0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (10)
  • R250 - R500 (4)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 15 of 15 matches in All Departments

Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Meisies (Sagteband) (Paperback): Johan Smith Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Meisies (Sagteband) (Paperback)
Johan Smith
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die reis na volwassenheid kom met baie vrae en stampe en stote. Gelukkig kan jongmense altyd vertrou dat die Here hulle deur sy Woord sal lei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir meisies sal tieners help om elke dag tyd te maak vir God met 366 kort stukkies vir elke dag van die jaar wat hulle oë gefokus sal hou op die Here. Die kort gedagtes oor onderwerpe spesifiek gemik op hulle behoeftes en lewe, van sekerheid van verlossing tot ’n rein lewe, sal hulle geloof versterk. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor hulle wonder.

Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Jong Mans (Sagteband) (Paperback): Johan Smith Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Jong Mans (Sagteband) (Paperback)
Johan Smith
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Die reis na volwassenheid kom met baie vrae en stampe en stote. Gelukkig kan jongmense altyd vertrou dat die Here hulle deur sy Woord sal lei.
Die sakpas-Bybel met oordenkings vir jong mans sal tieners help om elke dag tyd te maak vir God met 366 kort stukkies vir elke dag van die jaar wat hulle oë gefokus sal hou op die Here. Die kort gedagtes oor onderwerpe spesifiek gemik op hulle behoeftes en lewe, van sekerheid van verlossing tot ’n rein lewe, sal hulle geloof versterk. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor hulle wonder.

Leef Gefokus: 365 Dae Vir 'N Doelgerigte Lewe: Johan Smith Leef Gefokus: 365 Dae Vir 'N Doelgerigte Lewe
Johan Smith
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Met Leef gefokus wil Johan Smith jongmense wys hoeveel leiding hulle in die Bybel kan kry. Die 365 dagstukke van hierdie dagboek bevestig vir jongmense dat mense selfs in die Bybelse tyd met probleme geworstel het waarmee mense vandag nog worstel, dat hulle ook foute gemaak het of aan hulleself getwyfel het. Die dagboek versterk die boodskap dat alle mense goed genoeg is vir God ten spyte van al hul tekortkominge. Dit bevestig aan jongmense dat hulle altyd bereid moet wees om op te staan vir die Een in wie hulle glo.

Leef gefokus sal lesers aanspoor om God se liefde aan ander te gaan verkondig, en hulle help om ’n uitgebreide “vriendekring” in die Bybel te ontdek.

12 Sleutels Tot Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback): Dirkie van der Spuy 12 Sleutels Tot Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback)
Dirkie van der Spuy; Bennie Mostert, Johan Smith, Stephan Joubert
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:

  • Geloofsekerheid
  • Groei
  • Gehoorsaam
  • Groepe

  • Gawes
  • Getuig
  • Genade
  • Gebed

  • Gaan
  • Gee
  • Genesing
  • Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n handboek gebruik word vir kleingroepe.

Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) In Stock

In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag?

In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.

Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.

Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith 1
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) View more sellers Ships in 9 - 14 working days

Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith.

Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.

Pocket Bible Devotional For Girls Pink (Paperback) (Paperback): Johan Smith Pocket Bible Devotional For Girls Pink (Paperback) (Paperback)
Johan Smith
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Being a young adult comes with a lot of questions, trials and tribulations. Fortunately, the Lord is always there to offer guidance and support

Figheadair (Scottish Gaelic, Hardcover): David Hutchison Figheadair (Scottish Gaelic, Hardcover)
David Hutchison; Daibhidh MacUistein, David Hutchison; Translated by Johan Smith; Joan Hutchison
R547 Discovery Miles 5 470 Ships in 10 - 15 working days
Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Leef In Volkleur - Vreugde Deur Verhoudings (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dink na oor die grootste hoogtepunte en die mees kosbare tye in jou lewe. Die skrywer is oortuig dat die meeste hiervan iets te doen het met mense, mense met wie jy 'n warm, kwaliteitsverhouding beleef. Hoekom is hy so oortuig? Want die lewe bestaan uit verhoudings.

God se DNA is liefde. Hy is die God van genade en gemeenskap. Dit is wie en wat Hy is. Dit gaan hand aan hand met die ware aard van God om Homself onophoudelik met ons te deel. In hierdie wonderlike boek delf Johan Smith diep in Bybelse waarhede oor die kern van verhoudings. Hy wys vir ons dat God 'n God van innige verhoudings is, en daarom moet ons in sy voetspore volg en weer passievol oor verhoudings raak.

Colour Your Life With Relationships - A New Shade Of Happy (Paperback): Johan Smith Colour Your Life With Relationships - A New Shade Of Happy (Paperback)
Johan Smith
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Take a few moments and reflect on some of the greatest highlights and some of the most precious moments in your life.

The writer is convinced that most of these recollections have something to do with people, people with whom you enjoy a warm, quality relationship. Why is he so convinced? Because life is relationships. God’s DNA is love. He is the God of grace and community. This is who He is and what He does. It is part and parcel of the very nature of God to constantly share Himself with His creation and with all of us.

