![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: “Kenmerkend is die ironiese, selfs sardoniese, toon terwyl die stem se personasie in die gedigte dikwels skollieagtig is; iets wat direk verband hou met die titel se verwysing na parool: Iemand wat voorwaardelik vrygelaat is, dog streng by beheermaatreëls moet hou ten einde daardie gewaande vryheid te handhaaf en hernieude tronkstraf te voorkom. Die digter slaag om indrukwekkende wyse daarin om dié filosofiese beskouing van vryheid vs gebondenheid verteenwoordigend van die mens se algehele lewenslot te maak.”
Daar is ’n klop aan die deur. My vinger wil nie verder saamtrek nie. My hart hamer die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as ek die sneller trek? Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na Seksie C in die Zambesivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur, want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting besoek Johan pasnaweke sy ouer neef Ben in Pretoria. Ben, die rebelse seun van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg. Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong mans se lewens met sensitiwiteit teken.
'n Paar generasies gelede was daar nog ’n aantal empires. Vir ’n ruk lank daarna was daar twee, Amerika en Rusland, en toe net een. Vandag is daar geen, net “empire” wat dwarsoor die heelal strek. Sy hoofkwartiere en hoofstede is oral te vinde. Almal staan in diens daarvan, en almal kom in opstand daarteen. Pienaar se gedigte vertel van hierdie empire, wie sy nuwe keiser is en hoe ons omgaan daarme. Dit put uit besoeke as joernalis aan lande so uiteenlopend soos Irak, Noorwee, Mali, China, Kongo, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Italie. Uniek in die bundel is twee reekse “fotogedigte”, foto’s vanoor die wereld waarby gedigte geskryf is. Die reekse verwys albei na George Orwell se roman Nineteen Eighty-Four. Van die fotogedigte is geneem uit vier uitstallings te Oudtshoorn, Stellenbosch en Johannesburg.
|
![]() ![]() You may like...
Eight Days In July - Inside The Zuma…
Qaanitah Hunter, Kaveel Singh, …
Paperback
![]()
Amanda and the Lost Time (Afrikaans…
Shelley Admont, Kidkiddos Books
Hardcover
Resource Constraints and Global Growth…
Efundem Agboraw, Aled Jones
Hardcover
R1,856
Discovery Miles 18 560
|