0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (13)
  • R250 - R500 (5)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 20 of 20 matches in All Departments

Spieeltjie, Spieeltjie (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Spieeltjie, Spieeltjie (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël ...

Doktor Olaf Demeyer herstel nog van sy vierdubbele hartomleiding en die trauma van vorige ondersoeke waarby hy betrokke was. Om die waarheid te sê, hy moes lankal aftree as forensiese profileerder van die SAPD. Maar dan kom vra Lucida Winterbach sy hulp. Sy glo ’n moordenaar teiken studente van haar Elegant Queens Academy, ’n skool vir skoonheid en modelwerk. Al die meisies is minderjarig, met blinkoogdrome van skoonheidstitels en modelkontrakte. Tot van hulle naak op die bodems van swembaddens in die omgewing gevind word. Olaf se lewenslange beskermingsdrang teenoor die weerloses motiveer hom om gehoor te gee aan haar versoek. Gou besef hy egter dat dit hier gaan oor soveel meer as die feite en bewyse wat ’n mens kan sien en hoor. Olaf twyfel aan sy oordeel en instinkte. Hy word geteister deur verwronge beelde van die meisies en homself.

Uiteindelik weet hy: Ons sal altyd alles slegs ten dele ken, en ons moet ’n manier vind om elke dag saam met dié wete te leef. Vir Olaf is dit daardie wete wat dreig om hom na jare in die bedryf van sy kop af te dryf.

Soen (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soen (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Peet Rautenbach is Algoa Hoër se hoofseun: hoogs intelligent en met baie talent in musiek, kuns en redenaars. Daar word sewe A's van hom verwag. Daarby is Peet 'n toegewyde, voorbeeldige seun in die oë van sy pastoor-ouers. Maar Peet het 'n swakte: sy obsessie met die blonde onderwyseres Scarlett Rose Reynolds. Dit maak die deur oop vir talle aanslae op hom, en wat hom uiteindelik amper sy lewe kan kos.

Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Talia is ’n bokser. Sy is deel van die veergewig-kategorie in die skoolspan. Maar haar afrigter het nie baie genade vir haar nie. Dit maak nie saak hoe hard sy boks nie, sy kan net nie sy goedkeuring wen nie.

Sy is ook nie vreeslik gewild ná haar broer, Hamer, vrygelaat word op parool nie. Hy was vir ’n jaar lank in die tronk oor diefstal. Almal behandel hom steeds soos ’n krimineel. Maar ... was hy werklik skuldig?

’n Boeiende roman oor die kompleksiteit van gesinne en die gevegte wat ons almal soms met onsself en ons naastes moet veg.

Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Poppie Viool en die Swartwoud-arende (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Soeter As Heuning - Delf Daagliks Dieper In Die Woord (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dawid skryf in Psalm 119:103, “Hoe aangenaam is U Woord, soeter as heuning in die mond.” Soos wat ’n vars byekorf nog uitgepers moet word om egte, onverwerkte heuning voort te bring, so help Soeter as heuning jou om Bybelse waarhede te ontdek en selfs te herontdek, soos jy diep oor elkeen nadink en dit in jou lewe toepas.

Deur God se Woord sorgvuldig in te neem, ontdek Dawid die diepte van God se liefde en vergifnis. Hy ervaar innerlike genesing en lewensvreugde wat net God in sy lewe kon bring.

Soeter As Heuning kan jou help om ook so ’n ervaring soos Dawid te hê.

Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Hoeveel Tande Het 'n Engel? (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R200 R172 Discovery Miles 1 720 Save R28 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“Hulle wil my been afsit, Simphi. Net hierso.” Alex trek sy liniaal oor sy kaal bobeen. “Woep-wap-konynkap, weg is Alex Brown se been én sy beroemde skopvoet.”

Die nuus is presies wat die veertienjarige Alex nie wou gehoor het nie: sy beenkanker is te laat ontdek en nou is daar ’n sterk kans dat hulle sy been sal moet afsit. Hy gaan nooit weer rugby of krieket kan speel nie. Vir ’n lang tyd nie skool toe kan gaan nie. Dalk selfs nie eers sy vyftiende verjaarsdag sien nie …

Sy beste vriend, Simphiwe, het nie veel raad nie. Maar toe ontmoet Alex vir Agapé-Ann; ’n pastoor se dogter met dieselfde tipe kanker wat ses maande vroeër haar eie been verloor het. Hy begin saam met haar kerk toe gaan, en stadig maar seker leer hy meer oor geloof en die Here, en dat sy kanker nie ’n straf is nie. En oor engele.

Gaan sy jong geloof die grootste toets ooit kan oorleef?

Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Om 'n Leeu Se Bek Toe Te Bid (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Ses tieners op ’n vasbyt-kerkkamp in die veld, elkeen met hul eie geheime en vrae oor geloof.

Die matriekseun wat hulle lei, vol drome van dominee word maar sonder studiegeld. Een afgetrede sirkusleeu en die geblikte jagter agter hom aan. ’n Plaas met ’n verlede vol ongeregtigheid, nou deur droogte geteister. Jan Vermeulen se meesleurende nuwe jongvolwasseneverhaal gaan jou van begin tot einde op die punt van jou stoel hou en nuut laat dink oor gebed, geloof en genade. Die storie bevat ’n tikkie avontuur, ’n tikkie liefde, ’n tikkie geloof en hope naelbyt-spanning.

Jeanette Ferreira, skrywer en redakteur, sê die volgende oor die verhaal: Sprankelende titel. Lieflike verhaal. Spannend van die openingstoneel af tot op die allereinde. Daarby vol spitsvondigheid.

