0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (11)
  • R100 - R250 (82)
  • R250 - R500 (31)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 125 matches in All Departments

Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Fanie Viljoen Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Fanie Viljoen 2
R270 R200 Discovery Miles 2 000 Save R70 (26%) View more sellers In Stock

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwêreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.

Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Fanie Viljoen Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Fanie Viljoen
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?

Springboekie (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Springboekie (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) In Stock

Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het?

Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie!

Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG.

Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ʼn boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu!

Jou Romeo (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Jou Romeo (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R210 R181 Discovery Miles 1 810 Save R29 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.

Alles-in-een: Dis lekker om maats te he: Grootboek 1: Graad 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers Alles-in-een: Dis lekker om maats te he: Grootboek 1: Graad 1 - Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R328 R282 Discovery Miles 2 820 Save R46 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Grootboeke pas by die leerder se ontwikkelingstadium, ervaringswereld en belangstellingsveld; sluit aan by en verryk die temas wat vir Huistaal gekies is; bevat 'n wye verskeidenheid tipes teks, bv. Stories, feiteteks, rympies, raaisels; is so geillustreer dat dit visuele geletterdheid bevorder; bevat uithaalbladsye met hulpbronne vir die onderwyser.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Uiteindelik! ’n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree – ons bied ’n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal. Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op “Lees” te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Onderwysersgids Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Janisch Lucas, Scholtz Ros, Hettie Scholtz
R385 R331 Discovery Miles 3 310 Save R54 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 se Onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Graad 11–12 wat die leerder se leerbehoeftes eerste stel en die onderwyser se onderrigtaak ondersteun: fokus op die kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; bied inhoud en kontekste aan volgens eietydse temas en 'n wye verskeidenheid tekssoorte; ondersteun die onderwyser in die beplanning van onderrigplanne, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk; bevat 'n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures vir elke aktiwiteit; bevat 'n CD waarop gratis materiaal (soos volkleur plakkate en idiome) ingesluit is.

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Huistaal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R435 R374 Discovery Miles 3 740 Save R61 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandelarylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Eeerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo,... Piekfyn Afrikaans: Geintegreerde Taalteks Gr 11 Leerderboek Eeerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Janisch Lucas, Scholtz Ros, Hettie Scholtz
R313 R269 Discovery Miles 2 690 Save R44 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Geintegreerde Taalteks Graad Afrikaans Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir die van julle wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal aanleer. Boonop word taalleerstof op 'n boeiende en dikwels prettige manier met die van verskeie ander vakke geintegreer om julle ervaringswereld te verryk en uit te brei. Wanneer assessering ter sprake kom, val die klem op die inhoud en vaardighede van Afrikaans as vak en word jy deel van 'n proses wat jou in staat stel om op hoogte van jou eie vordering en prestasie te bly. Die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede in Piekfyn Afrikaans word deeglik vervat in 'n wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite. Jy word deurlopend blootgestel aan luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, terwyl jy terselfdertyd die vermoe ontwikkel om Afrikaans funksioneel, kreatief en speels te gebruik en te skep. Vir eksamenvoorbereiding is daar 'n piekfyn Taalgids en Letterkundegids agter in jou boek. Geniet hierdie piekfyn leerervaring!

Onderwereld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwereld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback): Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop,... Bladsak: Gr 11: Leerderboek - Eerste addisionele taal (Afrikaans, Paperback)
Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Leon van Nierop, Willem van der Merwe, Heleen Stevens, …
R338 R291 Discovery Miles 2 910 Save R47 (14%) View more sellers In Stock

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk – ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

Dreamers (Paperback): Fanie Viljoen Dreamers (Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Zinelda McDonald
R180 R141 Discovery Miles 1 410 Save R39 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Dancing is Byron Carelse's life. It's his energy, his passion, his happy place ... his spark. When the rhythm takes hold of his body, he forgets about all the troubles waiting for him at home. His best friend Tasha says he shouldn't allow other people to steal his spark. But she doesn't have a clue about the things going on in Byron's home. And perhaps it's better that way. What will she think of him? One day, somebody spots Byron's talent. Along with a group of other township kids, he gets the opportunity to take part in a show at a big arts festival. But what are you supposed to do when life tries to steal your dream from you?

