|
Showing 1 - 25 of
27 matches in All Departments
Die storie van Gulliver se reise is vir Lillie betowerend –
letterlik! Lillie is absoluut gek oor die boek en wonder hoe dit
moet voel om ’n reus te wees in ’n land waar die mense skaars
groter is as jou duim. Maar hoe kom sy daar? Toe haar klein pes van
’n boetie, Leon, haar kom pla met ’n probleem, gee hy onwetend vir
haar die antwoord! Haar eerste probeerslag loop egter skeef, en so
amper word sy die prooi van die buurvrou se kat. Wanneer haar
toordery wel ’n tweede keer slaag, kry sy nie met ’n kat te doen
nie, maar met ’n veel gevaarliker vyand wat die Lilliputters se
lewens daagliks bedreig. Sal sy daarin slaag om hulle te help?
Lillie besluit om weer ’n keer haar draakvriendjie, Hektor, te
besoek. Daar gekom is die arme drake skoon geel van stres ... Drie
groot draakeksamen le vir hom voor en hy oefen verwoed om elke item
te slaag. Met die eet soveel as wat jy kan-item het Hektor geen
probleem nie: so klein soos hy is, het hy die aptyt van ’n beer.
Maar die lekkerbekkigheid het nadele! Met sy ronde boepens sukkel
sy klein vlerkies om hom in die lug te hou – en die belangrikste
toets is natuurlik wie die hoogste en vinnigste kan vlieg. Hekse
word nie toegelaat by die eksamen nie, maar onse Lillie is nie
sommer enige heksie nie en sy laat nooit haar vriende in die steek
nie.
Die lawwe ridder Don Quijote is besig om die stad op horings te
neem, en dis alles Lillie se skuld! Die storieboekheld het met
behulp van een van haar towerspreuke daar beland en nou saai hy
oral verwoesting. Hy sien motors vir drake aan en storm met sy
“strydros” ('n fiets wat hy roesinante noem) op hulle af.
Advertensieborde val hy met sy lans aan. En by die kermis wil hy
opsluit die mallemeuleperdjies bevry! En dis nog net die
begin...Maar die soort petalje is mos Lillie se kos.
Lillie lees op 'n dag 'n gruwelike boek oor vampiere. Maar moenie
dink dit skrik Lillie af nie! Inteendeel. Lillie is mos vir niks
bang nie, en sy besluit om Transsilvanie te besoek om die gevreesde
skepsels met haar eie oe te sien. Gewapen met knoffel, houtdolke,
sonbrille en nog wat, doen sy die heksesprong en beland binne-in
Dracula se kasteel! Sal sy die moedelose inwoners van Brasov kan
help? En self uit Dracula se kloue kan bly?
Lillie neem die heksesprong na die heldhaftige wikings. Daar gekom,
besef sy egter dat nie alle wikings sterk en dapper is nie...Sy
ontmoet Helgar die bangbroek! Helgar se pa, die gewese stamhoof,
het tydens 'n vorige ekspedisie weggeraak en die vikings het
aanvaar dat hy dood is. Lillie ontdek egter iets wat haar daarvan
oortuig dat hy nog lewe. Sy bied aan om na hom te gaan soek en
vertrek saam met 'n hele klomp vikings op 'n skip. Maar nie almal
is ewe entoesiasties om die ou hoofman te vind nie, en die soektog
raak lewensgevaarlik...
Hierdie keer doen Lillie 'n heksesprong wat haar miljoene jare
terugneem tot in die land van die dinosourusse. Maar – o gedorie! –
kleinboet Leon is ook daar! Hoe op aarde het hy daar gekom? Lillie
wil hom so gou moontlik terug huis toeneem, maar dan gebeur iets
vreesliks: 'n Pterosourus gryp die knapie en vlieg met hom weg! Hoe
nou gemaak? Sal Lillie haar boetie betyds uit die vlieende reus se
kloue kan bevry?
Uit pure agtelosigheid lees Lillie op 'n dag hardop uit haar
towerboek. Asof sy teen die tyd nie van beter weet nie! Heeltemal
onverwags en onvoorbereid beland sy in die middel van 'n oerwoud.
Die oerwoudstam wat haar aanvanklik gevange neem, is onder die
indruk dat sy 'n toordokter is en versoek haar om na hul verlore
skat te gaan soek. Met net 'n raaisel as roetebeskrywing, gaan
Lillie op die soektog na die goue grot. Sal Lillie dit vind, en hoe
sal sy weer kan huis toe kom sonder haar speelmuisie by haar? Of is
Lillie vir altyd in die oerwoud gestrand?
Hierdie keer beland Lillie in die Wilde Weste – plek van
stofstrate, saloons en skietgevegte! Sal Lillie en haar Colt die
inwoners van Bourbontown kan help om drie geslepe rampokkers ore
aan te sit?
Vandat sy 'n geheime towerboek onder haar bed ontdek het, is niks
vir Lillie lekkerder as om heksespronge na interessante plekke te
doen nie. Maar soms word haar towery ’n bangmaakspulletjie –
byvoorbeeld toe sy haar skielik in ’n Egiptiese farao se grafkelder
bevind. Meteens is haar flits se batterye pap, en verloor sy boonop
nog die muisteddie waarmee sy haar na die werklikheid moet
terugtoor. Deksels! En het sy nie juis voetstappe agter haar gehoor
nie?
