Daar is ’n klop aan die deur. My vinger wil nie verder saamtrek nie. My hart hamer
die sekondes in my ore om. Wat sal gebeur as ek die sneller trek?
Johan is negentien en in die weermag. Wanneer die adjudant hom inlig dat hy na
Seksie C in die Zambesivallei gestuur word om onreëlmatige ontgroening te
ondersoek, pak ’n ongekende opgewondenheid hom beet. Maar dit is korte duur,
want Johan besef gou hy is nie opgewasse teen die weermag nie. Ter ontvlugting
besoek Johan pasnaweke sy ouer neef Ben in Pretoria. Ben, die rebelse seun
van die generaal. Ben wat sy eie oorlog veg.
Die Generaal is ’n onthutsende, oorrompelende en aangrypende verhaal wat die
absurditeit van die Grensoorlog en die verwoestende impak daarvan op jong
mans se lewens met sensitiwiteit teken.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!