0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments

Minder As Water (Afrikaans, Paperback): Morne Malan Minder As Water (Afrikaans, Paperback)
Morne Malan
R300 R268 Discovery Miles 2 680 Save R32 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Wat is ’n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie?

Toe die regering besluit om ’n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is die skrif teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het ’n jaar tyd om hul dorp te ontruim en voor die groot water uit te vlug.

Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur betyds. Pas van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek: Hoekom verafsku die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat het Jan Boklam een nag in die dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die vervalle ou pastorie waar die Van Helsdingens probeer oorleef?

Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red, is dit sy onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in Cheslin se damwal blootlę. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar sommige geheime sal nie deur die vloed weggespoel word nie.

Minder as water is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en uiteindelik die vraag vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor syeinde te staan kom?

Wildekus (Afrikaans, Paperback): Morne Malan Wildekus (Afrikaans, Paperback)
Morne Malan
R310 R291 Discovery Miles 2 910 Save R19 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Elkeen wat vra, ontvang, elkeen wat soek, vind, en vir elkeen wat klop sal oopgemaak word.

Vir die welgestelde sakeman, Adam Swart, is geloof egter nie so maklik nie. Dis juis hoekom sy dogter, Lea, en haar ma van hom vervreem is. Wanneer Lea se ma egter sterf, gryp Adam die kans aan om sy verhouding met sy dogter te herbou.

Hulle Wildekus-wegbreek het skaars begin wanneer ’n groep rondswerwende gelowiges reg langs hulle kom laer trek met ’n versameling voos en vodde karavane. Kort daarna, onder die wakende oog van hulle jong, imposante leier, begin die luidkeelse gesanik, nagtelike kruisvure en waansinnige seedopery. Dis alles net te veel vir Adam, en sy frustrasies loop oor in ’n ernstige kopstampery met Lea. Die volgende oggend is die karavane skoonveld. Sy dogter ook.

Hy moet vir Lea gaan vind as hy ooit weer vrede in sy gemoed wil hę. In die diep Transkei beland hy op die spoor van Die Lewende Vlees, ’n sekte swerwers wat daar tussen die heuwels hulle eie stukkie paradys probeer staanmaak. Maar elke swerwer het sy storie, elke
paradys sy slang.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Social Life of the Chinese - With Some…
Justus Doolittle Paperback R640 Discovery Miles 6 400
The Selected Works of J. Frank Adams…
J. Frank Adams Paperback R2,157 Discovery Miles 21 570
Dancing The Death Drill
Fred Khumalo Paperback  (10)
R294 Discovery Miles 2 940
Your 5-Minute Journal - Find Gratitude…
Amy Birch Paperback R291 R232 Discovery Miles 2 320
The Tea Ladies Of St Jude's Hospital
Joanna Nell Paperback R437 R399 Discovery Miles 3 990
Hip-Hop and Spoken Word Therapy in…
Ian Levy Paperback R1,231 Discovery Miles 12 310
Not Without A Fight - The Autobiography
Helen Zille Hardcover  (15)
R441 Discovery Miles 4 410
Learning in the Fast Lane - 8 Ways to…
Suzy Pepper Rollins Paperback R709 R623 Discovery Miles 6 230
Lift As You Rise - Speeches And Thoughts…
Bonang Mohale Paperback R290 R259 Discovery Miles 2 590
The Power of Learning from Inquiry…
Hardcover R2,553 Discovery Miles 25 530

 

Partners