0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (4)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Twyfelbos (Afrikaans, Paperback): Francois Loots Twyfelbos (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 4 - 8 working days

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds.

Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans.

Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor.

In sneeu geskryf (Afrikaans, Paperback): Francois Loots In sneeu geskryf (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R113 Discovery Miles 1 130 Ships in 5 - 7 working days

In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se arms teen die Siberiese winter en die bloedige opmars van die Rooi Leer. Dekades later, op 'n kontinent duisende kilometers ver, verruil jong Heinrich sy sukkelbestaan in 'n Karoo- dorpie vir die kitsrykdom wat 'n somer by Sizzler’s, 'n bordeel in Seepunt, hom beloof. Hier werk hy saam met Stallion, Randy en Cool Daddy. Vir sy kliente is hy “Frikkie”, 'n boerseun wat hul wildste fantasiee waar maak. Wanneer 'n klient een aand vir hom 'n gedig oor sneeu voordra, ruk hy Heinrich aan die hart. Later loop Heinrich die man, Bertus, in 'n kuierplek raak waar die ouens van Sizzler’s uithang. Wat hulle twee nie weet nie, is dat die kelner wat vir hulle shooters aandra, teen 'n waansinnige moorddadigheid in sy eie kop baklei. Die ware Sizzler’s-moorde van 2003 vind op besondere wyse neerslag in Francois Loots se verhaal. In sneeu geskryf knoop die lotgevalle van uiteenlopende karakters vernuftig saam – hartverskeurend, koelbloedig en anderkant die grense van ruimte en tyd.

Die diepblou see (Afrikaans, Paperback): Francois Loots Die diepblou see (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R324 Discovery Miles 3 240 Ships in 2 - 4 working days

Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik hy die diepte in, na waar die blou water gitswart verkleur. In die donker wiebeling swem hy saam met glimmende visse, kom hy gestorwe voorsate en mitiese figure tee. Bedags hou hy sy nagtelike eskapades geheim. In die oseaan beur hy weg van die sleur wat sy lewe geword het. Hoffie, die wonderkind wat op vyftien sy eerste graad ontvang het; Jan, die minister wat onder Louis Botha en Jan Smuts in die kabinet gedien het. Dis sy soort liberalisme waarteen die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku. Maar wat gaan soek hy snags in die diepblou waters? Francois Loots vervleg kontreitaal met mitologie en die magiese om in die diepblou see gestalte te gee aan een van die fassinerendste Suid-Afrikaners van alle tye.

Rooi Jan Alleman (Afrikaans, Hardcover): Francois Loots Rooi Jan Alleman (Afrikaans, Hardcover)
Francois Loots 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R270 Discovery Miles 2 700 Ships in 2 - 4 working days

Die klein Bram Fischer word gebore uit drome en beelde, met die geloei van Bloemfonteinse osse in die agtergrond. Hy sien die spoke van Paul Kruger en Jopie Fourie, asook die van Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner. In hierdie roman skryf Francois Loots 'n kreatiewe, fiktiewe weergawe van Afrikaner-kommunis en struggle-held Bram Fischer se lewe. Die leser word gedompel in Fischer se leef- en gedagtewereld, in die spanninge en avonture van die jong radikaal. Saam met Fischer, gaan ’n mens ondergronds. Wat is ’n mens se diepste gedagtes wanneer jy jou vermom? Wanneer jy soos 'n verkleurmannetjie in nuwe identiteite moet inglip? Of wanneer jy tronk toe gaan? Na die strome drome, word Fischer geteister deur die demone van absolute eensaamheid. Maar wat deur alles bly staan, is sy onwrikbare liefde teenoor sy beminde Molly, wat hom kom verlos uit sy laaste droom. Soms is dit slegs deur die lens van fiksie wat mens iets van die ware geskiedenis kan agterhaal.

Die jakkalsdans (Afrikaans, Paperback): Francois Loots Die jakkalsdans (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R244 Discovery Miles 2 440 Ships in 2 - 4 working days

Op 'n klein plekkie in die Bo-Karoo is lewe en dood soos die paaie wat in en uit die dorp loop, albei deel van die orde. Maar in die jare sewentig kry die dood 'n flambojante teehanger in die jong man Jopie wat wil klere ontwerp; met Annelien Kriel as sy leidende ster wil uitbreek na die verre Kaap. Die dood daarenteen kry gestalte in ene Rotman, wat onder die dorpenaars kom woon. Hy asem die stof, want die stof is asbes, en jy moet twee keer dink as hy jou vir die jakkalsdans uitnooi. Jopie se aanneem-pa, Mannetjies, dink hy moet boet oor sy minnares, Tryn. Of wil Rotman met sy vrou Aletta dans? En al die tyd is hulle, soos al die mense op die dorp, onwetend vasgevang in iets groters as hulleself.

'n Spook in die Huis - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Francois Loots 'n Spook in die Huis - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Francois Loots
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R325 Discovery Miles 3 250 Ships in 2 - 4 working days

Die spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by ’n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook ’n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewanisaak by die nuuskantoor waar hy werk.

Die skaduwęreld van sado-masochisme kom tydens die Dewaniondersoek aan die lig: ’n węreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.

Wat jaag ons, en wat maak ons vry? In ’n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Reg. & Filter For All Mini Comp 1/4 X…
R3,145 R2,621 Discovery Miles 26 210
Recent Developments in the Economics of…
Roger Vickerman Hardcover R17,804 Discovery Miles 178 040
LOVE YOUR KARABASH AND PLAY SUDOKU…
Loving Puzzles Paperback R502 Discovery Miles 5 020
Personality Traits and Drug Consumption…
Elaine Fehrman, Vincent Egan, … Hardcover R1,521 Discovery Miles 15 210
Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van…
Leopold Scholtz Paperback  (4)
R295 R264 Discovery Miles 2 640
The Game Breeder; v.11 (1917)
Dwight Williams 1851- Ed Huntington Hardcover R897 Discovery Miles 8 970
The Critical Assessment of Research…
Alan Bailin, Ann Grafstein Paperback R1,539 Discovery Miles 15 390
Up the Country.' - Letters Written to…
Emily Eden Paperback R563 Discovery Miles 5 630
Thoughts on Hunting - in a Series of…
Peter Beckford Paperback R600 Discovery Miles 6 000
Brewing in New Hampshire
Glenn A. Knoblock, James T Gunter Hardcover R674 Discovery Miles 6 740

 

Partners