0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (1)
  • R500 - R1,000 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 37 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R538 Discovery Miles 5 380 Ships in 10 - 15 working days

Met die oorspronklike publikasie van die drie romans oor die wel en wee van vier geslagte Meissners het Ena Murray opnuut haar status as koningin van die Afrikaanse liefdesverhaal gestand gedoen. Die drieluik bestaan uit: Die Meissner-kliniek, waar ons die die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek en sy gedugte span dokters ontmoet. Die vrede word in 'n oogwink omvergewerp wanneer 'n nuwe trolliejoggie daar begin werk ... Dokter Julene, waar Julene die veilige hawe van die Meissner-kliniek verlaat om by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit ... en dan onverwags in Istanboel beland. En Die ongebore uur, waar Inge Buchner, die agterkleindogter van dr. Albert Meissner, alles in haar vermoe doen om te probeer verseker dat iemand met die van Meissner weer aan die hoof van die kliniek sal staan.

Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Keur 18 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R260 R227 Discovery Miles 2 270 Save R33 (13%) In Stock

In Eiland in die son​ begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met ’n geheimsinnige vreemdeling en ’n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in ’n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van ’n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie.

Andrea Smit besluit om haar pa op ’n avontuur te vergesel in Señor die seerower – min wetende dat haar pad op ’n tropiese eiland met dié van ’n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland . . .

In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van ’n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.

Omnibus 39 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 39 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R551 Discovery Miles 5 510 Ships in 10 - 15 working days

In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil hê nie. Die oplossing: hulle soek eerder sélf 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. In Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? En jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? En in Wag-'n-bietjiebos van die liefde ondersoek die maatskaplike werker Lisbe Erwee 'n nuwe geval in Keerboomstraat en word onvermydelik in die wag-'n-bietjiebos van die lewe vasgevang.

Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Omnibus 38 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R526 Discovery Miles 5 260 Ships in 10 - 15 working days

In Die Tonnel word die verlamde Ilse deur haar vader se testament verplig om langs vele kronkelpaaie te reis voor sy die eindpunt van die lang, duister tonnel kan bereik en haar droomster kan gryp.

In Keerkring Van Die Hart het Kasper ’n vergeefse droom oor die hooghartige Liesel. Kan dié skugter man tot haar redding kom, al het sy met ’n swierbol getrou?

En in En Die Klippe Sal Uitroep is Emile, kroonprins van modelplaas La Rhône, ’n gesogte vangs onder die skone geslag, maar by nuwe verpleegsuster Miempie, ’n kampvegter vir menseregte, loop hy sy rieme styf .

Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Omnibus 36 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R522 Discovery Miles 5 220 Ships in 10 - 15 working days

In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wereldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer ... En in More le ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe 'n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word 'n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie.

Ena Murray Omnibus 40 (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Omnibus 40 (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R552 Discovery Miles 5 520 Ships in 10 - 15 working days

Drie van Ena se gunstelingverhale in haar laaste omnibus: In Sonneblomstraat 7 bied 'n sopkombuis se bedrywighede vir Wanya 'n veilige hawe, maar alles verander wanneer haar man uit die tronk vrygelaat word. In Die uurglas loop leeg word Karien se man ernstig beseer en vind sy dat sy hunker na nie net een nie, maar twéé dokters. En in Die dae van ons nietigheid is Lizl en Willem, twee mediese topstudente, voortdurend in wedywering met mekaar. En die liefde hou nie van kompetisie nie . . .

Ena Murray Omnibus 35 - Die Vrou In Die Spieël / Die Oujongnooi Van Polkadraai / Die Kleine Kring (Afrikaans, Paperback): Ena... Ena Murray Omnibus 35 - Die Vrou In Die Spieël / Die Oujongnooi Van Polkadraai / Die Kleine Kring (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R524 Discovery Miles 5 240 Ships in 10 - 15 working days

In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!

In Die oujongnooi van Polkadraai gebruik Silpa haar besonderse grimeertalent om haarself ’n volle twintig jaar ouer te laat voorkom – sy beeld ’n middeljarige oujongnooi uit wat aansoek doen om die pos van huishoudster vir twee jong kinders. Maar sy het nie rekening gehou met die streng dog aantreklike pa van die kinders nie.

En in Die kleine kring lig Henda se verloofde haar ’n maand voor hul troue in dat hy ’n ander vrou liefhet. Om aan die lewe te bly aanvaar sy ’n pos as huishoudster op Brakrivier, maar die opset waarin sy haar bevind is veel anders as wat sy haar dit voorgestel het . . .

Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R350 R259 Discovery Miles 2 590 Save R91 (26%) Pre-order

Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en spanningsverhale word hier byeengebring:

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met 'n koerantberig oor 'n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? Êrens, verskuil in die mis tussen die mistieke Zimbabwe-ruïnes, lê die antwoord.

In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Böhm aan hom 'n unieke opdrag: dié aangewese "Suid-Afrikaanse James Bond" moet saam met 'n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses so skandelik
gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.

En in Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, ontvlug. Maar die verlede het ’n manier om 'n mens te agtervolg . . . Terreuraktiwiteite en dwelmsmokkelary vier hoogty – en kort voor lank word sy in ’n
web van misdaad vasgespin.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Children In Mind - Their Mental Health…
Jenny Perkel Paperback R420 R388 Discovery Miles 3 880
Better Choices - Ensuring South Africa's…
Greg Mills, Mcebisi Jonas, … Paperback R350 R317 Discovery Miles 3 170
Trench Town Rock
Bob Marley CD R56 Discovery Miles 560
The Insomniacs
Marit Weisenberg Paperback R283 Discovery Miles 2 830
Sunshine Seas (Feat. Cyro)
Cyro CD R270 Discovery Miles 2 700
Onderwereld
Fanie Viljoen Paperback R242 R216 Discovery Miles 2 160
Ziggy Marley Presents Dancehall…
Various Artists CD R299 Discovery Miles 2 990
Roots Radics - 12 Inches Of Dub
Roots Radics Vinyl record R382 R216 Discovery Miles 2 160
Roy Samuel Reid - The Observer Book Of…
Roy Samuel Reid Vinyl record R382 R216 Discovery Miles 2 160
Intoxication
Shaggy CD R302 R280 Discovery Miles 2 800

 

Partners