![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments
Dis donker. Dis koud. Jy’s alleen. En dis wanneer jy twyfel.
Alles voel verkeerd hier ...
Waarheen sal die donker spoor hom lei?
Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.” Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoëprofielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak—en te verbreek—kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister. Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil?
Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar. En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos. Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.
’n Middeljarige tandarts, tereggestel in sy sitkamer. Teen die muur, een woord. In bloed. Adjudant Colin Menck kyk na die “skoon” toneel en is oortuig dis ’n professionele moordenaar se werk. Wie het hom gehuur? Die hoofverdagte is die slagoffer se vrou, wat net te onemosioneel oor die moord is. Maar wat het hy gedoen om so ’n dood te verdien? Minder as ’n week later staan Menck weer voor ’n muur met sewe bloederige letters. Die enigste verbintenis tussen die twee slagoffers is nog ’n ongelukkige vrou, ’n eks hierdie keer. Om sake te bemoeilik, het Menck en sy nuwe jong kollega mekaar nog nie regtig gevind nie. Daar is boonop die wrywing met die nuwe ambisieuse groepleier. En iemand uit ’n hoofstuk in sy lewe waarvan Menck eerder wil vergeet. Hoeveel name is op hierdie moordenaar se lys? Hoeveel mans gaan nog SKULDIG in hulle eie bloed skryf?
Kry ryk mense voorkeurbehandeling in kriminele sake? Die wêreld is nie meer ’n goeie plek nie. Dis maar net hoe dit is. “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.” Adjudant Enzo Ariefdien verkies moorde. Dooie slagoffers. Hy wil nie ’n vermiste lewe in sy hande vashou nie, nog minder ’n kind s’n. Maar dis presies wat hy kry en dis boonop ’n ontvoering vir ’n losprys. ’n Hoë-profielsaak met die desperate Amerikaanse ouers aan die een kant en die ambisieuse kaptein Lubambo aan die ander. En almal wil resultate hê. Intussen trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in Llandudno in, adjudant Karla Blanckenberg in die rol van primêre onderhandelaar. Uitgelewer aan die ontvoerders se skedule om kontak te maak – te verbreek – kan sy net wag en dis dan wanneer die handjie met die rooi gaatjie haar bly teister. Die ontvoerders het duidelik die gesin se roetine geken. Maar is die gesin van buite dopgehou? Of van binne? En hoekom klink dit asof daar iets meer persoonlik agter die ontvoering skuil? Martin Steyn het twee keer die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur ontvang.
Dark traces is the English translation of Martin Steyn’s first suspense novel, Donker spoor. When a child is murdered, it always seems as if a light has been extinguished in a parent’s eyes. They find her decomposing body in the veld. A teenager. She was raped and tortured for days. She was hanged. She wasn’t the first. The South African Police Service’s Warrant Officer Jan Magson, estranged from his son and still grieving for his wife, is assigned to the case. He has to look the mothers and fathers in the eye. He has to answer their questions. And he can’t. Headlines question the police’s ability to protect the community from this evil. A newspaper prints a mother’s heart-wrenching letter to the killer. A father offers a substantial reward. And every time another lead reaches a dead end, Magson finds himself looking down at another dead girl. Winner of the 2015 ATKV Prize for Suspense Fiction, Martin Steyn’s Dark traces deals with two sides of homicide: sadistic murder and euthanasia: killing for pleasure and killing for love.
Tienermeisies verdwyn die een na die ander. Hulle word gevind: eers gemartel en toe gehang. Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Magson jag maak. Maar agter hom loop ’n donker spoor.
|
You may like...
A Caterpillar at the Dentist
Shweta Ujaoney, Kelly O' Neill
Hardcover
|