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie
oor kinderboekrakke dwarsoor die wereld. Met totale wereldwye
verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale
is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse
harte gaan verower nie! Die selfleesboekies is gemik om agtjariges
en ouer. Lillie is uit haar vel uit van blydskap toe sy ’n
mikroskoop vir haar verjaarsdag kry. Sy wil dit al so lank he!
Wanneer sy ’n sneeuvlokkie onder die lens plaas, is sy stomgeslaan
oor die prag en wil noodgedwonge ’n land van sneeu en ys besoek.
Met die heksesprong beland sy in Wonderland. Maar iets is daar nie
pluis nie. Die koning het vermis geraak en Somer- en Lenteland word
stadig maar seker al hoe kouer. Winter neem oor. En gerugte van ’n
wrede vors doen die rondte. Lillie en Hektor, haar draakvriendjie,
gaan ondersoek instel.
Ontsteltenis in Bourbontown: as die Drie Tornado's agter slot en
grendel is, kan dit tog net die Rooihuide wees wat die dorpenaars
so rot en kaal steel? Sal Lillie en Milla Tortilla agter die kap
van die byl kom – of self hul kopvelle verloor?
Lillie is al vir ’n geruime tyd ’n geheime heksie, maar niks kan
haar voorberei op haar verrassende nuwe status nie: geheime
ekspert-heksie! Skielik het sy toegang tot die wonderbaarlike
Orfeustrap, waarmee sy na plekke kan reis wat sy gedink het net in
fantasiee bestaan – soos die geheime stad Atlantis.
Lillie beland in die skatkamer van ’n beleerde kasteel en soos die
noodlot dit wil he, het die inwoners dringend haar hulp nodig. Maar
die magtige Swart Ridder laat hom deur niemand keer nie. Sal Lillie
hom met ’n towerswaard kan oorwin? En wat van die draak wat die
swaard oppas?
Staan opsy, Sherlock Holmes: Speurder Lillie is in die buurt, met
’n vergrootglas en ’n paar towerkunsies in haar agtersak! Wanneer
haar ma se fiets gesteel word, het Lillie dubbele werk om te doen:
om die verlore fiets op te spoor, en om die booswig vas te trek.
Gelukkig beteken twee keer soveel speurwerk ook twee keer soveel
pret ... en ’n getoor van die eerste water!
Skip ahooi! Hys die seile! Lillie die Heksie maak 'n opwindende
draai op 'n regte seerowerskip. Lillie kry dit reg om haar terug in
die verlede en tot aan boord die berugte seerowerkaptein Bakkebaard
se skip te toor ... maar dan loop sy haar vas in ’n onverwagse
penarie. Is Lillie in lewensgevaar, of is dit eerder die seerowers
wat sal moet ligloop vir Lillie?
Die sirkus is hier! Wanneer hulle ma met kaartjies vir die sirkus
se galavertoning by die huis aankom, is Lillie en Leon die ene
opgewondenheid. Lillie en Leon kan nie wag vir Saterdag nie – want
Saterdag gaan hulle sirkus toe! Maar anders as haar kleinboet, wat
tevrede is om oopmond na al wat ’n toertjie is te kyk, jeuk Lillie
se hande om deel te neem aan die skouspel. Sal Lillie en haar
towerkunsies dit regkry om die sirkusvertoning selfs meer
onvergeetlik te maak?
Santie is nog te jonk om geskeer te word. Sy gaan verken die wereld
en ontmoet verskillende diere wat almal haar pragtige wol bewonder.
Almal wil graag 'n bietjie daarvan he... maar soos haar wol groei,
groei ook haar opinie van haarself. Haar pragtige wol met ander
deel? Nooit! Haar wol groei langer en langer en langer...
uiteindelik ontdek sy dat die ware skoonheid van haar wol eers
verskyn toe sy leer hoe om dit met ander te deel.
Bruno raak op 'n pragtige blom verlief. Hulle is dolgelukkig en bly
'n lang ruk saam. Uiteindelik gaan die lente verby, en die blom
vra: "Vertrou jy my?". Bruno se vertroue word kwaai getoets. 'n
Poetiese verhaal waar vertroue en liefde baie geleidelik maar diep
ontwikkel.
The little marmot Bruno plays with his friends in the meadow. But
as winter approaches, it is time for hibernation. Yet "I can't
sleep!", Bruno says grumpily. His friends the goat, the rabbit, the
swallows all want him to come with them for the winter. But he
worries about the rocks, the cold, the wind. Instead, he goes to
sleep, as a little marmot should, and dreams of exciting adventures
with them all. In spring, he wakes to the calls of his friends, and
emerges into the warm spring sunshine, after exciting dreams,
rested and ready to play with his friends.
After a long winter's hibernation, Bruno the marmot wakes up to
discover the most beautiful dandelion outside his burrow. The two
quickly become friends and when the dandelion asks Bruno to help
her, he has to trust her that everything will be fine. So, as she
asks, he blows her seeds away into the wind, only to find that he's
left without a friend anymore. He's sad at the loss of his
dandelion, but after another winter's sleep, he wakes to find a
wonderful surprise. This is an endearing book that shows the power
of a promise.
Bruno raak op 'n pragtige blom verlief. Hulle is dolgelukkig en bly
'n lang ruk saam. Uiteindelik gaan die lente verby, en die blom
vra: ""Vertrou jy my?" Bruno se vertroue word kwaai getoets. 'n
Poetiese verhaal waar vertroue en liefde baie geleidelik maar diep
ontwikkel.
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R383
R310
Discovery Miles 3 100
Sing 2
Blu-ray disc
R210
Discovery Miles 2 100
|