 900 Ships in 4 - 6 working days

Trencherman is the story of Marlouw's life-changing return to a post-apocalyptic South Africa - but it is also a voyage into the self.

One stormy nignt in Australia, Marlouw receives a call from his sister to save her son from 'that bloody country'. Handicapped by a clubfoot and a prudent spirit, Marlouw nevertheless answers what he perceives to be the call of destiny. In a journey recalling that of Marlow in Joseph Conrad's Heart of Darkness, he departs for Africa. Marlouw's quest is to find his adventurer nephew, Koert, and to return him to the safety of Melbourne. There are rumours that Koert has ended up on the old family farm, now owned by the former workers, and that he has built himself an empire as the King of Meat.

Venter portrays a turbulent, ruined South Africa where the socio-political landscape is riven by factions, and the infrastructure is in ruins after a massive explosion in the south of the country. As the Journey progresses, the primal fear that haunts Marlouw and has devastated his people is relentlessly exposed.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Cable Guys Controller and Smartphone…
R433 Discovery Miles 4 330
Transcend MTE110 TS128GMTE110S Internal…
 (1)
R837 Discovery Miles 8 370
Sony PlayStation 5 HD Camera (Glacier…
R1,299 R1,229 Discovery Miles 12 290
Ultra-Link Biometric Fingerprint…
R3,499 R2,999 Discovery Miles 29 990
LSD
Labrinth, Sia, … CD R409 Discovery Miles 4 090
Dala Lino Carving & Printing Kit
R602 Discovery Miles 6 020
Elecstor 18W In-Line UPS (Black)
R999 R359 Discovery Miles 3 590
Karcher FP 303 - Floor Care For…
R349 Discovery Miles 3 490
Polaroid Bluetooth True Wireless Series…
R350 Discovery Miles 3 500
Peptine Pro Equine Hydrolysed Collagen…
R699 R499 Discovery Miles 4 990

 

Partners