Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments
Met haar besige beroep as ‘n paalfiksheidsinstrukteur, stel Shaylyn nie in ‘n verhouding belang nie. Sy en Cameron, die uiters aantreklike eienaar van die vegklub oorkant haar studio, stamp nie net koppe nie, maar beland ook saam in die vegkryt. Shaylyn dra swaar aan die laste van die verlede. Sy is die voog van haar gestremde suster en het die verantwoordelikheid om haar teen hulle wrede verlede te beskerm. Sy leer egter vinnig in die oë en arms van Cameron dat nie alle mans dieselfde is nie. Die spoke van die verlede stap ook saam met Cameron. Hy besef gou dat Shaylyn sy hart met een hou verower het en sal enige iets in sy vermoë doen om haar te beskerm. Maar ‘n misverstand ruk hulle uitmekaar en moet Shaylyn kies tussen haar eie geluk en haar suster se veiligheid. Gaan sy toelaat dat die verlede en dreigende vrees ‘n toekoms saam met Cameron verwoes? Of gaan die liefde hierdie keer ‘n uitklophou slaan?
Lente is verloof aan die aantreklike Herman Pretorius, maar sy weet
haar hart behoort eintlik aan haar gevaarlike en stormagtige
jeugliefde, Stander Gerber. Hy is egter verantwoordelik vir die dood
van hul goeie vriend en die letsel in haar nek…
Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n
liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en
formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.
Megan is ’n vuurvreter advokaat wat haar nie van stryk bring nie,
totdat sy die aantreklike Eckhardt met sy verspotte kort kakiebroek
raakloop. Boonop moet sy nou saam met sy broer, ’n alombekende
mode-ontwerper, werk.
Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese leesgids is só saamgestel
dat leerders dit saam met die leesboek in die klas kan gebruik. Die
gids begin met basiese literęre aspekte, gevolg deur vrae, skryf- en
mondelingaktiwiteite vir elke hoofstuk. Die antwoorde sal op ‘n QR-kode
beskikbaar wees.
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bomme en bosse – die Amasone! Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer ...Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?
Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié
boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente
van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley.
Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot
STINKbomme!Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat
hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n węreld waarin daar
allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...In “Die
Swembadmonster” verander ’n prettige dag in die swembad in ’n avontuur
waarin ’n groot seekat vir Adelie en Riley probeer vang.Mamma en Pappa
dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom is daar ’n stuk
slymerige poot wat agter bly?
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van
speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van
speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!
|
You may like...
|