|
Showing 1 - 4 of
4 matches in All Departments
In Wanneer ’n droom waar word moet Carmia Basson na
Skamanga verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se
assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil
egter nie vir Carmia daar hê nie. In Dokter Dierbaar moet Vicky
Serfontein saam met dokter Paul Venter werk ná hul
rampspoedige eerste ontmoeting. In Geërfde liefde moet Nikki
Swart noodgedwonge op Kapisya boer. Jan, die mede-
erfgenaam, maak die lewe egter vir haar onuithoudbaar.
Drie sexy, sensuele en romantiese verhale deur drie gewilde skrywers: Anderkant die volmaan deur Ettie Bierman, Bambi en die boef deur Anita du Preez en Victoriavalle van liefde deur Lizet Engelbrecht.
In Die tuiskoms le ver word Ila Verster se soeke na geluk belemmer
deurdat sy vir iemand anders aangesien word. En dan bevind sy haar
in doodsgevaar tydens ’n stormagtige nag. In Rooikop te koop
verander Jennie Botha se lewe eensklaps toe haar ouers in ’n
motorongeluk sterf. Boonop moet sy in die liefde ’n keuse maak
tussen die pynlik netjiese Thys en die deurmekaar, impulsiewe Roux.
En in Ver pad na Konigsee raak pragtige Afrikaansonderwyseres
Ezette Nel verlief op die aantreklike broer van Charl, haar
amper-verloofde . . .
Die liefde praat met baie stemme in 'n mens se hart, het Beamari
eens op 'n tyd besef, en soms moet jy diep luister om die boodskap
te kan hoor. Partykeer praat die liefde met 'n fluisterstem en soms
is dit soos die druising van 'n stormwind op see. Maar haar lewe is
so besig dat sy nie altyd ewe goed ingestem is op fyn vibrasies en
nuanses nie. Naudesrust, die piesangplaas aan die KwaZulu-Natalse
Suidkus waar sy en haar rugbyman swoeg om vooruit te kom, verg meer
arbeid as wat hulle kan bybring. Die diereherberg op die werf het
heeltydse sorg nodig. Boonop maak die hondeskool en -salon wat sy
beplan nie voorsiening vir aandagtig luister na die taal van jou
hart nie. Die noodlot gryp egter in, een Saterdagmiddag in Durban
op pad na 'n rugbywedstryd. En skielik, sonder waarskuwing, is daar
twee nuwe stemme – een stug en befoeterd, die ander nostalgies
verlief – wat haar hart laat luister. Beamari moet ’n keuse maak
wat haar lewe en die van haar kind gaan verander.
|
You may like...
The Flash
Ezra Miller, Michael Keaton, …
DVD
R92
Discovery Miles 920
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R205
R168
Discovery Miles 1 680
|