0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (4)
  • R250 - R500 (6)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 12 of 12 matches in All Departments

Die Verevrou (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Die Verevrou (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R385 R344 Discovery Miles 3 440 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Liora word groot op ’n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, ’n priester, ’n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lę daar ’n grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Grootgeluk (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Grootgeluk (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder 1
R380 R339 Discovery Miles 3 390 Save R41 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Tijs Velaat is gebore op die plaas Grootgeluk in die distrik Oudtshoorn. As dit nie was vir die ongeluk met die treppie toe hy sestien word nie, het sy lewenslot dalk gelyk soos dié van die ander werksmense op die plaas. Maar ’n mens wat weet hoe om stom te wees, kry soms die hef in die hand. Tot baas Anneries weet nie aldag hoe hy dit het met Hessie se klong nie.

Tijs en sy mame woon naby die Schoemans se opstal, so naby dat hy snags die honde kan hoor snork. Hy is getuie van als wat reg én verkeerd loop op die werf: Nooi Hendrien se jaloesie wanneer Maria haar pa se guns wen, die dag toe Maria die Skotse beeldhouer ontmoet, en al die verkeerde paaie daarna. Miskien as Tijs nooit die skilpad op sy dop gekeer het nie, kon daar minder kronkels op die pad gewees het: op syne, én Maria en die Skot, én nooi Hendrien s’n.

Hierdie historiese roman speel af in ’n onstuimige era: die 1850’s tot 1914. Twee vertellers is aan die woord: Tijs Velaat en Hendrien, Andries Schoeman se vrou.

Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Sagie Se Storie: 'n Drieluik - Is Sagie / Is Weer Sagie / Sagie Is (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde.

Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.

Anderkant Omdraai (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Anderkant Omdraai (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R66 Discovery Miles 660 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Anderkant omdraai is 'n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het. Kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes wissel mekaar af en bied 'n vermaaklike leeservaring. Die leser van die rubrieke kan verwag om te lag en om geroer te word. Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeer, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag. Van Tonder slaag weereens daarin om lewenswaarhede op 'n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra.

Roepman (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Jan van Tonder Roepman (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Jan van Tonder
R360 R321 Discovery Miles 3 210 Save R39 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Hierdie roman speel af in 'n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in 'n grootmenswereld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van 'n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwereld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het 'n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen 'n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman. Die fyn waarneming van menswees, die patos en humor wat mekaar afwissel, die menslikheid van hierdie roman – by tye brutaal-realisties, maar ook hartverwarmend – sal geen leser onaangeraak laat nie.

Die Kind (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Die Kind (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder 1
R198 Discovery Miles 1 980 In Stock

Jan van Tonder betree in hierdie roman die magies węreld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is.

Is Sagie (Afrikaans, Book): Jan van Tonder Is Sagie (Afrikaans, Book)
Jan van Tonder
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days
Is Sagie (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Is Sagie (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R178 Discovery Miles 1 780 Ships in 4 - 6 working days

'n Verhaal wat in die Klein-Karoo afspeel - op die oog af eenvoudig, maar diep-menslik, 'n verhaal wat elke leser se hart sal raak. Die jong man Sagie boer saam met sy pa op 'n plasie in die Dwarsriviervallei en is skaars bewus van die dinge waaroor die meeste ander mense hulle normaalweg bekommer, hy leef gewoon soos sy oe sien en sy lyf voel. Sy vriendskap met Ansie, die dogter van die nuwe bure, laat hom die wonder van die liefde ervaar. Maar wanneer die werklikheid dit verbreek, het hy geen verweer nie.

Stargazer (English, Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Stargazer (English, Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R193 Discovery Miles 1 930 Ships in 4 - 6 working days

Both funny and terrible, magical and grimly realistic, this is a coming of age novel about a young boy living in a railway settlement in Durban in the mid-sixties. Its narrator, thirteen-year-old Timus, is part of a large family who struggles to make ends meet, and where the father's obsession with the church has distressing consequences. As the youngest member of his family, he is cocooned in his own world and lags behind his peer group when it comes to the sweet and dark things in life. Although the life he observes around him is often sad and disturbing, the narration is suffused with a sense of wonder and has an emotional resonance that touches the reader's heart.

Roepman (Paperback): Jan van Tonder Roepman (Paperback)
Jan van Tonder
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R252 Discovery Miles 2 520 Ships in 4 - 6 working days

Hierdie gesins- en inisiasieroman speel af in 'n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is die 13-jarige Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasieprosesse in 'n grootmenswereld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van 'n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwereld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het 'n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen 'n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman.

The Little Karoo / Die Klein Karoo / Die Kleine Karoo (English, Afrikaans, German, Paperback, Reissue): Jan van Tonder, Lanz... The Little Karoo / Die Klein Karoo / Die Kleine Karoo (English, Afrikaans, German, Paperback, Reissue)
Jan van Tonder, Lanz Von Horsten
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R504 Discovery Miles 5 040 Ships in 4 - 6 working days
Die Kind (2006 Uitgawe) (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Die Kind (2006 Uitgawe) (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 6 working days

Amazolo het die laaste maande van haar tyd gevra dat die kind in haar moet doodgaan, en sy saam met hom. Mlenzana het nie teruggekom nie. Sy het aanhou werk, tot op die laaste dag, asof sy nie kind gedra het nie en almal het oor haar gepraat, die hele Msinga vol, en verder weg tot by Bomvini en Thenjini, en die Zondi. "Ek sien jou," het sy gegroet wanneer sy iemand raakloop, maar niemand het geantwoord nie. Hulle het geweet dat sy die kind nie wou he nie. Jan van Tonder betree in hierdie roman die magiese wereld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is. Sentraal staan die uitverkore kind wat deur die wat dood is en tog lewe, gemerk is om 'n groot man te word - ten spyte van sy verskeurdheid tussen eenvoud en weelde en moeder en ma. Die een het hom in die lewe gebring, die ander het hom gesoog. Maar 'n kind kan nie tussen twee ma's staan as die een van riet en die ander van sterklip gemaak is nie. Jan van Tonder, skrywer van Aandenking vir 'n vry man, Roepman en Is Sagie het geen bekendstelling nodig nie. Sy krag le in sy vermoe om met min woorde en groot subtiliteit te beeld en te suggereer - soos ook in sy roman Die Kind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
TIAGO Delux 2-in-1 Stroller
R2,999 R2,299 Discovery Miles 22 990
Parker Jotter Ballpoint Pen - S. Steel…
R509 Discovery Miles 5 090
Ticket To Paradise
George Clooney, Julia Roberts, … DVD  (1)
R245 Discovery Miles 2 450
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
Christmas Nativity Set - 11 Pieces
R599 R539 Discovery Miles 5 390
Titanic - 4K Ultra HD + Blu-Ray
Leonardo DiCaprio, Kate Winslet Blu-ray disc R622 R575 Discovery Miles 5 750
Goldair GBF-809 Rechargeable Box Fan…
R493 Discovery Miles 4 930
Home Classix Trusty Traveller Mug…
R99 R69 Discovery Miles 690
Avatar 2: The Way Of Water - 4K Ultra HD…
James Cameron Blu-ray disc R622 R575 Discovery Miles 5 750
Adidas Speed 75 Boxing Glove (Silver and…
R602 R463 Discovery Miles 4 630

 

Partners