0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (2)
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments

Skadu Oor Die Sonwyser (Afrikaans, Paperback): Kobus Lombard Skadu Oor Die Sonwyser (Afrikaans, Paperback)
Kobus Lombard
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R96 Discovery Miles 960 Ships in 2 - 4 working days

Kobus Lombard se vierde digbundel word gekenmerk deur ’n sterk gevoel vir plek. Soos te verwagte is daar verwysings na bekende plekke in Namibie, soos Gobabis, Rundu, Swakopmund, die stad Windhoek, die Kavango- en Nossobrivier, die woestyn en die seekus van die dood. Selfs in gedigte waar daar geen duidelike verwysings na die Namibiese landskap is nie, bly die leser bewus van die wye en dikwels ongenaakbare landskap wat die agtergrond vir die meeste gedigte vorm, soos in “Ylblou berg”: “ … word hy bruin en ruig begroei/met swart voels wat sirkel/teen die grynslag van sy kranse”. Hierteenoor is daar in baie gedigte ook sprake van kleiner, intiemer en mensliker ruimtes: ’n strandhuis, die binneruimte van ’n kerk, museums, restaurante, selfs grafte en ’n klerekas. Met sowel die groter as die intiemer ruimtes tree die digter in gesprek. Dit is opmerklik hoe dikwels die aanspreek van plekke, mense en dinge die inslag van die gedigte vorm, asof die digter homself gedurig in verhouding met die ander stel en in die gedig hierdie verhouding wil verken en peil. Verweef met die menslike verhoudings is ook die verhouding met die verlede, met sy eie kinderjare en ’n verbygegane plattelandse lewe, wat nooit geromantiseer word nie, maar met ’n effens ironiese toon opgeroep word, soos in die gedig “Gobabis”, waar die verval van die dorpie so geteken word: “die stof hang ’n kring om die sweet van jou tiervelhoed/die vensters van jou oe is gebreek/jou mure skilfer soos oumensvel”. Die digter kyk ook ewe ironies na menslike gedrag in verskillende kontekste: kerkgangers, besoekers aan restaurante, die beheptheid met fiksheid, die verandering van straatname en selfs sy eie skryfpogings. Oor al hierdie dinge en verskynsels val die skaduwee van die sonwyser, en word die leser vroeg reeds bewus van die verbygaan van tyd sodat sekere dinge onafgehandel moet bly (“Ongevra”) en die onvermoe om te behou of te bestendig: “vergeefs soek ons taal/wat ruik na vars hopies grond/om ons verliese te begrawe”.

Tussen Wysvinger En Duim (Afrikaans, Paperback): Kobus Lombard Tussen Wysvinger En Duim (Afrikaans, Paperback)
Kobus Lombard
R36 Discovery Miles 360 View more sellers Ships in 6 - 10 working days
Tussen Toeval en Willekeur (Afrikaans, Paperback): Kobus Lombard Tussen Toeval en Willekeur (Afrikaans, Paperback)
Kobus Lombard
R10 Discovery Miles 100 View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Kobus Lombard se vyfde digbundel is ’n voortsetting van ’n binnewaartse reis op soek na die grense wat sy werklikheid omlyn. Beelde uit Lombard se Namibiese leefwęreld suggereer dat die onsegbare dikwels tussen woorde en in leë spasies skuil; dat die ware god hom verskans tussen vele ander gode. Grense vervaag en die waarheid flits soms bedrieglik soos gemsbokhorings teen ’n duin. Tussen die pole van waarskynlikheid word die ritme bepaal deur toeval en willekeur.

Vlerke Vir My Houteend (Afrikaans, Paperback): Kobus Lombard Vlerke Vir My Houteend (Afrikaans, Paperback)
Kobus Lombard
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R83 Discovery Miles 830 Ships in 2 - 4 working days

Baie toeganklike poesie met sterk godsdienstige ondertone wat nooit soetsappig word nie. Die Namibiese digter Kobus Lombard sluit met sy derde bundel aan by temas in sy vorige twee bundels. Hy skryf in eenvoudige taal en helder beelde oor die skeppingsproses waar die digter soms op loop geneem word deur woorde, maar soms soos 'n hengelaar daarin slaag om die groot vis in te katrol. Dit is egter veral sy verse oor die godsdiensbelewing van gewone mense wat by baie lesers aanklank behoort te vind. God verskyn dikwels in die onverwagse, as 'n bedelaar in 'n supermark ("Bedelaar") maar ook in die fyn besonderhede van die natuur ("Watergat") of in die gewone, soos Gobabis se stofstrate ("Ek sien 'n nuwe hemel").

Geknipte Naelstring (Afrikaans, Paperback): Kobus Lombard Geknipte Naelstring (Afrikaans, Paperback)
Kobus Lombard
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R107 Discovery Miles 1 070 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
After Urban Regeneration - Communities…
Dave O'Brien, Peter Matthews Hardcover R2,648 Discovery Miles 26 480
Passenger Transport After 2000 A.D.
G. B. R. Feilden, Alan Wickens, … Paperback R1,017 Discovery Miles 10 170
Environmental Transformations - A…
Mark Whitehead Paperback  (3)
R415 Discovery Miles 4 150
Biological and Environmental Hazards…
Ramesh Sivanpillai Paperback R3,813 Discovery Miles 38 130
Future Transport Policy
K.J. Button, D. Gillingwater Paperback R1,013 Discovery Miles 10 130
Routledge Library Editions: Development…
Various Hardcover R16,539 Discovery Miles 165 390
Orienting Istanbul - Cultural Capital of…
Deniz Goekturk, Levent Soysal, … Hardcover R5,220 Discovery Miles 52 200
Migration - A World History
Michael H. Fisher Hardcover R2,758 Discovery Miles 27 580
City Centre Planning and Public…
Barry J. Simpson Paperback R1,010 Discovery Miles 10 100
Hidden Russia - Informal Relations and…
Oleg Konovalov, Andrew Lawrence Norton Paperback R710 Discovery Miles 7 100

 

Partners