![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments
Liora word groot op ’n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys. Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe. Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, ’n priester, ’n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar ’n grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.
Tijs Velaat is gebore op die plaas Grootgeluk in die distrik Oudtshoorn. As dit nie was vir die ongeluk met die treppie toe hy sestien word nie, het sy lewenslot dalk gelyk soos dié van die ander werksmense op die plaas. Maar ’n mens wat weet hoe om stom te wees, kry soms die hef in die hand. Tot baas Anneries weet nie aldag hoe hy dit het met Hessie se klong nie. Tijs en sy mame woon naby die Schoemans se opstal, so naby dat hy snags die honde kan hoor snork. Hy is getuie van als wat reg én verkeerd loop op die werf: Nooi Hendrien se jaloesie wanneer Maria haar pa se guns wen, die dag toe Maria die Skotse beeldhouer ontmoet, en al die verkeerde paaie daarna. Miskien as Tijs nooit die skilpad op sy dop gekeer het nie, kon daar minder kronkels op die pad gewees het: op syne, én Maria en die Skot, én nooi Hendrien s’n. Hierdie historiese roman speel af in ’n onstuimige era: die 1850’s tot 1914. Twee vertellers is aan die woord: Tijs Velaat en Hendrien, Andries Schoeman se vrou.
Die storie van Sagie, seun van die Klein-Karoo, wat oor soveel jare heen in soveel harte gekruip het, word eindelik hier in een band klaar vertel. Van begin tot einde. Is Sagie het die eerste keer in 1987 verskyn, Is weer Sagie in 2013, en nou, tien jaar later, verskyn die slot in dié besonderse trilogie: Sagie is.
Anderkant omdraai is 'n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het. Kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes wissel mekaar af en bied 'n vermaaklike leeservaring. Die leser van die rubrieke kan verwag om te lag en om geroer te word. Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeer, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag. Van Tonder slaag weereens daarin om lewenswaarhede op 'n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra.
Hierdie roman speel af in 'n spoorwegkampgemeenskap in Durban in die sestigerjare. Die verteller is jong Timus, en saam met hom beleef ons sy inisiasie-prosesse in 'n grootmenswereld, en sy waarnemings van die mense en lewe rondom hom. Timus is deel van 'n groot gesin wat dit nie breed het nie en waar die pa se beheptheid met die kerk ontstellende gevolge het. As jongste in die gesin is hy toegespin in sy eie droomwereld en ook agter by sy portuurs oor die soet en duister dinge van die lewe. Hy het 'n sterk verbeelding en sy weergawe van insidente verleen 'n magies-realistiese gevoel aan die gebeure in die roman. Die fyn waarneming van menswees, die patos en humor wat mekaar afwissel, die menslikheid van hierdie roman – by tye brutaal-realisties, maar ook hartverwarmend – sal geen leser onaangeraak laat nie.
Jan van Tonder betree in hierdie roman die magies wêreld van die menslike religie waarin realiteit en mistiek moeilik van mekaar te onderskei is.
|
![]() ![]() You may like...
|