![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 3 of 3 matches in All Departments
Wierenga skryf met ’n drif en vernuftigheid en voer die swakhede soms tot komiese uiterstes, veral wanneer sy klaarspeel met die verraad en ydelheid van minnaars. Tog bly die oorheersende indruk die van ’n menslike kyk na ander mense. Wierenga steek egter nie in die persoonlike vas nie, maar takel op moedige wyse openbare kwessies. Wanneer sy dit het oor die onreg aan ander, die vernieling van die omgewing en die vernietiging van lewende wesens, skryf sy met ’n vreesloosheid en drif wat van hierdie bundel iets besonders maak.
Die Prima Donna is Jacques Viviers, die sjef by die Volkskombuis. Hy se 'n mens spreek sy naam so uit: Sjaaak, so half met 'n lam tong. Volgens hom is sy van Wiwijee. As jy hakkel terwyl jy dit se, se jy dit net reg. Sjaaak Wiwijee hoop mense dink hy is van Frankryk. Maar ons almal weet hy is Koos Viviers van Sannieshof. Bruno, 'n slimkop-boekwurm, sy beduiwelde rooikop-tweelingsuster, Bronnie, en hul maat, Ben, moet die misterieuse verdwyning van hul geliefde kat, Kattebol, oplos. Het die onderonsie tussen hulle ma en die sjef by die Volkskombuis dalk 'n rol gespeel in die hele drama? Hierdie is 'n opwindende avontuurverhaal wat behendige speurwerk vereis. "Die spanningslyn, die aksie, die dialoog, alles word knap hanteer, maar dis veral die humor wat die verhaal bo soveel ander laat uitstyg." Marita van der Vyver
Die koning word deur sy geliefde koningin verlaat omdat hy so outyds is. Vir 43 dae lank sit en treur die koning sonder om te was of te skeer of met 'n dooie siel te praat. En toe ontmoet hy vir Pluis die Bosluis. Kan 'n beskeie bosluis die koning help om weer die koningin se hart te wen?. "'n Heerlike moderne sprokie vir oud en jonk, deurgaans met humor aangebied, vol giggelende en grillerige oomblikke. Wat meer kan 'n kind van 'n lekkerleesstorie vra?" Marita van der Vyver
|
![]() ![]() You may like...
Wits University At 100 - From Excavation…
Wits Communications
Paperback
|