|
Showing 1 - 14 of
14 matches in All Departments
Sestig jaar na Herman Charles Bosman se dood het die eerste
Afrikaanse bundel Oom Schalk Lourens-stories verskyn (In die
withaak se skadu, Suiderkruis Boeke, 2011). Dit is besonder goed
ontvang, en het gunstige kommentaar ontlok van skrywers soos Andre
P. Brink, P.G. du Plessis, Pieter Fourie en Paul C. Venter. Die
jaar daarna het ’n Bekkersdalmarathon en ander Voorkamerstories
(Suiderkruis Boeke, 2012) die lig gesien, wat sowat die helfte van
Bosman se bekende stories oor Jurie Steyn se plaasposkantoor bevat.
Dit was die eerste Bosman-bundel wat deur Fred Mouton geillustreer
is. Die oorweldigend positiewe terugvoer oor die
Bosman/Moutonkombinasie het dit voor die hand liggend gemaak dat
Fred ook oom Schalk se stories onder hande moet neem. Mafeking-pad
kombineer dus vir die eerste keer Bosman se gewildste verhale – wat
van 1947 af nog nooit uit druk uit was nie – met Fred Mouton se
kenmerkende styl. Die resultaat is eg Afrikaanse lekkerte!
|
Mafeking Road (Paperback)
Herman Charles Bosman; Illustrated by Fred Mouton
|
R172
Discovery Miles 1 720
|
Ships in 4 - 8 working days
|
Arguably the most enduring collection of South African
short-fiction, Mafeking Road has never been out of print since its
first publication in 1947. Although Roy Campbell wrote to Herman
Charles Bosman, “I think your stories in Mafeking Road are the best
that ever came out of South Africa,” Bosman himself was not quite
happy with the text. “I was in such a hurry … that I didn’t do what
I had always intended: i.e. to restore them as far as possible to
the way they were originally, when I wrote them,” he replied. Now,
for the first time, Bosman’s stories have been restored to the
original 1930s (magazine) versions, which adds some 1 300 words of
never-before-seen Bosman-isms to the text. Added to this is Fred
Mouton’s signature style illustrations, which make this, quite
simply, the best version of Mafeking Road ever published. Bosman
would approve.
Oom Schalk Lourens, die voorste storieverteller in die Transvaal,
sit reg op sy riempiesbank om sy gewildste stories met jou te deel:
Willem Prinsloo se perskebrandewyn, Die Rooinek, Die musiekmaker en
al die ander stories uit Mafeking Road, die bundel wat Herman
Charles Bosman gevestig het as Suid-Afrika se gunstelingskrywer –
hier volledig herstel uit die oorspronklike bronne.
Jurie Steyn het 'n probleem. Nie net moet hy 'n bestaan probeer
voer uit boerdery in die Marico nie, maar boonop dien sy voorkamer
as die Drogevlei-poskantoor – en Jurie as die posmeester. "Tussen
posorders en bloutong weet ek nie watter werk die ergste is nie. Ek
moet wa-ghries op my muilkar smeer en seelwas op die possak sit.
Partykeer raak ek deurmekaar. Eendag gaan ek nog 'n inkomsteseel op
my hotkantmuil plak en die Bekkersdal-possak met 'n halfmaan en 'n
streep brandmerk. Dan sal daar moeilikheid wees," se Jurie. "Met my
hotmuil, bedoel ek." Elke week kom die halfdowe Oupa Bekker, At
Naude (wat 'n draadloos besit), buurman Gysbert van Tonder, die
berese Johnny Coen, wat eens op 'n tyd 'n railway shunter op
Ottoshoop was, en ander kleurryke karakters in Jurie Steyn se
voorkamer bymekaar om te wag vir die Goewermentlorrie van
Bekkersdal, wat hul pos en melkkanne moet bring. Sake van die dag
word druk bespreek, en die gesprekke waartoe dit lei, is gewoonlik
skreeusnaaks. Herman Charles Bosman het in die laaste 18 maande van
sy lewe sowat 80 stories vir die reeks In the Voorkamer in die
nuusblad The Forum geskryf. Bosman het dit self bestempel as die
beste werk wat hy ooit gelewer het. 'n Bekkersdal-marathon en ander
voorkamerstories volg op die sukses van In die withaak se skadu,
die eerste Afrikaanse versameling Oom Schalk Lourens-stories.
|
|