In this wonderful book Johan Smith unearths deep biblical truths about the essence of relationships. He shows us that God is deeply relational, therefore, we need to follow in his footsteps and become passionate about his kind of relationships again. Johan guides us masterfully how to grow and nurture such relationships with God and others in this must-read book!

Gesonde Gesinsverhoudings in 'n Virtuele Wereld (Paperback): Johan Smith Gesonde Gesinsverhoudings in 'n Virtuele Wereld (Paperback)
Johan Smith
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R168 Discovery Miles 1 680 Ships in 4 - 6 working days

Praktiese, prettige voorstelle vir ouers om skermtyd te vervang met innige, durende verhoudings.

Die gesin is diep in die moeilikheid.

Die lewe vandag is so ’n dolle gejaag dat ouers en kinders mekaar dikwels net so in die verbygaan sien, en in daardie skaars tye wat ons ’n oomblik vir onsself het, is ons vasgegom aan ’n skerm van een of ander aard.

In Gesonde gesinsverhoudings gee Johan Smith praktiese en prettige raad hoe die gesin van die een-en-twintigste eeu kan wegkom van die digitale hulpmiddels en weer in ’n hegte verhouding met mekaar kan leef. Dit sluit voorstelle in soos die hou van fliekaande, die skep van saamlag-geleenthede en die terugbring van die etenstafel. So kan elke ouer die tipe omgewing skep waar kinders geborge voel en toegerus word om die toekoms met vertroue in te gaan.

Brog is Ad, Co leis a tha iad? (Scottish Gaelic, Board book): Sally Symes Brog is Ad, Co leis a tha iad? (Scottish Gaelic, Board book)
Sally Symes; Illustrated by Nick Sharratt; Translated by Johan Smith
R179 Discovery Miles 1 790 Ships in 10 - 15 working days
Figheadair (Paperback): Daibhidh MacUistein Figheadair (Paperback)
Daibhidh MacUistein; Illustrated by David Hutchison; Translated by Johan Smith
R344 Discovery Miles 3 440 Ships in 18 - 22 working days
Kuiertyd Met Jesus - 'n Bybelse Dagboek Vir Tieners (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Kuiertyd Met Jesus - 'n Bybelse Dagboek Vir Tieners (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days
Hoe Om Jou Lewe Te Verwoes Voor Jy 16 is - 'n Wake-up Call Vir Jongmense (Afrikaans, Paperback): Johan Smith Hoe Om Jou Lewe Te Verwoes Voor Jy 16 is - 'n Wake-up Call Vir Jongmense (Afrikaans, Paperback)
Johan Smith
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R189 Discovery Miles 1 890 Ships in 4 - 6 working days

Ontdek die 15 dinge wat jou lewe kan verwoes voor jy 16 is.

As jy as volwassene soms sukkel om kop te hou, wat van ons jongmense? Hulle word uit alle oorde gebombardeer met superryk, superbekende en supersexy plastiekbeelde. Maar hulle besef nie altyd hoe vals hierdie beelde is nie, en streef dan – dikwels op vernietigende wyse – daarna om soos minder as 2% van die wêreldbevolking te lyk en op te tree.

Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is is daarom ’n móét vir elke jongmens, ouer, onderwyser en jeugwerker. Johan Smith bespreek onder andere selfdood, die misbruik van tegnologie, drank, dwelms, eetversteurings, okkultisme en pornografie – net ’n paar van die 15 dinge wat régtig jou lewe kan verwoes.

Dié hersiene uitgawe van Hoe om jou lewe te verwoes voor jy 16 is bevat nuwe statistiek en ook besprekingsvrae wat tieners self kan deurwerk en wat van onskatbare waarde vir jeugleiers sal wees.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Driving the Development, Management, and…
Kiran Ahuja, Arun Khosla Hardcover R5,576 Discovery Miles 55 760
Metric Manipulations in Haydn and Mozart…
Danuta Mirka Hardcover R2,159 Discovery Miles 21 590
The Innocent Eye - Why Vision Is Not a…
Nico Orlandi Hardcover R1,839 Discovery Miles 18 390
Experiments and Modeling in Cognitive…
Fabien Mathy, Mustapha Chekaf Hardcover R3,693 R3,445 Discovery Miles 34 450
Accenting the Classics: Editing European…
Deborah Mawer, Barbara L. Kelly, … Hardcover R4,248 Discovery Miles 42 480
The Interdisciplinary Handbook of…
Warren Mansell, Eva de Hullu, … Paperback R3,942 Discovery Miles 39 420
Bodily Sensibility - Intelligent Action
Jay Schulkin Hardcover R2,253 Discovery Miles 22 530
Understanding Female Offenders…
Jason M Smith, Carl B Gacono, … Paperback R2,495 Discovery Miles 24 950
A Pragmatic Guide to Low Intensity…
Elizabeth Ruth, James Spiers Paperback R2,938 Discovery Miles 29 380
French Music Since Berlioz
Caroline Potter Paperback R1,810 Discovery Miles 18 100

 

Partners