![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 42 matches in All Departments
Maart 1981. Ludo Labuschagne gaan saam met sy ma, haar vriend, oom Dippie, en ’n paar ander na ’n private eilandjie tussen Durban en Madagaskar. Die wegbreek word geborg deur Una Steenkamp, ’n ryk weduwee. Nog voor hulle op die eiland kom, word haar seun Ederik oënskynlik in Durban vermoor. Almal wat hom ken, glo egter Ederik is bloot nog kwaad oor ’n onlangse stryery en dat hy wel daar aangesit sal kom.
Intussen sit Ludo vas op die eiland saam met: Dié spul, dertien in totaal, is nie lank op die eiland nie voor iemand sterf. Almal glo egter dit was selfdood – behalwe Ludo. Twee sulke vreemde gebeure kan nie toeval wees nie. Wanneer daar skielik nie meer petrol vir die motorboot is nie én die man wat elke dag van die vasteland af moet kom nie opdaag nie, is dinge vir Ludo duidelik: Hulle is saam met ’n moordenaar op die eiland vasgekeer en daar gaan binnekort nog koppe rol.
Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime
DIE AARDE HOU AAN MET DRAAI
Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde
spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy
gewildste verhale bevat. In Die speletjie laai Wouter 'n dodelike
rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense
begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende
slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul
nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die
biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .
Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters.
Chris and Marley are in a new school, and from the word go they discover that things are not quite the same as in other schools. Their new friends start to behave strangely, not to mention the guy with no hair and that weird library teacher. When they are slowly but surely sucked into a series of disturbing events, Chris and Marley decide to investigate – and end up in the clutches of the lady with the purple eye. A chilling story with lots of blood curdling surprises.
Iets anders! Francois Bloemhof slaan 'n nuwe rigting in met 'n roman gebaseer op 'n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en die pad van liefde het meer as net 'n paar kinkels en draaie. Basson is 'n verwaande jong man wie se pa aan hom 'n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson 'n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord en jou ware noord.
Francois Bloemhof se onnutsige en speelse vertaling van Dahl se reeds klassieke Revolting Rhymes sorg vir ’n allerheerlike leeservaring. Talle verrassings wat op lesers wat gedink het Sneeuwitjie is so soet soos stroop en Rooikappie weet nie van sake in haar eie hande neem nie ...
BANGMANSKLOOF IS ’N BANGMAAKPLEK …
In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem...
Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ... Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie! Saam het dié gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, ’n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en ’n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm. Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek: - Agent Snoet en die Botterdiamant - Agent Snoet en die Kattekwaad - Agent Snoet en die Hondelewe - Agent Snoet en die Groen Genugtig - Agent snoet en die Windlawaai
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin: Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig haar seun Leo met sy liefde vir geweld en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid. Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word. En dinge raak self snog erger toe die meisie op wie hy verlief is ook by die spel betrokke raak.
Kom ons breek die reëls van misdaadfiksie. Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar. Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het. Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met Die vierde stem is dit waarder as ooit. Die storie word vanuit meer as een perspektief vertel. Drie karakters – ’n kantoorwerker, ’n kopdokter en ’n skrywer – beïnvloed mekaar op maniere waarvan hulle onbewus is; die leser weet meer as hulle, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat volgende kom nie ... Maar aan wie behoort die vierde stem? Waar kom sy vandaan? Watter rol speel sy in dié gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Dis net ’n paar van die vrae, en die antwoorde is uitklophoue. Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat lesers nie aldag beskore is nie.
Niek Naude is 39 jaar oud en in dieselfde bootjie as vele middeljarige wit mans: hy is afgele; hy wat in die eerste helfte van sy lewe deur die voorsienigheid uitgesonder was om ’n uitblinker te wees, akademies en op die sportveld. Dis immers waarom sy mooi vrou, Elrisa hom op hoerskool reeds gekies het bo sy teenstander, Zandre van der Westhuizen. Zandre, intussen Niek se minder bekwame kollega in die menslike hulpbronne-afdeling van ’n magtige maatskappy, het sy werk behou omdat hy ’n aartsgatkruiper is en beter bevriend is met die baas. Niek moet nou huishou en sy ego het ’n allemintige knou gekry; selfs in die slaapkamer het hy nie meer die hef in die hand nie: sy vrou soen hom soos ’n familielid. Hul dogter Melanie wil Mel genoem word en wil so cool en mooi soos haar vriendin Anika wees, maar wil veral Anika se boyfriend, Tommie, he. Die verblindend aantreklike Tommie is al uit die skool, maar woon nog by sy ma en maak nie juis aanstaltes om te begin werk nie. Elrisa het wel nog 'n werk, sy is 'n suksesvolle eiendomsagent en Niek nou die huishulp.
In die land, verby donker, lig iets leliks sy kop, kruip 'n ding met lang tande, soos 'n slak uit sy dop. So, kom loer nou saam, van A tot Z, aan my grillerige alfabet! Kom kuier saam met Francois Bloemhof en Dale Blankenaar in die land verby donker. 'n Plek waar weerwolwe vir die maan tjank en vampiere in die nag rondswiep, waar die nare Rikus Riller om elke hoek en draai kan wag en 'n monster genaamd Eenoog jou met sy tong wil vang.
Mark Steyn is agent Rooi Luiperd, nie bloot net nog een van Die Fabriek se agente nie, maar lid van die Groot Vyf - met rooi klaring, wat daarop neerkom dat jy tydens 'n sending voor die voet kan doodmaak solank jy dit later kan regverdig. Heerlike leesstof vir almal wat hou van die intriges wat gepaardgaan met die wereld van spioenasie en geheime agente.
Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die eerste titel, die suksesvolle Agent Snoet en die Botterdiamant, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture - en daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor.
WARNO SAL MOET KEER, WANT NOU'S DAAR MÉÉR. MEER SKRIKKE. MEER SKOKKE. MEER SPOKE. Gedink jy kan nie verder verras word nie? O ja, jy kán … Dis tyd vir oorlog en die spooksoeker van Sekelrivier se aartsvyand, Henry, gaan alles in die stryd werp. Hy speel graag speletjies - en hy speel graag vuil. Niks wat Warno en Allies al geleer het, kon hulle gereed kry vir wat hier aankom nie. Nuwe onthullings. En nuwe gevare. Wat is die slangvrou se geheim? Hoe het Warno se pa gesterf? Watter wrede jong gedaante dwaal deur die dorp? En wat wag in die begraafplaas? Hierdie laaste Spooksoeker-boek is soos 'n wegholperd. Jy beter jou sit ken en klou vir al wat jy werd is! Hierdie boek volg op Spooksoeker #2 deur dieselfde skrywer en is die laaste boek in die trilogie.
SPOKE BESTAAN NIE.
Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.
Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees |
You may like...
|