0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R250 - R500 (4)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Die naamlose (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Mariel le Roux Die naamlose (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Mariel le Roux
R375 R352 Discovery Miles 3 520 Save R23 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Wenner van die tweede prys in die Sanlam-Tafelberg Romanwedstryd in 2009. ’n Meesleurende verhaal uit die vyftiger- en sestigerjare, toe die Suid-Afrikaanse platteland nog sy geheime kon bewaar. Carli Botha is amper sewe jaar oud toe haar Italiaansgebore ma sterf tydens die geboorte van haar wanskape boetie. Sy word agtergelaat in die sorg van haar dranksugtige pa, Wilhelm. Dora, wat ook soms in die plaashuis help, kom tot Carli se redding.

Isabella (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Mariel le Roux Isabella (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Mariel le Roux
R380 R356 Discovery Miles 3 560 Save R24 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Isabella staak haar studies en durf saam met Gideon die harde wereld van die Noord-Kaap aan, waar sy met die aardsheid van die mynmense kennis maak. Na haar dogter se geboorte ruk die lewe haar voete onder haar uit: stemme klink op die wind uit die kameeldoringbos, en sy bevind haar in 'n ondenkbare situasie. Versoening kom op onverwagte wyses, totdat sy haar kopdokter vind: die suidoos langs die branders by Bloubergstrand. ?Isabella ?is ’n deurdagte verkenning van ’n ongewone moederskap.

Wilhelmina - Kampkind Op Java (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Wilhelmina - Kampkind Op Java (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 8 working days

Weens die resessie in Nederland word Will se vader gedwing om as skeepsbouer in Roemenie te gaan werk. Toe die oorlog uitbreek, moet die gesin vlug en so beland hulle in Soerabaja op die eiland Java in Indonesie. Aanvanklik is hulle betreklik veilig, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vrouens in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hulle bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlandse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is. Die Van Halewijns oorleef die kampe en ook die Indonesiese burgeroorlog wat net na die oorlog uitbreek. Aanpassing na die oorlog is egter baie moeilik en die gesin emigreer uiteindelik na Suid-Afrika, waar Will haar ervarings aan die skryfster toevertrou het. Mariel le Roux het daarvan ’n meesleurende verhaal gemaak: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat ’n mens jou daarin kan inleef.

Mieke - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Mieke - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde vra soms van jou om onmoontlik dapper te wees. Teen haar beterwete nooi Mieke vir Boeta in haar huis en haar lewe. Sy het nie geweet van haar man se vorige verhouding of sy kind nie. Hoe kan sy Boeta kwalik neem vir sy pa se vergrype as jongman? Buitendien, Boeta hou almal se harte in die holte van sy hand. Mieke leer dat die mense wat jy liefhet soms van jou vra om onmoontlik dapper te wees. Dat seerkry en heelword verskillende kante van 'n munt is. En dat almal uiteindelik die koestering van huis en huismense nodig het.

Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Donkertyd - My Naam Is Tina (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R300 R281 Discovery Miles 2 810 Save R19 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die donker het 'n manier om jou in te haal.

Op die plaas Die Laagte in die hartjie van die Boland, waar vyf geslagte Jouberts 'n bestaan gemaak het, word Tina in 'n huis vol donkerte groot: Daar is haar bullebakpa, Servaas, haar sagte, maar swakkelingma, Annie, en haar outboet, Sarel, die “sondekind”.

Wanneer haar pa sy woede op hulle uithaal, paai haar ma: “Vergewe hom maar. Sy kindertyd was donker.” In 'n poging om van haar eie donker kindertyd te vlug, word Tina uiteindelik 'n verpleegster. In stede van haat, sal sy heling bring.

Sy kom egter gou agter dis nie so maklik om van jou verlede te ontsnap nie, en die donker het 'n manier om jou in te haal.

Klara (Afrikaans, Paperback): Mariel le Roux Klara (Afrikaans, Paperback)
Mariel le Roux
R545 Discovery Miles 5 450 Ships in 10 - 15 working days

Dis waar dit geëindig het, toe die trekker se wiel Klara se pa papgedruk het. Toe hulle ná haar pa se dood van Boplaas moes weg en in die wit lokasie gaan woon, toe was alles verby. En dit was nog lank voordat al agt die kinders gebore is wat die agt knope in Klara se naelstring voorspel het. Maar verby was die tyd dat Klara die dae onder die wilgerboom op die damwal langs die lusernland kon omdroom, of met rooi koeldrank en koekies voor die stoof kon sit en luister na Polla se stories oor waar die bul vir oom Slap Soois geskop het.

Boplaas het hulle afgeskud.

Of so het Klara gedink. Maar die waarheid is dat Boplaas nie klaar was met haar nie. Haar susters kon wegkom – Leen met haar oneerbiedigheid en Martie deur met ’n halwe Duitser te trou en landuit te vlug – maar nie sy nie. Iemand moes omsien na Ma wie se kop heeltemal uitgehaak het, en iemand moes help om Ma se fratskind, Henk, deur matriek te sien, en daarby moes Klara ook nog haar eie geleerdheid kry.

Eers toe die ding met Dries, Boplaas se erfgenaam, op die rotse loop, was dit asof Klara haar kon losmaak van haar verlede. Maar dit is juis toe sy uiteindelik weggaan dat sy agterkom hoe onlosmaaklik sy verstrengel is met daardie plaas en sy mense.

Klara is ’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Snaaks én hartverskeurend. Dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Healthier Planet, Healthier You - 100…
Annie Bell Paperback R613 R552 Discovery Miles 5 520
The Legend Of Zola Mahobe - And The…
Don Lepati, Nikolaos Kirkinis Paperback  (1)
R380 R356 Discovery Miles 3 560
Handbook of Research on…
Anjali Awasthi, Katarzyna Grzybowska Hardcover R6,637 Discovery Miles 66 370
Work, Inheritance, and Deserts in Joseph…
Evelyn Tsz Yan Chan Hardcover R2,853 Discovery Miles 28 530
Arsenic Mitigation in Rural Bangladesh…
Wardatul Akmam Hardcover R1,514 Discovery Miles 15 140
Spice Odyssey
Cariema Isaacs Paperback  (3)
R241 Discovery Miles 2 410
Forest Policy, Economics, and Markets in…
Phillimon Ng'andwe, Jacob Mwitwa, … Paperback R1,024 Discovery Miles 10 240
Africa's Business Revolution - How to…
Acha Leke, Mutsa Chironga, … Hardcover  (1)
R824 R713 Discovery Miles 7 130
C.S. Lewis and the Church - Essays in…
Judith Wolfe, Brendan N. Wolfe Hardcover R4,233 Discovery Miles 42 330
Nonlinear Control Systems
Alberto Isidori Hardcover R6,052 Discovery Miles 60 520

 

Partners