Nagjagter (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Nagjagter (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is ’n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met ’n houtpen deur die hart. Dit gebeur op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrugvampierjagter.

Doktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk ’n rol in dié drama en is dus bitter ontsteld oor die gebeure. Beth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as ’n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van ’n privaatondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society, ’n groep jongmense wat hul vampierfantasieë uitleef. Dan is daar ook die ware vampiere – hulle drink mensbloed.

Dit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoffers uit die twee groepe vampiere kies, maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig. Nagjagter is nie bloot ’n vampierstorie nie, dit ondersoek eerder die psigologiese toestand genaamd Vampirisme en gewone mense se aangetrokkenheid tot die mites rondom vampiere. Die boek speel in op mense se vrese vir en aangetrokkenheid tot die donker onbekende, dit ondersoek die donker kant van ’n religieuse soeke en die uitspeel van fantasieë.

Dit is ’n spannende roman wat fokus op die sielkundige en religieuse motiverings van die moordenaar, ’n moderne, eietydse vampierverhaal.

Ondier (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Ondier (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R320 R275 Discovery Miles 2 750 Save R45 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam.

Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.”

Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop.

“Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.”

Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.

Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R240 R206 Discovery Miles 2 060 Save R34 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hondegevegte en doodsdreigemente!

Baster is die storie van Karel, ’n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, ’n liefdevolle brak wat gedwing word om ’n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur

Asem (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Asem (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.

Oopmond (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Oopmond (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …

Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …

En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …

Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …

Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.

'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem.

*Geskik vir ouderdomsgroep 17+

Gom Vir Jou Stukkende Wereld - 5 Waarhede Om Aan Te Kleef (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Gom Vir Jou Stukkende Wereld - 5 Waarhede Om Aan Te Kleef (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R232 R66 Discovery Miles 660 Save R166 (72%) In Stock

Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en ’n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om: Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan. Antwoorde op hul geestelike vrae te vind. Beter lewenskeuses te maak. In die stukkende wêreld waarin ons lewe ervaar baie mense trauma en verwarring. Hierdie gids gee tieners die hulpmiddels wat hulle nodig het om hul wêreld weer heel te maak. Hierdie boek bevat antwoorde op belangrike vrae, ruimte vir self-refleksie en vrae om die leser verder te laat dink en antwoorde in die Bybel te soek.

Studiegids: Baster (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Studiegids: Baster (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Petro Meiring
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Studiegids: Asem (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Studiegids: Asem (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Carol Kriel
R130 R112 Discovery Miles 1 120 Save R18 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Leesgids wat gebruik word as hulpmiddel in die klaskamer om die voorgeskrewe boek aan te vul.

Various Artists - Schubert: Works for Piano Four Hands (CD): Franz Schubert, Jan Vermeulen, Veerle Peeters Various Artists - Schubert: Works for Piano Four Hands (CD)
Franz Schubert, Jan Vermeulen, Veerle Peeters
R401 Discovery Miles 4 010 Out of stock
Asem (Spesiale Uitgawe) (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Asem (Spesiale Uitgawe) (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Fighting Poverty in South Africa - A practical guide (Paperback): Jan Vermeulen Fighting Poverty in South Africa - A practical guide (Paperback)
Jan Vermeulen
R527 Discovery Miles 5 270 Ships in 10 - 15 working days
Breath (Paperback): Jan Vermeulen Breath (Paperback)
Jan Vermeulen
R230 R165 Discovery Miles 1 650 Save R65 (28%) Pre-order

A wild night of partying and a run-in with one of the most notorious drug dealers in Gauteng turns Barries’ life upside down.

The police give him one simple choice – if he wants to stay out of jail, he has to spend the next six weeks on a farm, near a small coastal town in the Eastern Cape, right in the middle of nowhere. With his estranged father.

Slowly but surely, Barries comes to realise that the bottle of brandy stashed under the bed is not the only – or the darkest – secret his father is hiding.

Breath, a translation of the best-selling Asem, is a gripping novel for teens that doesn’t hesitate to tackle difficult themes.

Klaskameraad Studiegids: Veergewig (Afrikaans, Paperback): Jan Vermeulen Klaskameraad Studiegids: Veergewig (Afrikaans, Paperback)
Jan Vermeulen; Compiled by Mia Singels
R160 R119 Discovery Miles 1 190 Save R41 (26%) Pre-order

Hierdie gebruikersvriendelike en praktiese gids is ideaal vir klaskamergebruik. Die gids is so saamgestel dat dit die analise van die roman vir die onderwyser vergemaklik: literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, daar word verskeie skryf- en mondelingaktiwiteite binne konteks van die roman gegee, en daar is klasbesprekingspunte.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
The Personal History Of David…
Dev Patel, Peter Capaldi, … DVD  (1)
R43 Discovery Miles 430
Angelcare Odour Control Nappy Disposal…
R422 R365 Discovery Miles 3 650
Sudocrem Skin & Baby Care Barrier Cream…
R70 Discovery Miles 700
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Docking Edition Multi-Functional…
 (1)
R899 R500 Discovery Miles 5 000
Amplify Move It series Kids Activity…
R143 Discovery Miles 1 430
Dunlop Pro Padel Balls (Green)(Pack of…
R199 R165 Discovery Miles 1 650
Tommy Hilfiger - Tommy Cologne Spray…
R1,218 R694 Discovery Miles 6 940
Birds Of Greater Southern Africa
Keith Barnes, Terry Stevenson, … Paperback  (4)
R450 R299 Discovery Miles 2 990

 

Partners