Donker Web - Onderwêreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Donker Web - Onderwêreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .

Brand (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Brand (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

'n Storie oor obsessies. Arian en Estie is in Graad 11 in dieselfde skool. Na hulle op sosiale media vriende word, begin Estie vir Arian stalk: Aanlyn, en later ook in die werklikheid. Eers is hy vir haar net nog 'n misterieuse vreemdeling, maar soos wat sy hom dophou openbaar hy, onwetend, sy diepste geheime aan haar.

Maar Estie het geheime van haar eie, wat sy ten alle koste verberg, selfs toe sy en Arian later vriende word: Geheime wat haar haar enigste vriend kan kos.

Stories vir lekker lees: Leesboek 2 Vlak 2: Gr 4 - 6 (Afrikaans, Staple bound): Fanie Viljoen Stories vir lekker lees: Leesboek 2 Vlak 2: Gr 4 - 6 (Afrikaans, Staple bound)
Fanie Viljoen
Sold By Love2Learn - Fulfilled by Loot
R289 R174 Discovery Miles 1 740 Save R115 (40%) In Stock

Stories vir lekker lees (Vlak 2) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Stories vir lekker lees bevat verskeie soorte kort literere tekste soos kortverhale, mites, fabels, sprokies, vertellings, dramas, hoorspele, fotoverhale, ensovoorts. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir die Afrikaanse letterkunde kan ontwikkel terwyl hulle ook hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 2-reeks bevat ses bundels: Stories vir lekker lees – Vlak 1 (Graad 4); Stories vir lekker lees – Vlak 2 (Graad 4); Stories vir lekker lees – Vlak 3 (Graad 5); Stories vir lekker lees – Vlak 4 (Graad 5); Stories vir lekker lees – Vlak 5 (Graad 6); Stories vir lekker lees – Vlak 6 (Graad 6).

Klien Boek - 6 Boekpak 2: Fanie Viljoen Klien Boek - 6 Boekpak 2
Fanie Viljoen
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Klein boekies, maar hope pret!Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in bokspakke beskikbaar!

Breinbliksem (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Breinbliksem (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R223 R192 Discovery Miles 1 920 Save R31 (14%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Sanlamprys vir jeuglektuur: goud (2005)

MER-prys vir jeuglektuur (2005)

"Ek maak vir jou die hel oop," lees die SMS wat Chris Burns een reënerige aand in Bloemfontein aan sy pêl Kerbs stuur. Net 'n vingerfout, maar in die loop van die volgende paar dae word dit ’n afgryslike werklikheid.

Burns help vir Kerbs om by sy ma se motor in te breek. Die goed wat hulle steel, gaan verkwansel Kerbs by 'n pandjieswinkel - hulle het die geld nodig vir die BreinBliksem-rockfees wat by die Allemanskraaldam gehou gaan word.

Klien Boek - 6 Boekpak: Fanie Viljoen Klien Boek - 6 Boekpak
Fanie Viljoen
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Klein boekies, maar hope pret!Fanie Viljoen se klein boekies is propvol fantastiese feite en interessante inligting oor speelgoed, modes, poetse en daar is selfs een wat jou kind sal help om die familie se hond toertjies te leer. Hierdie reeks verseker ure en ure se vermaak - en dis nou in bokspakke beskikbaar!

BOKSPAK 1:



Die klein boek van fantastiese feite,

Die klein boek van gruwelike geheime,

Die klein boek van hipercool hondetoertjies,

Die klein boek van skitterende speelgoed,

Die klein boek van katastrofiese kattekwaad,

Die klein boek van mal modes

Krag (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Krag (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Aldan Valentyn is niemand nie.

Hy plaas ʼn foto van homself sonder sy hemp, op Instagram. En word die bespotting van die skool.

Maar dit sal binnekort verander. In die gym. Met gewigte. En die KRAG in die naalde.

“Wat is die ergste wat kan gebeur?”.

Springbookaroo (Paperback): Fanie Viljoen Springbookaroo (Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Elsabe Ebersohn
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Springboks have a superpower. They play the best rugby, of course. Amabhokobhoko! But … what if you have another superpower?

