Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Van Bientang het net die naam van 'n restaurant in Hermanus oorgebly: Bientang's Cave, asook 'n weggooi-opmerking: die laaste Strandloper. Uit hierdie gegewens sny die digter se verbeelding spoor in 'n kontra-epos. Wie was Bientang? Te midde van historiese geskrifte, kontemporêre angste en oorlewerings verskyn buitelyne om haar vir oomblikke binne bereik te bring. Die toonaard van die bundel is egter verlies oor 'n verlede wat geen spoor laat in die opgeskryfde geskiedenisse van die land nie.
Radbraak is Jolyn Phillips se digdebuut in Afrikaans. In dié digbundel verbrokkel sy taal, draai sy die rug op haar vel-taal, ‘radbraak’ sy haar eie taal. Dit is die enigste medium wat sy het, maar sy breek dit, sy vernuwe dit, sy ont-taal dit. Phillips is ’n nuwe stem in Afrikaans – soms liries maar deurgaans skreiend en ook uitdagend. Volgens bekroonde digter Petra Müller is Radbraak ’n ‘klein aardbewing van ’n bundel’.
|
You may like...
|