0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (11)
  • R250 - R500 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 17 of 17 matches in All Departments

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme deur leë gange – en dan begin die aanvalle . . .

Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer Dumbledore een nag in Ligusterlaan aankom om Harry Potter te kom oplaai, is sy hand swart en verskrompel, asof die vleis weggebrand is. Geheime en gerugte versprei deur die towenaarswêreld, en selfs Hogwarts is nie veilig nie. Harry is oortuig dat Malfoy die Donker Merk dra: daar is ’n Doodseter tussen hulle. Harry gaan kragtige towerkuns en egte vriende nodig hê terwyl hy Voldemort se donkerste geheime ondersoek, en Dumbledore berei hom voor vir die lot wat nog altyd op hom wag . . .

Harry Potter en die Skatte van die Dood (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Skatte van die Dood (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die Donker Heer blaas vrees in alles waarvoor Harry lief is, en om hom te stop, sal Harry die oorblywende Horcruxe moet vind en vernietig. Die laaste stryd moet begin . . .

Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) In Stock

Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken, is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .

Eerste Liefde Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen, Helen Brain Eerste Liefde Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen, Helen Brain
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Ouens is nes ekstra bagasie
Liefde is nie tjoklits nie
Soene op 'n Suzuki

In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak.

In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en 'n makeover is haar enigste hoop.

In Soene op 'n Suzuki het Lizanne skaars die supervatterige Gerhard afgesê of haar ma pers haar af om met hom op te maak.

Eerste Liefde Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen, Helen Brain Eerste Liefde Omnibus 1 (3-In-1) (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen, Helen Brain
R210 R188 Discovery Miles 1 880 Save R22 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart klop muffins laat die ou met die Franse naam Kat se hart jaag. Maar wat is Pierre se donker geheim?

Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy – en almal wat oor hom lees – nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!

Ouma Hester En Die Superkomeet (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Ouma Hester En Die Superkomeet (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by ’n gemene pakt met eienaardige ruimtewesens. As hulle sending misluk, is planeet Aarde in groot gevaar! Dis tyd om die ruimte in te snel. Die monsteragtige Molluske wag . . .

Ouma Hester En Die Dreadnought (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Ouma Hester En Die Dreadnought (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!

Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Beker Vol Vuur (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Die Drietowenaarstoernooi vind by Hogwarts plaas. Slegs towenaars wat ouer as sewentien is, mag inskryf – dit keer Harry egter nie om te droom dat hy die kompetisie eendag sal wen nie. Maar toe die Beker Vol Vuur op Allerheiligeaand die kampioene aanwys, is Harry verstom om te ontdek sy naam is een van dié wat uitgesoek word. Hy moet lewensgevaarlike take uitvoer en drake en Donker towenaars trotseer . . . Maar met sy beste vriende Ron en Hermione aan sy kant, mag hy dit dalk net oorleef . . .

Harry Potter en die Gevangene van Azkaban (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Gevangene van Azkaban (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R265 R237 Discovery Miles 2 370 Save R28 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Wanneer die Ridderbus deur die donker bars en skreeuend voor hom tot stilstand kom, is dit vir Harry Potter die begin van nog ’n ongewone jaar op Hogwarts. Sirius Black, ’n berugte moordenaar en volgeling van Heer Voldemort, het uit Azkaban ontsnap – en hulle sê hy is op Harry se spoor. Boonop sien professor Trelawney ’n aaklige voorbode oor die dood in Harry se teeblare . . . Maar miskien is die vreesaanjaendste ding van alles die Dementors wat die skoolgronde patrolleer . . .

Die Kameraadskap Van Die Ring (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Kameraadskap Van Die Ring (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Janie Oosthuysen
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R385 Discovery Miles 3 850 Ships in 2 - 4 working days

Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture.

Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas.

Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.

Die Verlore Ystervarkpen - 'n Ndebeleverhaal (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Die Verlore Ystervarkpen - 'n Ndebeleverhaal (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
R117 Discovery Miles 1 170 Ships in 5 - 10 working days

Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Rimpelstories is 'n leesreeks vir die Hersiene Nasionale Kurrikulum in die Intermediêre Fase. Die reeks poog om jong lesers die genot van lees te laat ontdek en hul visuele geletterdheid te ontwikkel deur interessante, boeiende tekste wat ryklik geïllustreer is.

Die tematiese inhoud sluit sensitiewe vraagstukke soos besoedeling, boelies en vigs in, maar dit sluit aan by die leefwêreld van die lesers met humor wat wyd gebruik word.

Die Hobbit (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Hobbit (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Janie Oosthuysen 1
R413 Discovery Miles 4 130 Ships in 6 - 10 working days

Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak … Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wereld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.

Soene Op 'n Suzuki (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Soene Op 'n Suzuki (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R171 Discovery Miles 1 710 Ships in 2 - 4 working days

Skaars het Lizanne die supervatterige Gerhard Greeff afgese en met Ryno Thiart begin uitgaan, of haar ma pers haar af om met Gerhard Kreefkloue op te maak. Daar is ook (kramp kramp kramp) haar "Engelse" niggie, Mandy, wat skielik bonatuurlik sexy geword het en al weer by hulle kuier. As haar ma net wil besef dat sy wat Lizanne is, sal doodgaan as sy Ryno moet verloor. As Gerhard net wil ophou om haar te stalk. As Mandy net skielik vet word en puisies kry. As . . . as . . . as . . . Wat kan sy doen om haar lewe en haar vakansie te red? Die 6de in 'n reeks van 6 boeke. Rugbyballe en bikini’s; Daar’s ’n ou in my aarbei-smoothie; My hart klop muffins; Ouens is nes ekstra bagasie; Liefde is nie tjoklits nie; Soene op 'n Suzuki.

Ouens is nes ekstra bagasie (Afrikaans, Paperback, 2nd ed): Janie Oosthuysen Ouens is nes ekstra bagasie (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Janie Oosthuysen
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R171 Discovery Miles 1 710 Ships in 2 - 4 working days
Daar is vlooie in my bed (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Daar is vlooie in my bed (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R116 Discovery Miles 1 160 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Bee-Keeping with Twenty Hives
Arthur Leonard Sandeman Allen Hardcover R736 Discovery Miles 7 360
Climate Under Cover
Tadashi Takakura, Wei Fang Hardcover R1,514 Discovery Miles 15 140
We'll Prescribe You Another Cat
Syou Ishida Hardcover R395 R330 Discovery Miles 3 300
Sir Thomas Overburies Vision
Richard Niccols Paperback R376 Discovery Miles 3 760
Making It So - A Memoir
Patrick Stewart Paperback R726 R632 Discovery Miles 6 320
Rudge-Whitworth - The Complete Story
Bryan Reynolds Hardcover R732 R691 Discovery Miles 6 910
Disciple - Walking With God
Rorisang Thandekiso, Nkhensani Manabe Paperback  (1)
R280 R250 Discovery Miles 2 500
How to Build a Bobber on a Budget
Jose De Miguel Paperback R615 R564 Discovery Miles 5 640
Casebook On The South African Law Of…
Jacqueline Heaton Paperback R693 Discovery Miles 6 930
From Sovereign to Symbol - An Age of…
Thomas Donald Conlan Hardcover R2,875 Discovery Miles 28 750

 

Partners