What if your superpower is READING!

While the other Springboks are busy perfecting their rugby skills, Springbookaroo discovers his extraordinary superpower—READING! Follow Springbookaroo’s journey as he tries to share the joy of reading with his mud-loving friends. Can he convince them that books are anything but boring, even for an angry lion?

Find out in this heartwarming story that celebrates the magic of books and the power of friendship.

Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Seuns (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir Seuns (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Tumi K. Steyn
R145 R125 Discovery Miles 1 250 Save R20 (14%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so ’n situasie op te tree. Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is ’n draak in hulle huis – een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm. 

All-in-one: Lisa wants to help: Big book 8: Grade 1 (Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers All-in-one: Lisa wants to help: Big book 8: Grade 1 (Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R318 R273 Discovery Miles 2 730 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days
All-in-one: The awful story of the greedy boy: Big book 12: Grade 1 (Paperback): Mart Meij, Beatrix de Villiers All-in-one: The awful story of the greedy boy: Big book 12: Grade 1 (Paperback)
Mart Meij, Beatrix de Villiers; Illustrated by Fanie Viljoen
R318 R273 Discovery Miles 2 730 Save R45 (14%) Ships in 4 - 8 working days
Ons Laaste Legendariese Somer (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Ons Laaste Legendariese Somer (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

“Besef julle hierdie Desember is legit ons laaste ordentlike somerskoolvakansie?”

Tobi, Rowan en Dean besef matriek gaan rof wees. Die onderwysers deel alreeds huiswerk uit en dis nou eers die einde van graad elf. Daarom moet hulle hierdie laaste Desember-vakansie legendaries maak.

Hulle sit af na Vleesbaai – ja, daar is rêrig so ’n plek – en maak ’n paar reëls vir die vakansie:

• Geen bakleiery nie.
• Almal doen alles saam.
• En geen meisies nie.

Dis egter waar dinge skreeusnaaks ontspoor ...

’n Legendariese misverstand, legendariese ramp, legendariese surfing, legendariese meisie, en dalk ’n legendariese soen – dit alles maak ’n legendariese somer.

Band-Aids For The Dead (Hardcover): Fanie Viljoen Band-Aids For The Dead (Hardcover)
Fanie Viljoen
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 7 - 11 working days

This is a night for endings. A night for stuffing your copy of The Catcher in the Rye into your backpack and saying goodbye to your house where your dad spends every night drinking too much whiskey, reminiscing about his army days and beating the crap out of you and your brother. A night for checking the list of names of all the kids at school who have always irritated you and called you a freak and a weirdo. A night for paying tribute to all the cult movies and cult figures who gave you a voice when you were struggling to find your own. A night for prowling the dark street with their grave-cold pavements; meeting the clowns, phantoms, gargoyles and helpless ones who come crawling out of their hiding places at night. A night for discovering the dark thing inside you, getting to know him intimately, feeling him stretch his wings and ball his angry fists. This is the final night. Tomorrow I’m taking a gun to school.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Joseph Joseph Index Mini (Graphite)
R642 Discovery Miles 6 420
Bosch GBM 320 Professional Drill…
R779 R670 Discovery Miles 6 700
Dunlop Pro Padel Balls (Green)(Pack of…
R199 R165 Discovery Miles 1 650
Alva 3-Panel Infrared Radiant Indoor Gas…
R1,499 R1,199 Discovery Miles 11 990
KN95 Disposable Face Mask (White)(Box of…
R1,890 R659 Discovery Miles 6 590
Croxley Artist Poster Paint (6 x 15ml…
R49 Discovery Miles 490
Elektra Health 8076 Electrode Hot Steam…
 (14)
R580 R474 Discovery Miles 4 740
Microsoft Xbox Series X Console (1TB)
 (21)
R14,999 R12,699 Discovery Miles 126 990
Philips TAUE101 Wired In-Ear Headphones…
R199 R129 Discovery Miles 1 290
Maze Runner: Chapter II - The Scorch…
Thomas Brodie-Sangster, Nathalie Emmanuel, … Blu-ray disc R52 R32 Discovery Miles 320

 

Partners